Poskantoor in finansiële verknorsing

Argieffoto

Argieffoto

Werknemers by die Suid-Afrikaanse Poskantoor het nog slegs ‘n gedeelte van hul salarisse ontvang.

Die Congress of the People het Maandag in ʼn verklaring gesê het gesê hy het al op verskeie geleenthede daarop gewys dat die poskantoor in ʼn finansiële verknorsing is, maar daar is nie gehoor gegee daaraan nie.

Die party doen ʼn beroep op staatsamptenare om in eenheid met Poskantoorwerknemers op te tree en slegs die helfte van hul salarisse huis toe te vat. “Dit is nie regverdig dat mense in die regering, die hoofoorsaak van hierdie ineenstorting en ander instansies in die land weens onoordeelkundige kaderontplooiing, normaal met hul lewens voortgaan terwyl Poskantoorwerkers se lewens onderstebo gekeer word nie,” het die party gesê. “Die Zuma-administrasie het deur hul optrede en versuim die ineenstorting van die Poskantoor veroorsaak.”

Die party het bygevoeg die Poskantoor moes vennote uit die privaatsektor inneem. “In ons mening moes 51% van die aandele reeds in die begin van die krisis verkoop word. Nou het die waarde aansienlik gedaal. Die Poskantoor is op sy knieë.”

Khulani Qoma, woordvoerder van die Poskantoor, het gesê werknemers het Vrydag 70% van hul salarisse ontvang en die balans sal op die laaste dag van die maand oorbetaal word.

Werknemers het op 16 Oktober ʼn skrywe van Anthea Seafield, hoof van menslike hulpbronne, en Nichola Dewar, waarnemende hoof finansiële beampte, ontvang waarin die uitvoerende bestuur bevestig dat personeel, weens huidige finansiële beperkings, nie op 25 Oktober hul volle salaris sal ontvang nie.

“Let asseblief daarop dat daar ʼn verdeelde betaling vir die Oktober 2015-salarisse sal plaasvind. Die betaling sal soos volg geskied: 50% op 25 Oktober en die balans op 31 Oktober 2015.” Qoma het bevestig werknemers het op 23 Oktober 70% ontvang, en nie 50% soos aanvanklik aangedui is nie.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Swanna ·

Nou, ja wat sal ons se. Ons het julle gewaarsku teen wat nou gebeur het. Buitesporige salarise, bonusse wat ontvang is vir werk en dienste wat nie eens gelewer is nie aan die TOP BESTUUR wat alles gemelk het. Dit is mos lekker die melk koei se eier is vol maar as jy nie die koei bly kos voer nie droog sy op en dit is wat gebeur het en dit is wat die NUIWE SUID AFRIKANERS nog nooit verstaan nie en ook nooitsal vestaan nie. As jy iets wil he moet jy eers gee dan kan jy ontvang en nie net vat en opvreet tot daar niks oor is nie. Jy moet insit voor jy uitkkry.Jy meot eers bele voordaat jy dividente kan ontvang.

Swanna ·

Kom maroela wat gaan aan waar was ek nou weer buite perke.

GES ·

Maroela het maar die neiging om kommentaar te verwyder as daar nie na dinge deur hulle bril gekyk word nie. Ek wonder soms hoekom ons moeite doen om kommentaar te lewer.

Sune van Heerden ·

Dagsê GES

Kommentaar word op Maroela Media verwyder wanneer dit nie aan ons bepalings en voorwaardes wat lesersdeelname betref, voldoen nie. Die bepalings en voorwaardes is met behulp van regskenners opgestel om ons en ons lesers te beskerm. Kontak ons gerus by [email protected] indien jy kommentaar sien wat moontlik nie aan ons bepalings en voorwaardes voldoen nie, of indien jy voel dat kommentaar onregmatig verwyder is.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

andre ·

Hoekom doen ons nog moeite om Maroela se blad te lees, dis in elk geval maar van n swak gehalte, verniet ja, want niemand sal betaal vir die twak wat hulle opdis nie. kyk hoe vinnig verdwyn my kommentaar.

Sune van Heerden ·

Dagsê Andre

Jou kommentaar is ongelukkig afgekeur omdat dit nie voldoen het aan ons bepalings en voorwaardes wat lesersdeelname betref nie.
Die riglyne is in oorleg met regskenners opgestel om seker te maak dat ons en ons lesers beskerm word.

Kontak ons asseblief by [email protected] om die “twak” te rapporteer, ons stel graag ondersoek in.

Groetnis
Suné
Sosialemedia-bestuurder en inhoudsredakteur: Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Swanna

Soms beland kommentaar in ‘n mandjie waar dit eers per hand goedgekeur moet word. Dit neem dus soms ‘n wyle voordat kommentaar op die webwerf verskyn.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

E.K. ·

Julle wat so kla oor Maroela nie goed plaas nie, onthou die regering wil teen ongeveer Maart 2016 die nuwe wetgewing in plek hê van sensorskap van alle sosiale media (die minister was op Carte Blanche en het dit bevestig) en glo my hulle sal sommer ALLES verwyder wat HULLE pas – jy sal nie ‘n woord teen die ANC of enigiets “negatiefs” (in hulle perspektief) oor die regering kan skryf nie! Wat my betref kan Maroela sommer nou al die kommentaar fasiliteit wegvat, mense kan hulself nie inhou en gedra op forums nie. Dit het baie aanlynmedia lankal besef en dit weggevat.

Winston ·

Is die Poskantoor nie n BEE mpy nie? Waarom vind ek dit nie vreemd dat die poskantoor nou in sy peetjie is nie? Alles verval in chaos en die wat betaal vir alles ly die meeste daar onder. Moet seker nou van staatskant af weer geld ingepomp word. Soos ESKOM en ander instansies

Bart ·

WAT IS NIE STUKKEND HIER NIE????!!!!
REGTIG MOET ONS OOK GAAN STAAK !! O JA EN STEEL ROOF PLUNDER…? MOOR…?? WAT DOEN HULLE NOG…????

Nic Grobler ·

Ag,, ons belastingbetalers het mos baaaja geld. Gee vir hulle ‘n biljoen of drie.

Johan ·

Die ineenstorting van die poskantoor is ‘n grap gemeet teen die totale ineenstorting van die land.

danie ·

Ek wonder nou maar net, die vraag en aanbod. Is daar nog so groot mark vir die pos dienste. Om soveel mense In diens te he.

Jz ·

Oorals word nou na verskonings en iemand om die skuld te gee maar die werkers het vergeet of wil nie onthou dat hulle maande lank gestaak het en so self die skuld moet kry vir wat nou gebeur.Boontjie kry sy loontjie.

posduif ·

Ek werk vir die poskantoor en dis baie hartseer om te sien hoeveel werknemers het al bedank agv die strike van verlede jaar. Die mense wat al die geld gesteel het het ons in groot finansieele druk gesit. Ek wil net dankie se vir ons lojale mense wat die poskantoor gebruik!
Ons glo en vertrou dat daar n uitkom kans is. Ons dien n GROOT GOD en by Hom is niks onmoontlik nie!

Elfie ·

Posduif – ek is baie jammer vir mense soos jy. Maar ons gewone ou kan nie meer die frustrasies van geen en/of swak diens dra nie. Ek hoop jy kan ander werk kry want dit lyk na ‘n doodloopstraat. Ons kan nie ‘n instansie ondersteun of lojaal bly teenoor hulle as mens geen diens kry nie, ek is seker jy verstaan dit. Sterkte vir jou en ander soos jy. Ek maak al lank nie meer gebruik van die Poskantoor se (non) diens nie en dis omdat ek nie ‘n ander keuse het nie, ons posstukke en goed moet uit so Postnet en epos is vir ons die enigste manier.

Danie dercksen ·

Wel waar begin mens,ek stem saam JZ maar die probleem is hoër wan bestuur van fondse maar die groot probleem is zuma en sy frot kabinets lede wat nie eers kan tel nie snaaks hoe ander lande oor die weg kan kom maar SA kan nie

susan ·

Ek maak lank al van post net gebruik. Vinnig en betroubaar.

Piet Pompies ·

Agv ons logistieke ligging maak ons gebruik van ‘n huur posbus, die gewone posbusse wat met in dorpe en stede kry. Twee jaar terug styg die huurgeld na omtrent R150-00, verlede jaar R250-00, nuwe kennisgewing R380-00 per jaar. Dit saam met slegte diens, sluit maar die poskantoor…..

EMK ·

Privatiseer die poskantoor! Sommer SAL ook! Dankie tog vir epos – ons kry AL ons state en goed per e-pos en, al is dit duurder, stuur ek eerder goed met Postnet en weet dit kom by die bestemming en sommer gou ook.

Joa ·

Ek wou se daar is defnitief fout by die poskantoor. Ek het 2 weke gewag vir ‘n posstuk wat die volgende dag afgelewer moes word. Hierdie poskantoor ding kom al van lankal af. Maar nouja, so val elke industrie in ons land en ons almal weet hoekom.

Jan maak n Plan ·

Die ANC regering kan nie eens plekke soos die Poskantoor, Escom en die SAL aan die gang hou nie maar wil nou glads die studente gratis laat studeer. Groot grap. Ek hoop China en Rusland stuur baie geld vir hierdie storie want die melk koei is al byna droog.

alida ·

Ek wens iemand wil vir my sê of daar nog een instansie is wat produktief is sedert 1994 en wat nie rot en kaal gesteel is nie. Ek sal tog so bly wees om van een te verneem. Asseblief se vir my.

Eddie ·

Ek voel regtig jammer vir die mense wat hulle werk gaan verloor deur onbevoegde mense wat in die top bestuur sit van ons eens goed financial land. Ons as land is besig om meer en meer agteruit te gaan. Daar is ons self te blameer want ons kan nie saam staan en die bul by die horings pak nie. Elkeen het n eier te le oor hoe sleg dit gaan maar nie die guts om op te staan en dinge reg te ruk nie. Die ANC is besig om ons leeg te tap sodat hulle n great lewe kan he. Gee niks om vir die man op die straat nie. Dit is nou die tyd om rugraad te kry en terug te vat wat ons vir hoeveel jare opgebou het en die land weer terug te kry waar hy was. Ons moet ophou praat en begin doen wat ons se. Onthou ons kinders wil ook n toekoms he en teen die trant gaan daar niks oorbly nie.

Thea Gerber ·

Dit is maar altyd n probleem met stakings
Dis dan wanneer mense begin agterkom dat hulle jou nie eens mis nie en dat hulle jou nie nodig het nie en dat jy net n onnodige uitgawe is.

Justa ·

Die laasste persoon oor in Suid-Afrika sit maar die ligte af as daar nog ligte sal wees om af te sit. Dis goebaai Meraai.

Dup du Plessis ·

…..maar baie Poskantoor werkers vergeet hoe lank hulle anderdag gestaak het en baie gebruikers gedwing het om ander alternatiewes te gebruik…….en nou het hulle nie meer die Poskantoor nodig nie……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.