Poskantoor-werkers staak wéér

Argieffoto

Argieffoto

Minder as ʼn week nadat ʼn staking by die poskantoor opgelos is, het tydelike werkers weer met ʼn onwettige staking begin.

Die Poskantoor het Maandag in ʼn verklaring gesê tydelike werkers by Witspos, Tshwane Mail, Germiston en Polokwane het begin staak. Die stakers eis dat tydelike werkers in permanente posisies aangestel moet word.

Die huidige staking veroorsaak dat pos tot minstens vier dae vertraag gaan word, aldus die verklaring.

Janras Kotsi, uitvoerende direkteur van die Poskantoor is in gesprek met vakbonde en besig om ʼn gebeurlikheidsplan van stapel te stuur.

Altesaam 403 tydelike werkers is tydens die vorige staking afgedank. Klik hier om meer te lees.

ʼn Aantal poskantore in Gauteng en die Wes-Kaap moes gesluit word uit vrees vir werkers se veiligheid nadat stakers hulle glo geïntimideer het.

Klik hier om te sien watter poskantore is in Gauteng gesluit.
Klik hier om te sien watter poskantore is in die Wes-Kaap gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

kerdas ·

Nee magtag, so kan dit wragtag nie aangaan nie. My dogter se troukaartjies is begin Augustus gepos – nog geen gas het ontvang nie. Gister het RSVP verstryk. Ek wag vir ‘n pakkie van Vereeniging wat op 23 Julie gepos is. Die eerste week van Augustus is ‘n pakkie by Riversdal vir my gepos. En ek wag op die roering van die water van die bad van Bethesda? Afrika O Afrika!!!!

Erica Stapelberg ·

Dit maak mens rooi onder die kraag. My sein in gr.12 en ‘n Homeschooler by Impak. Sy kwartaal 3 opdragte en toetse is al die 19 Augustus gepos, dit le nog net waar dit was, nog nie geskuif nie. Maandag moet ons sy Rekordeksamens antwoordstelle pos om die 26ste Impak te bereik. Dit is alles deel van sy SBA punt vir matriek. Verseker word die hele Impak omvergewerp met portefeuljes wat laat kom. Dit moet nog gemerk word en ingestuur word. Dis ‘n ramp

Francois ·

Julle weet, my oplossing is ALMAL erken e-pos as die nuwe wettige manier om pos af te lewer. Dan hulle maar in hulle hel in staak dit gaan niemand pla nie, want ‘n rekenaar staak NOOIT!

Duke ·

In boedelberedering aanvaar Banke nie epos dokumente nie, dit moet hardeafdrukke wees van die dokumente. soos die sterfte sertifikaat en Eksekuteursbrief bv., alvorens inligting verskaf word of rekeninge gesluit word. Erfgename verstaan nie dat daar nie vordering gemaak kan word met die proses nie. Ons het ‘n maand laas pos ontvang honderde geregistreerde stukke wat versend is is nog nie afgelewer nie. kan daar nie enige eise ingestel word teen die Poskantoor nie, waar is die Politieke partye hoor niks van hulle hieroor nie.

nicolette ·

Om e-posse te stuur is reg vir briewe, maar jy kannie n pakkie e-pos nie, so daar is nog n probleem.Probleme moet uitgesorteer word sodat die poskantoor hulle dienste kan hervat.Die publiek ly erg onder die staking.

We deliver whatever it takes , is die verkeerde slagspreuk vir die poskantoor.

alet ·

Stuur die wat nie wil werk nie terug bos toe want hulle wil net slaap om die pappotte sit en suip en kleintjies maak op die staats toelae te kry. Want 12 van hulle doen 2 van ons mense se werk . So werk hulle werkskepping

Theresa ·

Dank hulle af en kry mense wat WIL werk. Daar is baie mense daar buite wat werk soek. Deur hierdie stupid optrede kos dit die land baie geld. Hulle sal nooit tevrede wees nie. Dan soek hulle dit en dan soek hulle dat. Brood aan altwee kante gebotter. Gee werk vir mense wat te dankbaar sal wees om werk te hê.

Boesman ·

Begin by Janras Kotsi, uitvoerende direkteur van die Poskantoor, en dank hom af. Duidelik is hy te treurig om die situasie te beredder, so vervang hom! Met iemand wat KAN! Useless!!!

Reg om te staak vs reg om te werk. Duidelik dink die stakers nie daaraan hoeveel skade hulle aan ons ekonomie doen nie. So, fire almal, ter wille van die ekonomie, nie ten koste daarvan nie. En stel mense aan in hulle plek wat WIL werk.

Boesman ·

Maroela, ek het opgemerk dat my kommentaar nie altyd gepubliseer word nie. Nie net op hierdie artikel nie, maar op vele ander. Is daar ‘n rede daarvoor? Of is U S E L E S S dalk ‘n woord wat geblok word? Vra maar net…

carien ·

Ek sal se hulle moet einde kry met hulle staakings en begin te werk. As jy geld wil verdien moet jy werk en nie by die huis le nie. Da is baie ander wat wil werk. En baie pos stukke wat nie afgelewer word nie en nou moet die kliente wat wag vir pos stukke sukkel mo dit te kry en ekstra lank wag da voor.

simone venter ·

My seun trou in November. Ook hulle uitnodigings is reeds gepos en mense moet teen 30 September RSVP. Niemand het sover uitnodigings ontvang agv die stakende poskantoor.
Dienslewering in die land is pateties!!

Leon ·

@Duke: “In boedelberedering aanvaar Banke nie epos dokumente nie, dit moet hardeafdrukke wees van die dokumente. soos die sterfte sertifikaat en Eksekuteursbrief bv., alvorens inligting verskaf word of rekeninge gesluit word.”

Nou as dit die probleem is, hoekom verander ons nie die probleem nie?

Jammer, dit was ‘n tong-in-die-kies opmerking.

Maar tog. In Suid-Afrika behoort die soektog tog te wees om soveel moontlik situasies te skep/verander weg van menslike betrokkenheid en ten gunste vn tegnologiese vooruitstrewendheid.

En wat van koerierdienste ipv die Poskantoor? Wat van die skep van private “poskantoor”?
As “hulle’ nie wil werk nie, kom ons sit koppe bymekaar en ondersoek moontlike plaasvervangers vir “hulle”!

Elizabeth ·

@Leon, ek is geneig om saam met jou te stem. As mens glad nie meer die poskantoor hoef te gebruik sit “hulle” almal sonder werk en dan kan hulle maar staak soos hul wil want die poskantoor sal dan ophou bestaan. Ek weet ook dat daar altyd onskuldiges is wat geraak word, maar soos ek op ‘n vorige forum geskryf het mens KAN, daar is baie mense wat werk agv sekere situasies verloor het (my man is een)en opgestaan het en self ‘n besigheid begin het en suskesvol is. Vir pakkies gebruik maar koeriers, moontlik duurder (ook nie altyd, ons kry goeie goedkoop resultate van baie van hulle!)maar wel ‘n oplossing en ons het gevind BAIE meer betroubaar. Ek voel jammer vir mense wat huweliksuitnodigings gestuur het en dit lê, stuur maar e-pos uitnodigings, ek weet julle het seker baie betaal vir spesiale kaartjies en alles, maar in ‘n noodgeval kan mens epos darem gebruik. Minstens weet die genooides van alles en kan hul RSVP per epos. Werkstukke en goed ook maar dalk eerder per koerier of e-pos gestuur word – ek weet bv Unisa werk so. Ek probeer net raadgee, mens moenie dat die spul hul sin kry deurdat ons hulle nie wys ons kan nie iets uitdink nie. Wat onsself betref gebruik ons amper nooit meer poskantoor “diens” nie, te onbetroubaar en swak! Sterkte aan almal wat nou moet sukkel – ek hoop almal kom reg!

se-net ·

Dit is nou maar net deel v hul “raamwerk” om te staak. Gee die werk vir blankes wat wil en kan werk!!!

Ekke ·

En nou wil dit voorkom of die courier maatskappye die situasie lekker uitbyt. Hulle kostes is buitensporig. Ons moet ‘n pakkie Australia toe pos vir my broer se dogtertjie wat laas Vrydag haar 1ste verjaardag gevier het (ouma huil elke dag, oor haar kleinkind nog nie haar presentjie uit RSA ontvang het nie). Die poskantoor vra R700, die courier maatksappye begin van R1800 tot amper R4000. Kan nie waag om dit NOU deur die poskantoor te stuur nie, dit sal net by Witspos lê en dan nog “weg raak” ook. Ons is heeltemal in die poef in hierdie mooi land van ons. Indien iemand weet van ‘n courier maatskappy wat nie eers ‘n bloedoortapping soek nie, laat weet my gerus asb. [email protected]

Elfie ·

@Ekke – jammer vir jou en veral die kelinding. Jy moet maar rondshop jong, mens moet dit maar doen soos met enigiets wat mens wil koop ook om die beste prys te kry. Het jy al Postnet probeer – hulle werk nie noodwendig deur Poskantoor nie hoor – dis altans wat ek verstaan. Hul gebruik ook koeriers, maar jy sal maar moet rondshop. Gaan op internet en google, jy sal jou dalk verbaas!

EMK ·

@Ekke – probeer Pick’nPay se koerierdiens! Dis glo BAIE redelik. Nie seker of hul wel oorsee versend maar vind uit!

Sandra ·

Hello ek stuur baie pakkie vir my kliente regoor SA, dit staking maak dinge baie ongemaklik om besigheid vlot te verloop, ek sal net graag wil weet hoe kan die poskantoor nogsteeds dieselfde tarief kan vra vir ‘n spoedpos pakkie as die kliente van my baie lank daarvoor moet wag. Maak asb plan want dinge kani so aangaan nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.