Poskantoor waarsku teen dié pakkies

Argieffoto

Die poskantoor sê hy sien ʼn merkbare toename in pakkies wat na die buiteland versend word, maar uiteindelik nie afgelewer kan word nie omdat die inhoud onveilig vir lugvervoer is.

Regulasies wat die veiligheid van lugvragitems bepaal, is onlangs verskerp en geen stof wat maklik ontbrand, ontplof of uitlek word toegelaat nie, het Sekano Kgalanyane, hoof van internasionale sake by die poskantoor, in ʼn verklaring gesê.

Items wat glad nie meer per lug vervoer kan word nie, sluit in litiumbatterye, vloeistowwe en rome.

“Alle possakke word met gesofistikeerde X-straalmasjiene ondersoek voor dit op vliegtuie gelaai word en sakke met verbode items word teruggestuur nadat dit ondersoek is.

“Nog items wat nie per pos vervoer kan word nie, sluit in ontvlambare of plofbare stowwe, lewende organismes, biologiese materiaal en diere of dierprodukte. Dit sluit pels en ivoor in,” het Kgalanyane gesê.

Bykans alle lande verbied die invoer van gifstowwe, plantmateriaal of medikasie sonder spesiale invoerpermitte. Dié items word in die land van aankoms gekonfiskeer en dan vernietig.

Kgalanyane het gewaarsku dat juwele, edelstene en edelmetale verseker moet word.

Die poskantoor het ook ʼn beroep op kliënte gedoen om te verseker pakkies is stewig, omdat dit as massavrag vervoer word.

As die item wat jy pos nie die houer volmaak nie, kan dit byvoorbeeld met polistireen of selfs versnipperde papier vasgepak word. ʼn Pakkie mag ook nie meer as 30 kg weeg nie.

Die poskantoor stel ook voor dat kliënte verskaffers van items wat hulle aanlyn bestel het, vra om hul selfoonnommer op die pakkie aan te bring.

Op dié manier kan die poskantoor met sy volg-en-spoorstelsel kliënte met ʼn SMS in kennis stel as die pakkie gereed is om afgehaal te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willem van der Merwe ·

Die poskantoor lewer nie af nie of lewer baie laat af,die is net n verskoning

Hennie ·

Ek stem saam. Mense wat die poskantoor gebruik ken nie mense in die buiteland nie!

Helga ·

Ek het dertig jaar in die poskantoor gewerk. Kliente dink as hulle swaar breekbare artikels in net bruinpapier of n pap kartonboks sit, dit sal heel anderkant uitkom. Maak nie saak waar anderkant is nie, dit gaan in paaimente by die volgende bestemming aankom. En dan raak hulle kwaad as jy se jy aanvaar nie die betrokke pakkie nie, want die verpakking is swak. Die pakkies word opmekaar in staalhouers geplaas, so as n item wat nie ‘fragile’ gemerk is nie, en onder bepland is gaan dit beslis beskadig word. So het vloeibare inhoud van plastiekhouers wat gebreek het of proppe wat ‘pop’ het al erg skade aan ander se pakkies veroorsaak. Daar was ook n klient se ma wat Kersfeeskos met malvapoeding en al gepos het, en n verkeerde telefoon nommer op die pakkie gesit het. Na drie weke het die pakkies nie meer so lekker geruik nie. Ons het altyd tot uiterstes gegaan om pakkies afgelewer te kry. Om nie eers van messe en ander skerp voorwerpe te praat wat n plastieksakke gepos word nie…en vreemde ander goed.

Anton ·

Pakkies le maande by poskantoor voordat hulle jou in kennis stel, dan stuur hulle dit terug binne dae na jou kennisgewing. Hulle het geen bestaansreg meer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.