Poskantoor ‘vaartbelyn’ ondersoeke na Sassa-bedrog

Die nuwe goue Sassa-kaart. Foto: Sassa

Die Poskantoor het gesê hy implementeer maatreëls om ondersoeke na moontlike kaartbedrog rakende maatskaplike toelaes meer vaartbelyn te maak.

Vossie Vos, hoofbestuurder van die Poskantoor se afdeling vir veiligheid en ondersoeke, het gesê die Poskantoor en die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Toelaes (Sassa) hanteer bewerings van bedrog op ʼn dringende basis.

“Die Poskantoor het sy prosedures meer vaartbelyn gemaak om bewerings van moontlike kaartbedrog van Sassa-rekeninge te ondersoek ten einde die ongerief vir begunstigdes te verminder en om so gou as moontlik terugbetalings te doen,” het Vos gesê.

Bewerings van kaartbedrog wat Sassa-begunstigdes raak met die gebruik van die Poskantoor se Sassa-kaart is egter uiters gering volgens bedryfstandaarde, volgens Vos.

“Tydens die Maart 2019-betalingstydperk (1 tot 28 Maart 2019) is 14,4 miljoen transaksies suksesvol deur begunstigdes voltooi met behulp van die Poskantoor se Sassa-kaarte. Versoeke om moontlike bedrog te ondersoek is vir minder as 0,05% van hierdie transaksies ontvang.”

Volgens Vos is daar ondanks die geringe aantal voorvalle ʼn toegewyde span wat die bewerings ondersoek om te verseker dat geaffekteerde begunstigdes binne 15 kalenderdae of minder vergoed word. Die meeste gevalle word binne drie dae nadat dit aangemeld is opgelos, het hy gesê.

Daar is tans meer as 7,7 miljoen Poskantoor Sassa-kaart-rekeninghouers, het Vos gesê. As ʼn begunstigde bedrog vermoed, moet hy of sy hul ID na die naaste poskantoor neem en die voorval onmiddellik rapporteer.

Amptenare sal die begunstigde help om ʼn beëdigde verklaring te voltooi en die geaffekteerde persoon in kennis stel sodra die ondersoek opgelos is. ʼn Naasbestaande of ʼn persoon met die nodige volmag kan ook die voorval rapporteer in geval van bejaardes of gestremdes, het Vos gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

wouter ·

G’n wonder ons het nie geld in SA nie. Al die mense wat nie bydra tot die land se ekonomie nie kry n Groot hap uit die koek.

Neels ·

Wouter die uit etings is maar n druppel in die emmer in vergelyking met wat die ANC korruptenare wegdra. Dan is daar nog miljarde wat die regering aan Swaziland se koning skenk, vir Zim en Mozambiek. So hier is n onuitputbare fontein wat miljarde oplewer.

Jan ·

Dan moet jy onthou, groot persentasie kom nog v buurlande af, Zimbabwe, mosambiek, lesotho, swaziland en Botswana, nie een in regering weet hoeveel is v die buurlande waarvoor ons betaal nie

Gert van Wierdapark ·

Wonder maar net of die pos-kan-toor ook die Bo-Sassa kaarte (gaan) hanteer?

JV ·

My boet het sy hele lewe lank gewerk, op ouderdom 54 het hy erg beroerte gehad, en kan nie meer werk nie, vandag kry hy SASSA, Dit is sy enigste inkomste. Hy het sy deel gedoen om vandag hierdie gratifikasie te onvang

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.