Poskantoor Maandag weer volstoom vorentoe

(Argieffoto)

Terwyl die Poskantoor tydens die afgelope afsonderingstydperk sommige dienste gelewer het, hervat hy van Maandag weer alle dienste wat in ooreenstemming met vlak 4-afsonderingregulasies toegelaat word.

Pos begin weer vloei terwyl nasionale sorteerfasiliteite, die vervoerafdeling en poskantoortakke toestemming het om op vlak 4 bedryf te word. Die meeste takke is reeds oop en ʼn gefaseerde aanslag word gevolg vir die heropening van die res.

“Ons beoog dat alle takke teen 1 Junie ten volle operasioneel sal wees,” het Ivumile Nongogo, waarnemende uitvoerende hoof van die Poskantoor, gesê.

In sorteersentrums sal ʼn skofstelsel gevolg word om te voldoen aan die regulasies oor die getal werkers wat op die perseel toegelaat word, asook om sosiale distansiëring te handhaaf.

Die Poskantoor sê omdat die skofstelsel geld en daar aan streng regulasies voldoen moet word, is dienslewering nie op optimale vlakke nie en kan dit die aflewering van pos, ook items wat voor die afsonderingstydperk opgehoop het, vertraag.

“Aanduidings is dat ons die items wat tydens die afsonderingstydperk opgehoop het binne die volgende drie weke kan aflewer. Ons doen ʼn beroep op kliënte om geduldig te wees,” het Nongogo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Michael 1

My opinie is alles kan oopmaak terwyl daar veiligheid toegepas word behalwe spur hy moet toe bly.

Elize

Dit is hoogtyd ek het pakkies wat by my kliente moet uitkom wat al van Januarie by die poskantore le wat afgelewer moet word hulle dienste is baie swak,

Paul

Wonder hoeveel pakkies het verdwyn

Fanie

Dit sal iets nuuts wees..

Quentin

Quentin
Die mense wat so kla is niks gewoond nie.
Wees meer verdraagsaam in hierdie tyd.
Skaam julle.