Poskantoor se hoof bedank

Mark Barnes, uitvoerende hoof van die Poskantoor, het bedank.

Mark Barnes, hoof van die Poskantoor, het bedank.

Barnes het in 2016 by die Poskantoor aangesluit en was drie en ʼn half jaar lank aan die stuur van dié organisasie.

Charles Nwaila, woordvoerder van die Poskantoor se raad, het in ʼn verklaring gesê Barnes het bedank weens verskille in die toekomstige strategie wat betref die struktuur van die Poskantoor, veral die posisionering van Postbank.

“Die raad bedank mnr. Barnes vir sy groot bydrae tot die Poskantoor en die land gedurende sy termyn. In dié tyd het hy bestendigheid na die organisasie gebring en dit geposisioneer as ʼn toeganklike punt waar gemeenskappe regeringsdienste kan kry,” het Nwaila gesê.

Hy het kliënte ook verseker dat Barnes se bedanking nie die organisasie se bedrywighede negatief gaan raak nie. Lindiwe Kwele, die Poskantoor se operasionele hoof, is intussen as tydelike hoof aangewys.

Nwaile sê Barnes sal ʼn ruk lank aanbly terwyl daar na ʼn nuwe hoof gesoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ivana ·

Ek stem, dit het net mooi reggekom, nou gaan dit beslis tot niet gaan

marous ·

Hoekom ? Hy was dan juis die een wat die plek moes omkeer …..

Piet ·

En so gaan alles op n amper weeklikse basis agteruit. Nou gaan dinge darem maar baie baie sleg!

Johann ·

Serious!!!! Nie besef daar is nog iets soos n Poskantoor nie????Gedink dis laaaaaankal leeg gedra of weg gegee of vir R10 verkoop. Of is dit?

Posduif ·

Een man kan nie die poskantoor gered het nie. Daar is mense wat hulle werk doen soos ek wat die ekstra myl loop. Dis n groot plesier om te weet dat ek n klein verskil kan maak in ons kliënte se dag elke dag. Ek sal getrou bly aan my werk. Dis my enigste inkomste. Die mense buitekant besef nie dat daar wel mense is wat omgee en hard werk. Ek is nie bang om hard te werk nie. Vir die wat die ekstra myl loop vir ons kliënte BAIE dankie.

Ivana ·

Een man kan dit nie red nie, maar hy kan wel sorg dat sy mense hul werk regdoen en dit dan op geoliede wiele funksioneer, net so het jy ook net 1 man nodig aan die stuur wat daai skippie kan laat sink

Dirk ·

Nou gaan die poskantoor in Eskom en Sabc se voetspore volg.Bye bye..

Leon ·

Ek ken Mark Barnes. Het met ‘n familielid uitgegaan.
Hy is ‘n hoogs bevoegde persoon. As hy bedank dan moet jy weet dinge is baaaie sleg daar. Dan is dit verby die Titanic se stadium. Ek is eintlik verbaas hy het so lank aangehou. Nog ‘n ESKOM/SAL/Transnet/PRASA/SANRAL.

Judge Dredd ·

Wou 2 weke terug geregisreerde pos stuur en raai wat? Die poskantoor het geen koeverte gehad.

Skoolgeld ·

Met mag en mening het hy oorgeneem, vol leë dreigende beloftes hoe “hy” die poskantoor gan regruk! Dink hy moet eerder in ” politics ” betrokke raak veral ANC en DA sal hy soos ñ handskoen pas!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.