Poskantoor kry aanbod vir Sassa-kontrak

Argieffoto

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het ʼn aanbod bekragtig vir die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) om die betaling van maatskaplike toelae oor te neem.

Dlamini het laat Woensdagaand in ʼn verklaring gesê haar departement ondersteun Pearl Bengu, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa), se aanbeveling ná ʼn geslote verkrygingsproses.

“Sassa het ʼn aanbod aan Sapo gemaak en redelike tyd gegee om te reageer. Sassa het die afgelope ruk hard gewerk onder leiding van die minister en die departement om die beste oplossing vir die betaling van maatskaplike toelae te vind,” lui die verklaring.

Geen verdere besonderhede oor die aanbod is in dié stadium beskikbaar nie.

Die aankondiging kom nadat Sassa nie Woensdag in die parlement opgedaag het om aan die komitee vir maatskaplike ontwikkeling terugvoering te gee oor die vordering rakende die beëindiging van Cash Paymaster Services (CPS) se kontrak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann ·

Waar is daar bog n poskantoor wat actually OOP is?En gaan seker steeds die “vriendelike” behulpsame personeel.wees?? WHAHAHAHAHHA…hierkom GAHOS(ERGER AS CHAOS)

Helen ·

Ha ha hier kom nog groot sports. En moenie van diefstal vergeet nie!!!

Alida ·

Ai mense gee die Poskantoor tog net ‘n kans. Dit is miskien al wat hulle nodig gehad het om weer op dreef te kom. Ek is bly vir hulle.

Wonder ·

Wat van die oumense wat nie die hele dag by n poskantoor kan lank staan nie? Op die staduim doen ek my skoonma hulle se sassa deur te gaan trek uit die bank uit. So wat nou?

Bullseye ·

Hul kan nie eers n posstuk aflewer nie! Hoe kan mens hul met miljoene vertrou?

SjN ·

Dit was in die verlede deur die poskantoor gedoen en nie deur gekontrakteerde mense nie. Gee hul n kans, hoop daar is kundige personeel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.