Poskantoor verhoog stil-stil sy tariewe

Argieffoto

Argieffoto

Ten spyte van gereelde stakings en bewerings van wanbestuur, het die Suid-Afrikaanse Posdiens (SAPO) onlangs stil-stil sy tariewe verhoog.

Die tariefverhoging het op 1 April in werking getree met basiese posdienste wat nou tussen 30c en 70c meer kos. SAPO het glo nie enige verklarings oor die tariefverhogings uitgestuur nie en daar is na bewering geen tariefpamflette in poskantore beskikbaar nie.

Gewone klein posstukke se prys het gestyg van R3 na R3,30, mediumgrootte pos van R5,95 na R6,55 en groot posstukke van R7,30 na R8. Die grootste verandering in tariewe is die gewilde econoparcel-opsie wat van R22,80 na R40,90 gestyg het.

ʼn Fin24 gebruiker beweer dat SAPO nie sy personeel van die tariefverhoging in kennis gestel het nie, maar volgens SAPO het poskantoorpersoneel ʼn boodskap deur die verkopestelsel ontvang. ʼn Fin24 gebruiker het ook gesê dat die nuwe tariewe nie by poskantore beskikbaar is of maklik aanlyn bekom kan word nie.

Johan Kruger, SAPO woordvoerder, het egter gesê dat poskantoorkassiere in kennis gestel sal word waar die tariewe aanlyn gevind kan word sodat hulle vir kliënte die regte inligting kan gee.

Fin24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nina ·

Geen diens, maar betaal sal ons betaal…. Ek kry steeds pos van Mei/Junie 2014 nou eers….ai.

Griet ·

Wie gee om?
Gebruik enige-iemand nog die poskantoor?
Ek hernu net my motor lisensies daar, geen ander van hulle “dienste”…………..

Natasha ·

Gebruik al lankal nie eintlik meer die dienste nie, wag al van Julie 2014 vir ‘n pakkie wat “under investigation” is

Hendrik ·

Laaste jaar wat ons die posbus gaan gebruik . Volgende jaar alles deur e-posse en SMS.

Pierre Celliers ·

Laat hy maar sy tariewe verhoog, hy’s uitgedien! Min mense gebruik nog hul dienste oor hul swak diens!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.