Poskantoor het “berg” onafgelewerde pos

Argieffoto

Argieffoto

Daar is ʼn “berg” onafgelewerde pos by die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo), het die parlementêre portefeuljekomitee oor telekommunikasie en posdienste gehoor.

“Ons het ʼn berg onafgelewerde pos,” het Andrew Nongogo, Sapo se hoofbestuurder van openbare aangeleenthede, aan komiteelede gesê. Hy het gesê Sapo-werknemers sal oortyd en naweke moet werk om die agterstand in te haal en dat daar personeel van hoofkantoor by die onderskeie possentrums ingespan sal moet word.

Mmamoloko Kubayi, voorsitter van die komitee, het gesê die vergadering is belê na uiters kritiese mediaberigte en navrae van lede van die publiek. Kubayi het ongeduldig begin raak nadat Siyabingo Cwele, minister van kommunikasie en posdienste, besonderhede gegee het oor nog ʼn omkeerstrategie vir die beleërde instelling.

“Julle verskyn voor ons en julle het nie eers die ordentlikheid om vir ons te sê dat julle nog nie julle werkers betaal het nie. Dit is ʼn verkeerde manier om te begin…dit verwyder die vertroue. Mens begin wonder wat waar en vals is in julle voorlegging…julle is ontduikend in julle voorlegging,” het Kubayi gesê.

ʼn Senior Sapa-bestuurder het bontgestaan om te verduidelik dat werkers laat betaal is weens kontantvloeiprobleme. Sapo het ook verlede maand probleme ervaar met die betaal van salarisse.

Cwele het aan die komitee gesê dat daar maniere geïdentifiseer is om die poskantoor “meer volhoubaar en doeltreffend te maak”. Dit sluit onder meer die herstrukturering van die entiteit in. “Die huidige model help ons nie om die kwessie van kostes te hanteer nie.” Hy het voorgestel dat Sapo meer sake met die regering moet doen.

Die komitee het ook gehoor dat Sapo in 2007/08 ʼn wins van R377 miljoen gemaak het en in 2013/14 ʼn verlies van R359 miljoen gelei het.

Klik hier vir vorige berigte oor die poskantoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

Hulle wil nie werk nou moet hulle oortyd werk om agterstallige aflewering te doen waarom oortyd laat hulle die dae in werk wat hulle getoytoy het of hoe .As jy my vra soek hulle werk om nie te kry nie

JdeW ·

Ja die maklikste manier om die poskantoor te herstrutureer is so eenvoudig. Sit al die witmense terug in hulle poste en siedaar daar kom die briefies aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.