
Mark Barnes, uitvoerende hoof van die Poskantoor, het bedank.
Mark Barnes, hoof van die Poskantoor, het bedank.
Barnes het in 2016 by die Poskantoor aangesluit en was drie en ʼn half jaar lank aan die stuur van dié organisasie.
Charles Nwaila, woordvoerder van die Poskantoor se raad, het in ʼn verklaring gesê Barnes het bedank weens verskille in die toekomstige strategie wat betref die struktuur van die Poskantoor, veral die posisionering van Postbank.
“Die raad bedank mnr. Barnes vir sy groot bydrae tot die Poskantoor en die land gedurende sy termyn. In dié tyd het hy bestendigheid na die organisasie gebring en dit geposisioneer as ʼn toeganklike punt waar gemeenskappe regeringsdienste kan kry,” het Nwaila gesê.
Hy het kliënte ook verseker dat Barnes se bedanking nie die organisasie se bedrywighede negatief gaan raak nie. Lindiwe Kwele, die Poskantoor se operasionele hoof, is intussen as tydelike hoof aangewys.
Nwaile sê Barnes sal ʼn ruk lank aanbly terwyl daar na ʼn nuwe hoof gesoek word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
16 Kommentare
Begin van die einde van die Poskantoor
Koebaai poskantoor
Koebaai Sassa-herstrukturering, hallo krisis…
Hoekom ? Hy was dan juis die een wat die plek moes omkeer …..
Nog ‘n sinkende skip.