Poskantoor-staking sal ‘noodlottig’ wees

Mark Barnes, uitvoerende hoof van die Poskantoor

Mark Barnes, uitvoerende hoof van die Poskantoor

Mark Barnes, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Poskantoor, het vakbonde gemaan om nie volgende week te staak nie.

“Ek doen ʼn ernstige beroep op ons vakbonde om nie volgende week te staak nie,” het Barnes in ʼn verklaring gesê. “Die gevolge kan noodlottig vir die poskantoor wees – waar ons almal werk.”

Barnes het gesê hy begryp daar is sloerende onopgeloste kwessies wat met salarisverhogings, kontrakte vir tydelike werkers en gelyke betaling vir gelyke werk verband hou. “Ek is nog maar net drie maande hier, maar ek kan reeds die frustrasie beleef wat julle nou al vir ʼn paar jaar lank ervaar as gevolg van wanbestuur, gebrekkige leierskap en beloftes wat nie nagekom word nie,” het hy gesê. “Dit is presies waarvoor ons hier is, om dit saam te herstel.”

Hy het bevestig die bedrag geld wat hulle versoek het om die Poskantoor se verlede uit te sorteer en sterk fondasies vir die toekoms te lê, is R3,4 miljard. “Die geld sal aangewend word om agterstallige krediteure te betaal, die oortrokke fasiliteit te betaal, asook vir sekere agterstallige personeelverpligtinge, voorgestelde vrywillige diens en vroeë aftredepakette, kapitale besteding om toekomstige groei te ondersteun en verdere verliese te beperk totdat ons weer ʼn maandelikse positiewe kontantvloei beleef.”

Barnes het gesê die Poskantoor het aanvanklik R650 miljoen van die regering bekom, maaar dit moet aangewend word vir verskaffers, “net om ons in besigheid te hou, net om te oorleef”. “As ons nie verskaffers betaal nie, kan hulle ons tot bankrotskap dwing en dit sal die einde van die poskantoor beteken – vir almal van ons.”

Hy het bygevoeg nie al die krediteure kan betaal word nie, maar sommige aanvanklike betalings sou Vrydag plaasvind.

Volgens hom is die Poskantoor in die finale stadium om die res van die geld, R2,75 miljard, te bekom by die groot banke, wat ondersteun word met ʼn waarborg van R2,7 miljard deur die regering. “Die tesourie het ons regtig hier gehelp. Ons sou dit nie sonder hulle kon doen nie,” het Barnes gesê.

Die rente by die banke beloop tans ongeveer R1,9 miljard. “Ons werk hard om die res te kry. Wees asseblief geduldig – ons onderhandel die bepalings met die banke en dit vat tyd. Ek sal graag al die geld wil bekom wat ons nodig het, sodat ons vorentoe kan beweeg. Ek verwag dat dit nie langer as ses weke sal duur nie.”

Barnes het bygevoeg die menslikehulpbronnespan, onder sy persoonlike leierskap, het voorleggings saamgestel wat die basis sal vorm van onderhandelings met die vakbonde om ʼn finale ooreenkoms te bereik. “Die voorstelle is aanvanklik deur die raad goedgekeur, maar dit is op voorwaarde dat ons die finansiering bekom. Ons wil nie begin onderhandel voordat ons seker is ons het die geld nie. Geen meer valse beloftes nie,” het hy gesê.

Volgens Barnes sal ʼn staking in hierdie stadium die proses onderbreek en die geld wat hulle probeer bekom, sal “verdwyn”. “Ons sal selfs nog meer vertroue verloor en die toekoms van die poskantoor en ons poste sal weg wees. Ek wil dit nie hê nie, en ek is seker julle ook nie. Ons is nader as ooit aan ʼn oplossing vir die finansiële uitdagings van die Poskantoor. Kom ons staan nou saam.”

Barnes het gesê sy doel is om saam met die werknemers te werk, en om die vooruitsig vir ekonomiese waardigheid vir alle werknemers van die Poskantoor te herstel. “Help my, asseblief. Ek is aan julle kant.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Hoopvol ·

Alhoewel ek vol hoop is dat Mark die nodige veranderinge teweeg sal bring, dink ek nie die vakbonde sal gehoor gee aan sy versoek nie.

Marous ·

Sien geen verskil op vloer vlak nie. Dit bly haglik en die diens is pateties verby. Daar is geen werks trots nie. Geen privatisering gaan moontlik wees nie . Niemand met gesonde verstand gaan geld spandeer op ‘n instansie wat so gebreek is dat al die gom in die wereldwyd dit nie kan herstel nie. Sterkte MNR Barnes .. met die staking wat kom.

Ansie ·

Ja vat Zuma se staler geld, 4 Miljart dan kan julle weer aangaan.

Pietertjie ·

Die gevolge gáán noodlottig wees: nie vir die Poskantoor nie, maar wel vir die belastingbetalers wat die enigste bron van inkomste vir die “Regering” is. En natuurlik vir my pensioenfonds, wat die grootste spaar-varkie is wat nog geplunder kan word.

johanna selzer ·

Wens iemand kan my antw….hoekom inbetaal vir ‘n pakkie gestuur van oorsee. Nee nie ‘n k.b.a nie. Neem ek aan dis gierigheid

Alien ·

Sedert die laaste stakings het ons geleer om sonder die poskantoor klaar te kom. Ek kan nie onthou wanneer laas ek in ‘n poskantoor was nie, of van hul dienste gebruik gemaak het nie. My posbus is ook gesluit in Januarie, ek het dit eers hierdie week agter gekom want daar is gewoonlik net gemors pos en alles anders kry ek nou deesdae elektronies. Al wanneer ek onthou dat daar wel ‘n poskantoor in SA bestaan is wanneer hulle in die nuus is omdat hulle dreig om te staak (wat my ook nie weer in die toekoms gaan raak nie).

Francois ·

Net nog ‘n organisasie wat deur die ANC tot in die grond ‘getransformeer’ is.

Frederik ·

‘n Staatswaarborg !? Met die huidige lot aan bewind glo ek nie so iets het enige waarde nie.

Lenie ·

Asb mense ondersteun poskantoor ander firmas lewer ook maar n puik diens soos wat ons gewoond aan was nie As jul nie poskantoor ondersteun gaan baie mense hul werk verloor Op oomblik probeer Mark finansiering kry om weer al hul skuld te betaal Help asb

Lance ·

Nee wat beweeg net weg van die poskantoor so gou aa moontlik …die werknemers wil nie rede insien en wil WEER staak ….goei jimmel watse besigheid kan dit hou ….ek se gaan voor met die staking asb en dryf die poskantoor die afgrond in ….so kan die besigheid pladval en vanvoor af weer opgebou word met mense wat einlik wil werk ….vat hom fluff !!!

M A ·

Laat die Poskantoor rustig sneuwel. Niemand het dit nodig nie. Die diens is pateties en pos neem maande om by die bestemming uit te kom. ‘n Mens kan n koerier of Postnet gebruik vir fisiese goed. Die meerderheid rekeninge word elektronies gestuur. Dis net motorlisensies wat ek nog daar doen (ook pateties).

Veritas ·

Mnr Barnes ek het geluister na jou onderhoud met John Robbie op 702, net nadat jy by die Poskantoor aangestel het. Jou positiewe ingesteldheid en entoesiasme het my hoopvol gelaat dat jy die knoop sou kon deurhaak. Wat jy, en ek, nie voorsien het nie, is dat jy met ‘n werksmag, wat nie WIL werk nie, opgeskeep sit. Die ou spreekwoord van ‘n gegewe perd in die bek kyk, is mooi van toepassing op die spannetjie. Sterkte.

Koos ·

Ek pos weekliks tussen 10 en 20 A4 boeke met geregistreede pos oor die hele RSA. Verlede jaar het dit 30 dae en meer vir aflewering geneem. Vanjaar tussen 5 en 7 dae. Was met vakansie in die Wildtuin. Boek gepos van Hazyview na Stella en word binne 7dae afgelewer. Self met koeriers wat baie duurder is neem dot net so lank omdat volgens hulle remote areas is. So gee mnr Barnes n kans

Nerine Haddad ·

Mense, weet julle wat ons ondergang gaan wees, is julle negatiewe houding t.o.v. alles en almal in hierdie land. Ek pos nog gereeld my boeke Kaap toe en nog nooit het iets by die poskantoor weggeraak nie.
Weet julle ek wonder hoe voel die werkers in die poskantoor as hulle elke liewe dag in julle suur gesigte en nors houdings moet vaskyk nie.
POSTNET is NIE die antwoord nie. Kom ons maak ‘n verskil. Weet jy hoe lekker is dit as jy iemand bedien en die persoon glimlag vriendelik vir jou? Dit maak jou dag. Kom ons probeer dit ter wille van oorlewering.

Asjas ·

Nee wat, te danke aan die Poskantoor is ek my inkomste kwyt. Ek het nog nie heeltemal herstel nie, dus kan hulle maar gaan doppies blaas.
En ek sal vriendelik wees die dag as hul diens my beindruk of betroubaar is.

F.H.Els ·

Die meeste mense kom al lank reg sonder poskantoor!Kry vir julle verdiende loon van vorige staking .Geen simpatie!

Jan de Beer ·

Haha…dalk sal verkeers”owerhede” uiteindelik OOK besef dat hul nie boetes per gewone pos kan stuur.

Lance ·

Shame ja gee Barnes n kans …die res het al genoeg kanse gehad ….of moet mens maar weer mooi vra en smile om tog netnie die dooie hout wat die poskantoor lamle omtekrap nie ….geen maar geen simpatie nie .. dis net belaglik en n nasionale joke

Luister ·

Mnr. Barnes klink vir my na die beste “baas” om te hê. Hoop werkers sal besluit om hard saam te werk, en die poskantoor weer op te bou! Ek gebruik dit ook nog.

Kobus Swanepoel ·

Het die poskantoor al begin werk na die vorige staking?? Regtig is hulle terug van hulle Unie vakansie! Sal dit nooit sê nie!! Nou wil hulle weer op vakansie gaan! Slakke pas op die job!! As lui mense eers sleg begin word is dit die einde! Laat Malema die poskantoor bedryf met die selfde begroting! Gee hom n kans! Hy wil mos n commander in chief wees! Laat hy ons sy “skills” wys! Hy is mos nou ‘n man met ‘n graad!!!

Sally ·

Graad help nie as jy dit nie reg gebruik nie….Die graad maak nie die man nie…..Die man maak die graad! !

sarie van heerden ·

Ek het vir baie jare ingeteken op verskeie (baie) tydskrifte wat deur die pos in my posbus gelewer is. Nou het ek my posbushuur gekanselleer en ek skryf ook nie in vir enige tydskrif nie maar koop dit by die winkels saam met my kruideniersware. Met verlede jaar se staking het ek baie geld verloor deur tydskrifte wat ek vir maande lank nie ontvang het nie. Poskantoor, slaap rustig voort en dankie vir die geld in my sak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.