Poskantoor verwag verlies van R1.3 miljard

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) verwag om teen die einde van sy finansiële jaar in Maart ʼn verlies van R1.3 miljard te verklaar, het Beeld Maandag berig.

Ouditeure het reeds hul kommer uitgespreek oor Sapo se 2014-’15-jaarverslag en dat dit steeds ʼn probleem sal wees teen die einde van die bestaande finansiële jaar Die verslag is verlede week by die parlement ingedien – vier maande te laat.

Vrugtelose en verkwiste besteding beloop R41 miljoen en onregmatige uitgawes R213.6 miljoen. Die Poskantoor het R5.3 miljoen verloor wat met bedrog in die instansie se tesourie verband hou en R5.5 miljoen aan handelsmisdaad.

Die organisasie het die vorige finansiële jaar ʼn verlies van meer as R358 miljoen gely.

Die Poskantoor se totale bates was teen 31 Maart verlede jaar R2.3 miljard meer as die totale laste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Paplepel ·

Die Bybel is tog duidelik: “In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien.”
As jy nie werk nie gaan jy nie eet nie en ook geen wins maak nie.

Marietjie ·

Nou ja!! Wat het julle verwag? Die regering se beleid is mos nie om die land op te bou nie dit is om dit af te breek, alles wat hulle in die hande kan kry en wat met moeite tot stand gebring is moet gebreuk en beskadig en vernietig word…Stadig maar seker is hulle besig om in hulle doel te slaag..

scalla ·

Is nie eers bevoeg om bestaande strukture in stand te hou nie, sluit die poskantoor en privatiseer, uiters swak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.