Poskantoor op Kirkwood beroof

Die R336 by Kirkwood in die Oos-Kaap (Foto: Google Maps)

Die polisie op Kirkwood in die Oos-Kaap is op soek na ʼn bende rowers wat die poskantoor op die dorp beroof het.

Kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder, het gesê drie mans het die poskantoor Woensdag omstreeks 12:55 binnegegaan en aanvanklik voorgegee dat hulle kliënte is.

Twee van die mans het die werkers aangehou en die geld in die kluis geëis.

“Die verdagtes het ʼn bedrag geld en selfone geneem. Hulle het ook ʼn selfoon en beursie by een van die kliënte gevat,” het Tonjeni gesê.

Die drie het daarna in ʼn silwer Mercedes-Benz en ʼn wit Audi gevlug.

“Die Audi is sowat 8 km buite Kirkwood op die R336 in die rigting van Addo gevind. Dit is aan die brand gesteek,” het Tonjeni gesê.

Niemand is tydens die voorval beseer nie en die polisie is steeds op soek na die rowers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Danie Theron ·

Ons toleransievlakke is verby diep in die rooi vir die boewery in ons land geskep deur die regime aan bewind. Die kriminele skuldig aan roof, verkragting, moord en sulke ernstige wandade moet gevang en summier tereggestel word. Die samelewing kan doen sonder hulle.

Anoniem ·

Hulle kom niks oor nie daarom gaan misdaad net aan en aan en aan ! Hulle inspirasie is dat hulle die regstelsel gefnuik het !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.