Vier gewapende rowers is Dinsdagoggend omstreeks 11:20 in hegtenis geneem ná ʼn rooftog by ʼn poskantoor in De Doorns in die Wes-Kaap.
Kapt. Frederick Van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê ʼn vyfde verdagte het omgekom toe die wegkomvoertuig tydens ʼn hoëspoedjaagtog met die polisie in die Paarl omgeslaan het.
“Die verdagtes het personeel by die poskantoor met vuurwapens gedreig en kontant en Sassa-kaarte geëis. ʼn Noodoproep is op polisieradio’s uitgestuur en verskeie polisievoertuie het aan die soektog deelgeneem,” het Van Wyk bygevoeg.
Die verdagtes se voertuig het in die Paarl omgeslaan en hulle is in hegtenis geneem. Beamptes het beslag gelê op drie ongelisensieerde vuurwapens en die gesteelde kontant en kaarte.
Die verdagtes sal binnekort in die hof in De Doorns verskyn.
Een is doodgeskiet
is hy nie in die ongeluk dood nie
Elke Jan Rap en sy maat beskik deesdae oor vuurwapens.