“Twee afleweringsbakkies en twee minibusse wat aan die Poskantoor behoort is omstreeks 13:00 vanmiddag aan die brand gesteek,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, gesê.
Mulaudzi het gesê die gebou is nie tydens die voorval beskadig nie. Niemand is tydens die voorval beseer nie. Volgens Mulaudzi is niemand nog in hegtenis geneem nie maar word daar vermoed dat stakende poskantoorwerkers by die voorval betrokke was.
Tydelike werkers staak reeds vir langer as twee maande en dring daarop aan om permanent aangestel te word.
Klik hier om alle berigte oor die staking by die Poskantoor te lees.
Idiots
Dit is tyd geword dat die vakbonde vir skades soos die aanspreeklik gehou word. Want hul het duidelik nie beheer oor hul lede nie. Dit is net nie meer aanvaarbaar dat die belastingbetalers (die min wat daar is) vir al hierdie geweldadige kostes betaal nie.
Ek stem saam Rienie. Hulle besef nie hoeveel skade finansiëel hulle aanrig nie. Hoe meer skade hoe minder is die kanse om hulle sin te kry want waar moet die geld vandaan kom om alles te herstel. Die vakbondlede en Regering sit nou maar net agteroor. Wys jou hoe vlak is hulle. Hulle dink hulle is nou kaas, maar eintlik verswak en vernietig hulle alles. Dis soos Boesman sê: Idiots !!