Poskantoor-werkers in Krugersdorp aangeval; petrolbomme by PTA-poskantore

Argieffoto

Argieffoto

Drie personeellede van die Poskantoor is Dinsdag in Krugersdorp aangeval.

“Die drie persone het by die possentrum gewerk toe hulle met klippe bestook is,” het kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Hulle het geringe beserings opgedoen.”

Drie vragmotors van die Poskantoor en ander privaat motors is ook beskadig. “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het Ernst gesê.

Intussen het die Poskantoor bevestig die Belle Ombre- en Atteridgeville-poskantore is gesluit vir herstelwerk en ʼn polisieondersoek nadat ʼn petrolbom Maandag in die Belle Ombre-poskantoor en Dinsdag in Atteridgeville gegooi is.

“Die polisie volg alle leidrade en ondersoek tans kringtelevisiebeeldmateriaal om die verdagtes uit te ken,” het die Poskantoor in ʼn verklaring gesê.

Die skade is glo gering en hoofsaaklik beperk tot brandmerke op die vloerteëls.

“Nie een van die werknemers is beseer nie, maar traumaberading is vir die kassiere by die takke gereël,” lui die verklaring. Die persone wat die petrolbomme gegooi het, het hulself glo geïdentifiseer as stakende werkers.

Geen posstukke is beskadig nie.

“ER24-paramedici en die Tshwane-brandweer het baie vinnig reageer op die voorvalle,” het die Poskantoor gesê.

Permanente Poskantoor-werknemers staak oor ʼn salarisverhoging van 15% en tydelike werknemers eis permanente aanstellings.

Maroela Media het Dinsdag berig dat werksaamhede by meeste poskantore hervat het. Klik hier om meer te lees.

Volg die verloop van die Poskantoor-staking op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bielie van die Bosveld ·

Wie betaal vir die skade wat aangerig word, ongeag geringe skade.

Elsje ·

Hier van 2003 -2005 af is pakkette aangebied, wat baie van die blanke poskantoorwerkers gevat het. Die 20/80 ratio was in daardie tyd ‘n groot storie. Werkers met tussen 15 en 30 jaar ondervinding het die pakkette aanvaar en geloop. Sou die Poskantoor vandag beter af gewees het as die mense met die ondervinding daar gebly het? Ek glo so. Nog ‘n instansie waar mense met ondervinding en kennis laat loop is om plek te maak vir stakers. Dit is so hartseer.

Conrad ·

Wat kry ek by die poskantoor? Posstukke in n posbus waarvoor ek duur betaal en waarvan ek die jaar 3 maande minder diens van gehad het. Ek gaan nou, nadat ek die kommentaar geskryf het, begin om my pos te reel dat ek dit elektronies kry en my posdiens opgee. Ek gaan dan sommer ook n boom of twee spaar.

Boesman ·

Ons besigheid wag nou al vir 3 maande vir ‘n pakkie van Amerika. Moes nou ekstra kostes aangaan om ‘n nuwe bestelling in te sit. Wonder hoe lank dit gaan neem om ons oorspronklike bestelling te kry. Weke? Maande? Ooit???

Besef hierdie emm mense wat hulle aan ons ekonomie doen? Nee, want hulle dink nie aan die toekoms nie.

Dis tyd dat die poskantoor geprrivatiseer word. Ek sou gedink het dat TNT of DHL of enige van die groot rolspelers al met die regering sou vergader om die poskantoor oor te neem. Skimp skimp!!!

Nou hoor ek vandag dat die top execs van die poskantoor hulself ‘n 26% verhoding gegee het, in die middel van die staking.

Dit is tyd dat ‘n presendent geskep word waar bevestig word dat die reg om te werk voorkeur kry op die reg om te staak. Punt!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.