Poskantoor se raad bedank

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) se raad het met onmiddellike effek bedank, het Siyabonga Cwele, minister van posdienste en kommunikasie, aangekondig.

Die raad het aangebied om te bedank ten einde Cwele die geleentheid te gee om in te gryp by die poskantoor, het die departement in ʼn verklaring gesê. Die ingryping het ten doel om kwessies by Sapo uit te sorteer na die gewelddadige en onbeskermde staking wat vier maande lank geduur het.

“Hierdie ingryping vorm deel van ‘n reeks aktiwiteite wat die regering implementeer om maatskappye in staatsbesit te help om dienste te lewer,” het Cwele in die verklaring gesê.

Cwele en Nhlanhla Nene, minister van finansies, sal werk aan die “opruimingsoperasies” by Sapo. Hulle het Simo Lushaba, voormalige uitvoerende hoof van Rand Water, aangestel om ʼn span te lei wat orde by Sapo moet bewerkstellig. Die span het drie maande om dinge om te draai en te verseker werkers meld vir werk aan.

Die span moet ook bestuurskapasiteit evalueer, alle vakante poste vul, verdere finansiële verliese voorkom, onstabiliteit in leierskap voorkom, en die sake teen die geskorste uitvoerende hoof en ander bestuurders finaliseer.

Lushaba se span moet ook met kliënte ontmoet en die publiek se vertroue in die poskantoor terugwen. “Die onbeskermde en gewelddadige staking by die poskantoor het baie skade veroorsaak vir baie burgers, studente, besighede – veral klein en medium-grootte ondernemings – die diplomatieke gemeenskap en veral die werkers van die poskantoor en die maatskappy self,” het Cwele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

W. Venter ·

Lank lewe Die Poswa/The Mail Wagon. Ek sal NOOIT weer die poskantoor gebruik vir ENIGE pakkies of pos wat gestuur moet word nie. Ek’t my vertroue in Sapo verloor en ook in ons “regering”. Die Poswa is gestig om pakkies en briewe DWARSOOR die land te versend. Hulle het ‘n blad op Fb.

Ilze ·

Ek het gehoop iemand begin so privaat onderneming! Dankie dat jy ons laat weet het. Ons moet die mense ondersteun sodat hulle kan groter en sterker groei en die PK uitwis.

Marius ·

Dit is maar wat hulle het,n blad op Fb,staan seker vir Facebook.Sterkte.

Ian ·

tatta poskantoor! Nooit sal julle weer n sent uit my beursie kry nie. Klomp patetiese sotte.

Marius ·

Kos natuurlik n groter sot om n kleiner een raak te sien.Mnr./Mev.,daardie brief,pakkie,ietem wat jy bestel,jou telefoon/munisipale of enige ander rekening wat jy kry,daardie posgeld kom uit jou beursie,m.a.w die prys is by die posgeld ingereken,idioot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.