Poskantoor-staking kom tot ʼn einde

Argieffoto

Die staking by die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) is verby.

Dít nadat vakbonde ʼn vergelyk kon tref met Sapo rakende salarisverhogings.

Die staking het op 3 Julie begin.

In terme van die jongste ooreenkoms sal werknemers van Sapo nou ʼn salarisverhoging van 6,5% ontvang, terugwerkend tot 1 April.

Verder is die gekontrakteerde werksure vir permanente deeltydse werkers ook van 21,5 na 27,5 uur per week vermeerder.

Altesaam 500 van dié poste sal glo ná die gepaste stappe omskep word in voltydse poste.

Pos wat intussen opgehoop het en nie hul bestemming bereik het nie sal na verwagting binne 20 werksdae afgelewer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Karien ·

Ja, omdat julle (Hennie en Thea) nie die poskantoor gebruik nie, is nie te sê ander het hom nie nodig nie. Ons wat in die buiteland sit stuur pakkies vir ons families. My ma het nou nog nie eers haar moedersdag goedjies gekry nie. Gaan die jaar nie eers dink om iets vir hulle te stuur vir Kersfees of verjaarsdag wat kom nie. Help nie mens stuur en die goed kom eers die volgende jaar daar aan nie. By ons in Australië, lyk die poskantoor soos n CNA in Suid Afrika lyk en hulle is vreeslik besig. Weet nie hoekom julle dink dis net grotbewoners wat poskantoor gebruik nie.

Neandertal ·

Omdat dit in SA net grotbewoners is wat nog hulle pakkies vir 6 maande daar laat le voordat dit stukkend afgelewer word . DIS BY ONS IN SA .. by julle in AUSTRALIE is alles natuurlik beter . net jammer as dit oor die grens kom is jou pakkie ook HIER BY ONS IN SA waar net die grotbewoners dit gebruik.

Elvira ·

Presies wat ek gedink het. Daai lot is soooooo useless jy kom skaars agter hulle is agter die toonbanke by die poskantoor waar ons soms gaan.

Amanda ·

Bestuur word uitgesluit in verhogings die 4de jaar wat bestuur nie kry nie, waar is die regverdigheid, net soos alles vir die werker op grond verhoog het dit vir bestuur ook verhoor. Wonder waar gaan hul die geld kry om vir hul verhogings te gee hul en die geld vir die 500 mense en die nuwe 5 CEO’s wat hul nou wil aanstel.

bgj van der westhuizen ·

nog n staats maatskapy wat niks beteking nie het nie met tyd saam gegaan nie vreet net belasting elaters geld

Yolandi Coetzee ·

Toemaar die makroekonomie ,tegnolgie gaan hulle ondergaan wees,danksy ,die nuwe tegnologie soos emails gaan dit nie meer nodig wees vir hulle patetiese diens nie

AmY ·

Ek het ‘n pakkie gestuur, wat al weke by die poskantoor lê en stof gaar. Volgende keer sal ek bietjie meer betaal, en eerder van Postnet of koerierdienste gebruik maak.

Tania Heyns ·

Dagsê IK

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die vingerfout. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Robert ·

Die opgehoopte pos sal binne 20 dae uitgesorteer wees. Ja droom maar lekker, my pakkies van 3 maande terug is nog nie eens afgelewer nie. Die term diens bestaan nie in die staatsdiens nie :-(

Tammy ·

Skande, skande, maar die beste van alles is dat die werkers van die poskantoor reeds bewys het dat dit nie meer n noodsaaklike diens is nie. Ons kom baie goed reg met die internet om korrespondensie te pos en dis baie vinniger, en Postnet het nog altyd vir fantastiese diens gesorg. By Postnet het ek nog net die beste diens gekry wanneer ek iets vinnig moet laat aflewer!! Ta-ta poskantoor…maak maar julle deure toe, julle het julleself uit die mark gehaal en sommer duisende werksgeleenthede daarmee saam. So moenie kla dat daar nie genoeg werksgeleenthede is in die patetiese land nie, die massas het duisende werksgeleenthede totniet gemaak met hulle gierigheid, stakings en dan die hulp van hulle vakbonde daarmee saam.

schalk ·

SAPO – Julle is nie eers gemis nie. Die verval is so erg dat julle diens nie eers meer gemis word nie.

moeg gewag ·

Ek wag vir pakkies wat mei maand al hier moes gewees het so jammer maar poskantoor diens suck die mense wat jou moet bedien kuier so lekker dat hulle geskree op mekaar oor hul nie soos normale beskaafde mense kan praat nie dat jy jouself so baie moet herhaal dat jy naderand net uit stap om nie n scene te veroorsaak nie…. Ongelukkig is in die dorp waar ek bly net die poskantoor dienste so mens word geen keuse in sommige gevalle gelaat nie

Alida ·

Ai tog wanneer sal mense ophou kla. Ek persoonlik maak nie baie gebruik van die poskantoor nie maar wanneer ek wel hul dienste benodig was dit nie sleg nie. Die personeel was vriendelik en hulpvaardig en my pakkie het veilig sy bestemming bereik. Dit hang maar af van die personeel by elke individuele kantoor.

Hertzog ·

3 Julie .. Goeie een . Ek wag al maande vir pakkies van oorsee af en ek kry nou al vir seker 2 maande nie eers gewone pos nie .
Hulle strike al elke jaar van 2012 toe ek begin koop het op eBay .

Gerhard ·

Bietjie duur vir oorsese pakkies. Het al begin oorweeg om klagte van diefstal en bedrog oop te maak. Vat jou pakkie en jou geld maar lewer nie die diens nie….

Amanda Koegelenberg ·

My ouers het op 26 Junie met geregistreerde pos vir my pos gestuur windhoek Namibia toe. Nog niks gekry en gaan seker nog n maand wag daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.