Poskantoor-staking: Onderhandelings duur voort

Argieffoto

Argieffoto

Siyabonga Cwele, minister van telekommunikasie en die posdiens, het Vrydag die Suid-Afrikaanse Poskantoor en vakbonde versoek om hul werkers te oorreed om die staking te beëindig.

Hy is in “ernstige gesprekke” met alle aandeelhouers betrokke, het hy in ʼn verklaring gesê. “Alle aandeelhouers neem kennis van die negatiewe impak van die voortslepende staking, die finansiële stand van die poskantoor en die geweld en intimidasie.”

Cwele het gesê die bestuur en vakbonde vergader met personeel en doen ʼn beroep op hulle om terug te keer werk toe. Hy het gesê hy is bemoedig deur die vordering wat reeds gemaak is. “Ons wil alle Suid-Afrikaners verseker dat ons onverpoosd werk om die staking tot ʼn einde te bring,” het hy gesê.

Die staking, wat nou al maande lank duur, hou verband met tydelike werkers wat permanent aangestel moet word.

Die Poskantoor het ook bevestig onderhandelings duur voort. “Bedrywighede by sommige poskantore is steeds opgeskort weens erge intimidasie en dreigemente van geweld,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê. Bedrywighede by possorteringsentrums in Gauteng, Bloemfontein en Polokwane het grotendeels tot ʼn stilstand gekom, aangesien werknemers nie toegelaat word om hul werksplek te betree nie.

Intussen het die Kommunikasiewerkersvakbond (CWU) gesê hy is verras oor Cwele se uitlatings. “Die CWU is verras deur die minister se versoek aan die vakbond om die staking op te skort, aangesien die vakbond nie enige staking gereël het nie.” Die vakbond het ook gesê hy is besorg oor die maatskappy en ander groeperings, onder die vaandel van die departement, se pogings om die staking te beëindig sonder om met die personeel te vergader. “Hierdie benadering vererger die krisis in die Poskantoor,” het die vakbond gesê.

Volgens die CWU moet die personeel ʼn mandaat vir die vakbond gee of die ooreenkoms, om hulle in verskillende fases permanent aan te stel met ʼn salarisverhoging “die moeite werd is om te oorweeg”.

Klik hier om alle berigte oor die staking by die Poskantoor te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

annoniem ·

geagte mnr/mej.
ek is n graad 12 leerder en wil graag weet of die aansoek vorms wat ons matrikulante weg gestuur het dalk by die instituut geariveer het, aangesien die sluitings datum daarvoor al die 31 September 2014 was.(Queenstown)
Baie dankie

Sune van Heerden ·

Dagsê anoniem

Jy sal ongelukkig direk by die instituut moet navraag doen. Maroela Media is slegs ‘n Afrikaanse nuuswebwerf en het nie enige verwantskap aan die Poskantoor of die Instituut nie.

Baie sterkte.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Bielie ·

Die Poskantoor sal binne die volgende paar jaar nie eers meer bestaan nie soos die “workers” hulle self uit ‘n werk uit staak. Nuwe tegnologie en courier maatskappye sal daarvoor sorg.

Thinus ·

CWU is een van daardie unies wat eeder die julle maatskapy sal laat kelder. Plaas dat die regering vir hulle se hulle moet na hul m..r gaan en al die wat strike afdank.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.