Poskantoor waarsku teen bedrog

Foto: Verskaf.

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het mense gewaarsku om bedag te wees op bedrog met pakkies.

“Lede van die publiek kry ʼn foonoproep van iemand wat voorgee om vir die doeane-afdeling van die Poskantoor te werk. Mense word dan ingelig dat daar ʼn oorsese pakkie vir hulle wag om afgehaal te word – maar eers moet hulle geld in ʼn bankrekening inbetaal. Volgens die persoon wat die oproep maak, is die geld vir aksyns- en koerierkoste,” het Johan Kruger, woordvoerder van die Poskantoor gesê.

Mense word glo ook na ʼn webwerf verwys wat op die oog af dieselfde as die Speed Services-webwerf lyk. “Die nommer wat daarop gelys word, is egter in die Verenigde Koninkryk, met ʼn voorsyfer van +44,” het Kruger gesê.

Kruger het gesê kliënte kry ʼn pinnommer wat hulle moet insleutel voordat hulle die fiktiewe pakkie op die webwerf kan “opspoor”.

“Die Poskantoor se webwerf gebruik nie pinnommers nie. Ons vereis nooit dat kliënte vooraf geld in ʼn bankrekening inbetaal nie. In gevalle waar SARS invoerbelasting op ʼn bakkie van die buiteland hef, moet dit by die poskantoortoonbank betaal word waar die pakkie afgehaal word. Die kliënt sal dan ʼn kwitansie vir die betaling ontvang, ” het Kruger gesê.

Kruger het gesê indien die poskantoor wel die selfoonnommer van die ontvanger van die pakkie het, hy/sy dan ʼn SMS sal kry om die pakkie te gaan haal, maar nooit om geld in ʼn rekening in te betaal nie.

Lede van die publiek wat inligting oor die bedrogskema het, kan dit by die polisie of by die Poskantoor se misdaadafdeling by 0800 020 070 aanmeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ronel ·

Ons gewone, hardwerkende mense is heeltemal te dom om skelm te wees!

zoom zoom ·

Dit sal nice wees van die Poskantoor om net ons gewone posstukke aftelewer. Het verstaan dat Poskantoor allrs in hulle vermoee doen om beter diens te verskaf maar dit het ook in die hek grduik soos talle ander dienste

Linda Pretorius ·

Ek wag ook vir n pakkie vanaf di UK. Laasweek n paypal invoice ontvang vanaf n Ronald Edginton vir n bedrag van R365 om my pakkie te lewer. Het weer n epos ontvang van dieselfde persoon wat wou weet of ek di vorige epos en paypal versoek ontvang het. Wag al 3 weke en my pakkie steeds ni ontvang nie. Wat staan my te doen.

Urania Linde ·

Ek het tot my spyt 27 Maart 2017, verwyssing PE881471429ZA Post Office Sinoville ‘n pakkie Upington toe gestuur. Het die naam van persoon wat my geassisteer het. Laaste wat ek gehoor het le pakkie nog in Bloemfontein. Gaan vir week 5:( Niemand het antwoorde nie. Hoe nou gemaak?

Vanessa ·

Die poskantoor is pateties. Omtrent elke 2de pakkie van my kry voete… en almal trek net skouers op.

Margi Johnson ·

Mense daar’s n fantastiese ‘overnight courier’ diens beskikbaar by alle Pick n Pay winkels.Dis net R100 en dis ‘door to door’. Ek gebruik hulle baie en is heel gelukkig met hulle diens.Hulle doen ook oorsee

marianna ·

Nee Margi dis nie waar nie veral nie die “door to door” nie ken iemand wat dit gebruik het en ek dink sy het nou nog nie haar posstuk terug gekry nie.

Marsha ·

Ons kritiseer altyd die Poskantoor. Ek stuur gereeld pakkies oorsee en het nog NOOIT enige probleme ondervind nie.Net soos met enige besigheid as ek wil he dit moet vinnig afgelewer word betaal ek meer ens. Ek wil net se ons posdiens is nie regtig so sleg soos wat ons altyd dink en praat nie.Indien jy ooit probleme het gaan na jou plaaslike Poskantoor en praat met die posmeester hulle is altyd baie behulpsaam. (Nee, ek werk nie vir die poskantoor)

sue-ann ·

Gebruik Post Net. Ek stuur al my pakkies deur hulle. Kos R99 en twee tot drie dae. Nog nooit ń laat aflewering of verlore pakkie gehad nie.

Marietjie ·

Ek het ook al ‘n paar keer Post Net gebruik, party pakkies nogal waardevol, en ook nog geen probleme gehad nie.

Melt Olckers ·

Die wyse waarop die Poskantoor die proses beskryf is korrek. Ek voer van tyd tot tyd self in. Hulle kontak my glad nie telefonies nie, maar reik ‘n afhaal notifikasie uit met die bedrag wat betaal moet word vir doane en aksyns. Die kwitansie wat hulle uitreik voldoen ook self aan ‘n sekere formaat wat voorgeskryf word.

Willi ·

Pleks dat die poskantoor mense waarsku teen hulle eie personeel wat pakkies steel of net laat verdwyn. Twee maal dieselfde items van oosee bestel, ten duurste betaal en op internet gevolg tot by verspreidings depot in SA, en dit was die laatste sien van die blikkantien. Gebruik maar liewer een van die bekende koerier maatskappye, maar Poskantoor NOOIT!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.