Poskantoor-staking: Hersiene looneis voorgelê

Argieffoto

Argieffoto

Die Communication Workers’ Union (CWU) het Woensdag ʼn finale hersiene looneis aan die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) voorgelê.

Aubrey Tshabalala, hoofsekretaris van CWU, het ʼn beroep gedoen op SAPO om positief op die eis te reageer, indien hulle ernstig is daaroor om die huidige arbeidsonrus te beëindig. Die vakbond se hersiene looneis is vir ʼn salarisverhoging van 7,5% terugwerkend tot 1 April en ʼn verdere verhoging van 0,5% van Januarie 2015 af.

CWU het vroeër ʼn salarisverhoging van 15% geëis en daarop aangedring dat tydelike werkers permanent aangestel word. Die vakbond het ook geëis dat tydelike werkers binne 16 maande permanent aangestel moet word in plaas van die huidige 30 maande.

Clyde Marvin, president van CWU, het gesê SAPO het ʼn verhoging van 7,5% aangebied met effek van Desember. “Ons reageer op hulle brief. Hulle aanbod maak geen melding van ʼn terugwerkende verhoging nie.” Marvin het gesê SAPO het tot Donderdag om op die vakbond se hersiene aanbod te reageer.

SAPO het intussen gesê dat personeel wat verantwoordelik is vir possortering by Witpos en Tshwane sedert Maandag terug is op hulle pos. “Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het uiteindelik ʼn interdik gekry teen die stakende werkers waarvolgens dit onwettig is vir hulle om nader as 500 m aan ʼn poskantoor te kom.”

Die Polokwane- en Witbank-possentrums is nog nie weer in werking nie. ʼn Aantal poskantore in die Witwatersrand-area is ook steeds gesluit vir herstelwerk nadat dit deur stakende werkers beskadig is. Ses poskantore in Johannesburg is ook vir herstelwerk gesluit.

Klik hier vir vorige berigte oor die poskantoor-staking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Griet ·

Teen die tyd dat hierdie stakende “werkers” terugkeer werk toe het die land geleer om sonder die poskantoor klaar te kom. Hulle gaan vir die eerste ses-of-wat weke onder die indruk wees als is normaal want daar is groot hoeveelhede pos en pakkies wat verwerk moet word. Maar ek’s bevrees daarna……

Ons kry reeds elke moontlike rekeninge en korrespondensie per e-pos en ALLE pakkies word per Post-Net of koerier hanteer. Dit is bietjie duurder (ook nie in alle gevalle nie), maar NIKS raak weg nie en pakkies word landwyd, oornag afgelewer. ‘n Kollega van my het Maandag (27 Oktober) ‘n pakkie ontvang wat 22 Augustus gepos is – hy’s net dankbaar hy het dit ontvang, maar het gesweer dit is die laaste keer dat hy van SAPO gebruik maak.

Een van hulle eise was dat tydelike personeel permanent aangestel word – Ek hoop SAPO het die visie om niemand verder permanent aan te wat tydelik was nie, want daar gaan nie meer werk wees vir hierdie nuwe aanstellings nie…. hier kom GROOT moeilikheid.

Ian ·

Ek, vir een, sal nooit weer van SAPO gebruik maak nie. In hierdie donker tyd het ons ook gesien “wie” die maatskappye is wat die staking uitbuit en ons die verbruiker indoen omdat ons geen ander keuse het nie. Postnet sal ook nooit weer n pennie uit my beursie kry nie. Ons hele besigheid het oorgeskakel na The Courier Guy. Wonderlike, vars, bekostigbare diens wat niemand kan klop nie. Tatta SAPO!

Boesman ·

Ons gebruik The Courier Guy nou all vir twee jaar en was not nooit spyt nie.

Het vandag toevallig online gesien dat ons pakkie van Amerika wat all meer as twee maande by Tshwane gele het, gister by ons Poskantoor afgelaai is. Sal dit more gaan haal en dan hoop ek om die Poskantoor nooit weer binne te sien nie.

SNEL ·

Wat sukkel almal met stakers, betaal af en stel mense aan wat bereid is om te werk vir die geld. Hulle maak net meer werk vir hulle, alle pos het nou opgehoop en Kersfees met al daai pakkies en pos is om die draai. As jy nie tevrede is met jou pay of werk nie, kry ander werk. Dis n skande om te dink hoe werkers in SA staak. Staak…kry meer geld, staak…kry meer geld en so gaan dit aan, wie sal dan ooit ophou staak. As die poskantoor weer in volle dreef is, wie is volgende vir n strike?

V ·

Stem 100% saam jou Snel.Is al wat hul ken is hoe om te staak.Bly dan eeder sonder werk en gee vir die wat wil werk wat dankbaar sal wees vir n salaris.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.