Poskantoor-huurkontrak deurspek met ongerymdhede

Die Poskantoorgebou by Eco Point-kantoorpark in Centurion, Gauteng (Foto: Google Earth)

Die Poskantoorgebou by Eco Point-kantoorpark in Centurion, Gauteng (Foto: Google Earth)

Die Openbare Beskermer het Dinsdag gesê ʼn huurooreenkoms wat die Poskantoor in 2010 aangegaan het by die luukse Eco Point-kantoorpark in Centurion, Gauteng, was vol onreëlmatighede en korrupsie.

Volgens Thuli Madonsela het die raad van die Poskantoor staatgemaak op vervalste inligting wat betref strukturele foute in die gebou waar die poskantoor in daardie stadium geleë was.

Volgens haar het die Poskantoor toegegee dat die hervestiging na Eco Point nie in sy strategiese beplanning vir 2009/2010 ingesluit was nie. Die raad het ook versuim om ʼn mededingende tenderproses van stapel te stuur voor hy die 10 jaar huurkontrak ter waarde van R161 miljoen aangegaan het.

“Die huurkontrak by Eco Point-kantoorpark was gevolglik nie regverdig, billik, deursigtig, mededingend of koste-doeltreffend nie,” het sy gesê. Aangesien daar ook nie ʼn dringendheid was om te skuif en die Eco Point-gebou ook nie die enigste beskikbare gebou was om ʼn afwyking van die behoorlike tenderproses te regverdig nie, is die aanskaffing van die gebou gevolglik ook onwettig.

Madonsela ondersoek bewerings van wanadministrasie en onbehoorlike gedrag by die poskantoor. Die ondersoek volg ná klagtes deur die Kommunikasiewerkersvakbond in 2011 aanhangig gemaak is. Die ondersoek dek alle transaksies en optrede tussen April 2002 en September 2012.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Alwyn ·

Die skip het klaar gesink! Lê reeds al meters diep onder die slik.

Amanda Wait ·

@Alwyn, ek en my man en ander Poskantoor werkers het nie jou negatiwiteit en verdoeming nodig nie. Bid eerder vir die werkers dat niemand hulle werke verloor nie. Die Poskantoor sal weer opstaan in Jesus se Heilige Naam! AMEN.

MM ·

Amanda julle diens het so verswak, maar dit is ook nie julle skuld nie dis die verkeerde mense in die pos. Dis hoekom’n blanke besigheid man besluit het om julle van ondergang te red ek glo dat hy die wa deur die drif kan trek.

WAKKER AKKER ·

Ou gebou n gevaar wonder wat sou hulle gedoen het as hulle in poskantore moes gewerk het sonder ceilings en aircons waar temperatuur tot 48 grade word.geluk minister maak hulle skoon daar is nog baie.Doen ook weg met vendours wat 3 maal die prys van item vra as wat dit werklik kos

Wonder ·

Hoop dat verdere regstappe sal volg En dat dit nie net nog n verslag sal wees soos vele ander verslae voor die nie. Erens moet iemand tog verantwoording kan doen kontrakte het mos handtekeninge op. Die arme werkers is die mense wat swaar kry en top bestuur verryk hulself.

Liewe Heksie ·

THULI wil jy nie maar jou eie party stig nie , want vir jou stem ek vir PRESIDENT

Takkie Takuuza ·

Heksie, haar dogter is een van die top belhammels van die EFF by die Universiteit van Pretoria. Sy self is ANC, maar kom eintlik van die UDF af. Nou wonder mens wat sy haar kinders as alleen ouer geleer het as hulle so is. Ek hoop maar my gevolgtrekking is verkeerd.

Wat-ek-lees ·

Ek wag nou al dae lank vir ‘n antwoord vanaf ‘[email protected]’ waarom my Telkom-rek. van 6 Des 2015 eers deur my ontvang is op 30 Jan 2016. Voorwaar slakkepos op sy uitmuntendste. Dalk word my e-pos eers sorteer vir die regte persoon se vakkie.

GES ·

Die land en sy departemente se finansies is so chaoties dat dit miskien ‘n uitkoms sal wees as iemand die “reset” knoppie wil druk.

GES ·

Die land en sy departemente se finansies is so chaoties dat dit miskien ‘n uitkoms sal wees as iemand die “reset” knoppie wil druk.

Takkie Takuuza ·

Eish Liewe Heksie. Thuli se dogter is een van die EFF belhammels by TUKS wat wit mense haat. Sy is die EFF se “General Secretary” by UP. Thuli is ‘n enkel ouer, so waar dink jy het die kind dit geleer? Ek hoop my gevolgtrekking is verkeerd.

GES ·

Takkie jy is ongelukkig in die kol. Wat my ongemaklik maak is wie van die twee is die wolf?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.