Poskantoor-staking: Hierdie sentrums is nie in werking nie

Argieffoto

Argieffoto

Die Poskantoor het Donderdag gesê ʼn staking deur tydelike werkers het steeds ʼn nadelige effek op posaflewering.

Die Witspos-, Germiston- en internasionale possentrums is in werking, maar nie teen volle kapasiteit nie, het die Poskantoor Donderdag in ʼn verklaring gesê. Die possentrums by Tshwane en Krugersdorp is egter nie op die oomblik in werking nie.

CapeMall, die sorteringsentrum in Kaapstad is operasioneel, maar nie teen volle kapasiteit nie.

Die possentrum in Bloemfontein is ook nie op die oomblik in werking nie.

“Die bestuur van die Poskantoor is steeds in gesprek met stakende werkers om die probleem op te los,” lui die verklaring. “Die Suid-Afrikaanse Polisie en ander sekuriteitsdienste is ontbied om enige moontlike geweld af te weer.” Volgens die verklaring sal die Poskantoor klagtes aanhangig maak by die polisie indien daar enige gewelddadige optrede is.

Die staking hou verband met tydelike werkers wat eis dat hulle in permanente poste aangestel moet word.

Die volgende poskantore is ook gesluit uit vrees vir werkers en klante se veiligheid:
Alrode
Aston Manor
Boipatong
Boitumelo
Booysens
Braamfontein
Dube
Ebonypark
Edenpark
Fordsburg
Germiston
Halfway House
Ironside
Johannesburg
Kaalfontein
Kelvin
Kemptonpark
Khumalo
Krugersdorp
Kwenzekile
Lenasia
Lenasia North
Mafatsana
Masoheng
Orange Farm
Orlando
Phomolong
Roodepoort
Sharpeville
Tarlton
Trade Route Mall
Vorna Valley
Witbeeck
Zuurfontein

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Antoinette Engelbrecht ·

Poskantoorstaking. Ek dink dit is belaglik. Van Februarie maand dink ek was daar 2 maande ononderbroke diens deur die poskantoor. Ek voel die regering moet iets daaraan doen maar soos oor talle ander sake sleep hulle net hulle voete hieroor ook

Nick ·

Ek verstaan dalk net nie hoe dinge werk nie. Hoe is sulke dinge moontlik in n land wat so ‘n hoe werkloosheid syfer het? As jy nie wil werk nie, word jy vervang en verkaf die werk aan die gene wat wel wil werk.

Jakoos ·

Meer as ‘n maand laas pos by ons afgelewer noord van Pretoria. Nee, ek lieg bietjie. Wel twee dae gelede een brief in die posbus gekry – gedateer 10 Augustus! Geen telefoon of water- en ligte rekenings, geen bankstate, nie eens gemorspos nie!

Louisa Kruger ·

Ek het op 27 Aug 2014 vorms aan die pensioenfonds in Pretoria gepos om my man wat 2 maande gelede oorlede is se pensioen te kan ontvang. Hulle het nie die koevert met al die vorms ontvang nie. Ek het hulle op 25 September geskakel en is meegedeel dat hulle niks ontvang het nie. Dit beteken ek sal moet wag vir diegeld en dit neem sowat 60 dae vandat hulle die vorms ontvang. Waarvan gaan ek leef? Dit is wat die poskantoorstaking aan my gedoen het. Dalk ontvang ek eers die geld in 2015 of dalk word die geregistreerde koevert nooit afgelewer nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.