Poskantoor skors hoës

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) het besluit om twee van sy bestuurslede te skors, hangende ʼn ondersoek na beweerde ongerymdhede by die poskantoor. Dít sluit in sy waarnemende uitvoerende hoof, Lindiwe Kwele.

Luidens ʼn verklaring het ʼn fluitjieblaser in November ernstige bewerings van wanbestuur onder die poskantoorraad se aandag gebring. Dié bewerings betrek Kwele en Mothusi Motjale, verskaffingskettingbestuurder van die poskantoor, by ongerymdhede. Dit sluit in beweerde onreëlmatige aanstellings en betalings aan diensverskaffers, botsende belange, onreëlmatige verlenging van kontrakte en die verkryging en batebestuur van skootrekenaars.

Bestuurslid dr. Charles Nwaila sê in ʼn verklaring die raad beskou die bewerings in ʼn ernstige lig en het dus besluit om Kwele en Motjale die geleentheid te bied om vertoë te rig oor hoekom hulle nie met volle betaling geskors moet word hangende ’n ondersoek nie.

“Die direksie het hierdie vertoë oorweeg en besluit om wel die uitvoerende beamptes teen volle betaling te skors ten einde onafhanklike ondersoeke sonder inmenging na hierdie ernstige bewerings moontlik te maak,” sê Nwaila.

Luidens die verklaring het die poskantoor ’n eksterne en onafhanklike diensverskaffer aangestel om die bewerings te ondersoek. Adv. Ivumile Nongogo neem intussen waar as uitvoerende hoof.

“Ons wil dit duidelik stel dat die raad daarna streef om die integriteit van die ondersoekproses en alle belanghebbendes te beskerm terwyl die saak spoedig afgehandel word,” sê Nwaila.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

RyanSA ·

Uiteindelik.. Kyk bietjie na die mense op die grond ook..Daar gebeur baie..

Pieter ·

Opvallend dat ANC kaders altyd met volle betaling geskors word. Nie ANC ampsdraers word sonder vergoeding geskors.

Wielspore ·

Ons woon 48km van die naaste dorp en het wel ‘n klein poskantoor by die winkelsntrum, die poskantoor mense wat die pos vervoer kom met ‘n nuwe paneel wa hier aan, die pos lê gestrooi in die voertuig, twee persone met die kos in die hande klim uit en gaan sit onder die boom om te eet. Pos word na die poskantoor geneem. Vir weke kry ons geen pos, indien jy pos kry is die briewe tot 3 maande oud. Ons kleinkind se maandlikse CD’s kry ons nie meer deur die pos, iemand vat dit seker. Die diens is vrot

Ou Baardbek ·

Ons moet ‘n rit van meer as 120 km onderneem om die naaste poskantoor te besoek. Nogtans word meestal, feitlik sonder uitsondering, VEREIS dat jy ‘n “posadres” moet hê. Die Poskantoor is egter nie instaat om die diens te lewer nie, en dit kan deur feite gestaaf word, soos hier, en elders, duidelik verklaar word.

Christa ·

Ek en my Man woon in n dorpie Wakkerstroom
Hier is n poskantoor maar in n Pateties toestand ons is altwee Pensionaris ons het AL in gewillig om te help, die postmeester nie Baie vriendelik nie
Dis binne so vrot. Nou kry ek n SMS Dat ek moet
R557 betaal ek is n Pensionaris V jaar V af April
Net Iets oor R300 betaal . En by dit alles Moe’s ons so gesukkel het O Wee met ons sleutels
Nou nie snaaks nie. Maar ruk terug n WIT ouerig man gesien. Baie Vriendelik Ag Sjoe en so behulp saam. Nou is Hy weg
Selfde net Depot hier
Ons word Deur n Swart vrou met die van V Shirkaambane glo Detp Diretr V. VOLKSRUST
SY WEET NIKS VAN WATER EN SANETASIE NIE
HAAR SEL NR IS 0725283972
STEL MENSE MET KWALIFIKASIES AAN
SOOS ONS VERSTAAN WEET SY NIKS V DIT AF NIE DIE INRASTRUKTEUR VAL UIT MEKAAR IN DIE DORPIE SY BESIT GLO N HUIS WAT MET RAADS GELDE GEBOU IS EN OP N SKELM MANIER BEKOM HET ALMAL WEET DIT BY VLKSRUST STR. GLO NOU. Pixey Wiksxie. Volksrust Stsrasd

Sobymykoolkop ·

Vertommend nê, hulle moet ń rede gee hoekom hulle NIE met volle salaris geskors moet word, die soustrein se remme is lankal besig om in te gee. Lagwekkend die kaders, word in alle geval net met die volgende nuttelose een vervang.Almal moet kans kry by die trog.

Johanncb ·

Nog nóóit in Suid-Afrika se geskiedenis was daar soveel bedrog, skorsings met vol voordele, afleggings, wandade, ens. soos die afgelope jare nie! Wat ‘n skreiende skande! Dienslewering in alle Staatsentiteite het platgeval! Hopelik kondig die President môreaand gepaste stappe aan. Ek sien uit na die SONA.

Magda ·

Volle betaling – Regtig – Skors sonder betaling en as hulle onskuldig is na die ondersoek kan hulle hulle betaling ontvang. Daar is altyd n vuurtjie waar n rokie trek. Diens by die Poskantoor asook Telkom is VROT.

Ou Baardbek ·

Dit blyk uit ondervinding op rekord, dat etlike werknemers, selfs sogenaamde “bestuurders” van takke, eenvoudig onkundig is oor sekere reëls en Wetgewing/Regulasies, en/of dikwels nie instaat is om ingeligte belsuite te neem nie. Dit alles lei tot die oorhoofse swak, (gebrek aan??), diens van die eens kwaliteit instansie.

voor ek vergeet ... ·

Met Mark Barnes se bedanking verlede jaar het ek nogal gedink, gee hierdie ouens ‘n jaar en die Poskantoor is terug waar hulle was voor sy aanstelling in 2016. Nooit gedink hulle sal hulself oortref en dit binne 6 maande regkry nie.

Welgedaan aan die fluitjieblaser!

Hein ·

“MET VOLLE BETALING” geskors – hoekom!?!
Dis die organisasie wat ses maande vat om ‘n geregistreerde stuk wat duidelik aan KANADA gerig was, deur te stuur na KROASIË!
Hulle behoort SONDER ENIGE betaling geskors te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.