Poskantoor-staking: Onderhandelings duur voort

Argieffoto

Argieffoto

Posdienste in Suid-Afrika word steeds geraak deur ʼn voortslepende staking.

Posdienste in Gauteng, Bloemfontein en Polokwane word veral deur hierdie staking beïnvloed. “Die onderhandelinge is tans in ʼn sensitiewe stadium,” het die Poskantoor in ʼn verklaring gesê. “Ons kan nie nou enige verdere besonderhede oor die onderhandelings bekend maak nie.”

Volgens die Poskantoor staak werkers van die onderskeie poskantore nie, maar weens intimidasie en dreigemente van geweld moes van die poskantore in Johannesburg tydelik gesluit word. “Ses poskantore moes gesluit word weens vandalisme.”

Lungile Lose, woordvoerder vir die Poskantoor, het gesê die maatskappy het die besluit, om die poskantore te sluit, geneem ter wille van sy klante en werknemers se veiligheid.

Die Poskantoor se “Speed Services” word ook deur die staking geraak.

Die poskantore by Benoni en Farrarmere aan die Oos-Rand is glo erg beskadig en sal eers ná herstelwerk weer kan open.

Poskantore in Johannesburg wat uit vrees vir geweld gesluit is, sluit die volgende in:
Booysens
Braamfontein
Brixton
Fordsburg
Germiston South
Hillbrow
Industria
Jeppestown
Johannesburg
Joubert Park
Langlaagte
Primrose
Primrose Hill
Southdale
Southgate
Turffontein
Yeoville

Die volgende poskantore aan die Oos-Rand is ook tydelik gesluit:
Actonville
Atlasville
Benoni
Bokburg East
Boksburg
Boksburg West
Cinda Park
Dunswart
Edenvale
Edleen
Farrarmere
Isando
Kemptonpark
Norkem Park
Springs
Van Dyck Park
Witfield

Volg die verloop van gebeure oor die Poskantoor-staking op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Bielie ·

Maak die poskantoor toe. Al wat hulle aflewer is koevertjies met vensterjies. Hulle kan dit maar by hoofkantoo hou.

Bielie van die Bosveld ·

Wie betaal vir die herstel van die beskadigde poskantore?

Pieter ·

Hou nogal van die idee van n “nasionale belastingbetalers unie” waarvan die publiek (onderwysers, tuinwerkers, dokters, boere, bouers en sommer almal bymekaar !) lid kan wees ~ nie om belasting direk te weerhou nie ~ wel om wettig landswyd te kan staak indien dienslewering (bv poskantoor, waterlewering, kragpryse, ens) nie perfek is nie. As iets erens nie reg is nie staak ons ALMAL wettig tot dit reg is. Dit kan al hierdie klein en lastige dienslewering stakings uitskakel ~

anita ·

Wie betaal hulle salarisse? dit kom van die belastingbetalers. Hoeveel belasting betalers is daar in die land teenoor 52 miljoen inwoners? Ongeveer vyf en halfmiljoen persoonlike belasting betalers, dan is daar die BTW belasting , soveel Maatskappye as die soos met die myne staak word daar geen inkomste gegenereer om belasting te betaal nie. Belasting op oorgekoopte Polisse..ens.

Maar uit hierdie klein poel moet almal eet. Waarom word die personeel en die wie aandring op permanente poste nie Summier afgedank nie, in hierdie land is daar mense die Smag na werk en sal danbaar wees om net tydelik te werk, kort en kragtig ONS MOET DIE SKADE DRA DUS BETAAL ALMAL AF EN KRY ‘N PRIVAAT FIRMA OM DIE AGTERSTALLIGE POS AF TE LEWER. dan kan daar personeel aangestel word alleenlik as daar onpartydigde persone van elke ras onderhoude voer met nuwe personeel. Die poskantoor is bankrot, dus maak dit toe en geen verder werk meer nie, stop onderhandelinge.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.