Poskantoor-werkers keer terug werk toe

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) sê sy bedrywighede is stadig maar seker besig om te verbeter terwyl al meer werknemers terugkeer werk toe.

“Die aantal SAPO-werknemers wat gehoor gegee aan die beroep om terug te keer werk toe, het skerp toegeneem,” het Simo Lushaba gesê. Lushaba staan aan die hoof van die spesiale taakspan wat deur Siyabonga Cwele, minister van telekommunikasie en posdienste, en Nhlanhla Nene, minister van finansies, op die been gebring is.

Volgens Lushaba is SAPO amper weer op volle kapasiteit. Hy het gesê 52% van werknemers het reeds teruggekeer werk toe sedert ʼn loonooreenkoms verlede week met vakbonde bereik is. Lushaba het Vrydag aangekondig dat daar ʼn ooreenkoms met twee van die drie erkende vakbonde by Sapo bereik is.

Klik hier vir vorige berigte oor die poskantoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Posdonkie ·

Wat die arme drommels nie besef nie is dat die poskantoor nooit weer dieselfde gaan wees nie. Ek, vir een, gaan van nou af alles in my vermoeë doen om die poskantoor te vermy, albeit internet dienste, koerier dienste, whatever. Mens kan nie op die massas steun nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.