
(Argieffoto)
Die Poskantoor het Donderdag ontken dat hy gesprekke voer oor moontlike afleggings om arbeidskoste te bestuur.
“Die SA Poskantoor (Sapo) het geen planne aangekondig om werkers af te lê as deel van sy huidige plan om arbeidskoste te besnoei in ooreenstemming met die omkeerstrategie nie,” het Johan Kruger, woordvoerder van die Poskantoor, gesê.
Hy het gesê ten spyte daarvan dat die Poskantoor se arbeidskoste hoog is, is berigte oor beoogde afleggings onwaar. Die organisasie is besig met die inwerkingstelling van verskeie alternatiewe maniere om op arbeidskoste te bespaar en uitgawes te verminder.
“Sapo het, in oorleg met werkers en vakbonde, begin met ʼn program waarin hy vrywillige skeidingspakkette aan kwalifiserende werkers aangebied het. Hiervan is 776 goedgekeur,” het Kruger gesê.
“Die totale skeidingspakkette beloop R130 miljoen en die jaarlikse besparings op arbeidskoste danksy die program is R204 miljoen.”
Kruger het gesê Sapo ondersoek ook ander maniere om sy salarisrekening te sny. Dit sluit in oortyd, wat tans sowat R42 miljoen per jaar beloop.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Die ANC het na 1994 net aanstellings gemaak en salarisse verhoog en nou sit die land met die gemors. Hulle is gelukkig dat die SASSA ontvangers hulle in die parlement hou.
Kap maar terug die geld is op of vra vir n IMF lening ! Saa klaar orderdeur !
Ek dink SAPO moet net eenvoudig sy deure sluit! Ek verkies Postnet by verre!
Die nuttelose onbevoegde spul kan maar hulle deure toemaak. Niemand sal hulle mis nie.
Ek kan nie glo dat hulle nog oortyd ook werk. Hulle diens in werkstyd is pateties wat lewer hulle na ure.