Poskantoor wil R3,7 miljard leen

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor nader tans banke om ʼn plaaslike leningspakket te onderhandel ter waarde van R3,7 miljard.

Siyabonga Cwele, minister van telekommunikasie en posdienste, het gesê die Poskantoor benodig dié bedrag om sy bedrywighede te stabiliseer. Die regering sal ʼn waarborg aan die banke bied.

“Die Poskantoor se finansiële stabiliteit bly ons hoogste prioriteit,” het Cwele in sy begrotingstoespraak gesê. “Die Poskantoor het vanjaar ʼn R650 miljoen-kontantinspuiting ontvang. Dit lyk miskien soos ʼn druppel in die emmer, aangesien die maatskappy tans ongeveer R3,7 miljard benodig.”

Cwele het gesê hy is vol vertroue dat die uitvoerende hoof, Mark Barnes, die lening sal kan onderhandel.

Barnes het tydens ʼn perskonferensie ná die debat gesê die poskantoor se waarnemende hoof finansiële beampte het Dinsdag aanvanklike gesprekke met banke gehou en hy sal komende Maandag self ook met hulle opvolgvergaderings hou.

Cwele en Barnes het gesê bestuur kon met vakbonde onderhandel om ʼn staking te verhoed. “Ons het baie suksesvolle gesprekke met vakbonde gehou en binne 24 uur kon ons reël dat stakings vir minstens ʼn maand lank opgeskort word,” het Barnes aan verslaggewers gesê.

Lees alle vorige berigte oor die Poskantoor op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johann ·

Hahahahha… Die regering sal waarborge leen….hahahhaah. seker Ntlandla opgee as sekuriteit? RERIG….laat die Poskantoor n stille dood sterf. Daar baie beter dienste beskikbaar wat werk…skuus…waarvan die personeel werk.

Pieter dp ·

In Rayton staan die pragtigste poskantoor verlate verwoes deur vandale en stropers. Maar nee hul sal in n private winkel sentrim n plek huur en geld mors.

Hul moet begin om hul bates ten volle te benut.

faerie ·

Ek hou duimvas dat die Poskantoor die lening kry. Mnr Barnes dankie vir die werk wat jy doen om die poskantoor op sy voete te kry. Ek glo met jou aan die stuur sal die poskantoor oorleef. Baie sterkte

Xa ·

faerie, ja in n feetjiewereld sonder stakings, luies en korruptes, en waar tegnologies irrelevante produkte soos koetse, swaarde en posseels nog verkoop, sal dit mooi uitwerk.

Dee ·

Wat dink julle gaan met posgeld gebeur. Dit sal skyhigh gelig moet word. Die banke weet dat die poswese niks van finansies af weet want hulle is elke jaar bankrot ten spyte van groot bedrae vanaf die staat. Hierdie jaar was dit meer as ‘n ½miljard rand. Die banke kan nie daardie kans vat nie.

Lance ·

Die poskantoor se storie is al SO boring ….leen geld en praat baie en werk bitter min ……working commitee….task team ….weer praat ….staak en staak en staak …maak die damn ding toe …is net n kwessie van tyd dan brand iets of iets word gebreek of iemand staak …die plek is n joke

Ian ·

Dit is moeilik vir SAPO se hoofbestuur om te aanvaar dat hulle nie meer miljoene se bonusse kan ontvang nie, nou maak hulle plan.

Rynhardt ·

Die feit dat R3,7miljard nodig is om poskantoor te red wys wys hoe hy homself tot in afgrond bestuur het.Alles stort induie weens n helse gebrek aan kennis! Korrupsie kry voorkeur in SA! Postnet en koeriers floreer al hoe meer.

E ·

Met daardie groot bedrag kan hulle mos hul eie courrier diens begin. Nuwe logo, nuwe beeld soos ń postnet? Dan is hulle mos op track in die eeu wat ons leef of hoe? en minder sal werkloos wees. Dis die beeld en manier van dinge doen wat mos moet verander.

Veritas ·

Die eindfluitjie het vir die Poskantoor geblaas die dag toe die selfoon sy verskyning gemaak het. Bykans 20 jaar later, besef die spannetjie nog steeds nie dat die Poskantoor geen doel dien anders as om die betaling van voertuiglisensies, te vergemaklik nie. Die onvermoë, van die besluitnemers, om toe al stappe te neem om nuwe, noodsaaklike dienste te verskaf, het die huidige stand van sake tot gevolg gehad. Die regering het, in sy wysheid, seker geglo dat die tegnologie sou verander om die Poskantoor te pas. Niemand anders kan blameer word vir die feit dat duisende werkers binnekort hul inkomste gaan verloor nie.

MCS ·

Wie gebruik nog n poskantoor? Ander maniere om die gebruik van n poskantoor uitteskakel ! Die afgelope jare was hul gedurig op stakings en mens kon nie op hul staatmaak!

Griet ·

Sterkte Fearie, die reddingspoging is doodgebore…… Daar is niks meer om te red nie, wat nie geplunder of afgebrand is nie, sal binne kort gesteel word.

Griet ·

Watter regdenkende mens met gesonde verstand gebruik nog die poskantoor? Die enigste ding wat ek daar doen is my motor se lisensie hernu. Pakkies en ander postukke gaan na Postnet, al is dit duurder, maar ek hoef nie enige verliese te dra van pakkies wat NOOIT afgelewer word nie.

ekke ·

Nie weer vir my nie. In vandag sy tyd wag ek vir ‘n pakkie 16dae? Ek lewer kommentaar op hul webbladsy en ek wag nou na nog 2mnde en hoor niks??????????????????? Dit spel nou vir jou DIENS! ‘n Koerier pakkie kry ek binne 24uur en ek betaal R40 meer. Baai baai poskantoor.

Ben ·

Net nog ‘n sinkende skip om te hang aan die vuisvoos belastingbetaler se nek. Die onvanpas prioriteite in hierdie land is verstommend!

Lena ·

Griet ek het nuus vir jou. Ek het twee weke gelede’n pakkie Kaap toe gestuur met Postnet. Hulle soek dit nou nog….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.