Poskantoor mors glo miljarde

Argieffoto

Argieffoto

Die Poskantoor het die afgelope finansiële jaar R2,1 miljard se onreëlmatige uitgawes aangegaan, het The Star Donderdag berig.

Volgens ʼn konsep ouditverslag deur die ouditfirmas Deloitte & Touche en Nkonki was die finansiële verliese as gevolg van die onreëlmatige toekenning van tenders.

The Star berig dat die uitslag van die oudit in die Poskantoor se 2013/14-jaarverslag vervat is.

Die ouditverslag wys glo dat die Poskantoor nie verpligte tenderprosedures gevolg het nie en dat daar nie prysbepalings en kwotasies gedoen is by die verkryging van goedere en dienste nie.

Dit wys onder meer dat die Poskantoor R184 miljoen spandeer het op eksterne konsultante, R39,6 miljoen op regskostes en R114 miljoen op reisuitgawes. Volgens die ouditverslag het die Poskantoor ʼn netto verlies van R361 miljoen aangeteken.

Volgens die berig het die Poskantoor tans ʼn oortrokke fasiliteit van R250 miljoen. Dit word betwis deur bronne wat aan die koerant gesê het dit is nader aan R365 miljoen.

Dié anonieme bronne beweer dat werknemers se fondse gebruik is om die oortrokke rekening te verhaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

"Huh!" ·

Dit is net ‘n kwessie van tyd, dan gaan daar nie meer ‘n druppeltjie vog in die lemoen oor wees nie.

Conrad ·

Zimbabwe, hang in there, een van die dae is ons ook saam met julle in die bootjie…

Amanda ·

Ja, nou moet die eerlike hardwerkendes die prys betaal…hulle kry die jaar geen verhoging nie. :( Ek is seker, soos maar altyd die geval is, die ‘big bosses’ sal hulle “verhoginkie” kry.

Piet 3 ·

Wanneer eindig die “strike”by die poskantoor ? Kom iemand dit agter? Niemand berig daaroor nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.