Poskantoor wil salarisse snoei, maar hoof spog met miljoene

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Die Demokratiese Alliansie het betroubaar verneem dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor van voornemens is om personeel se salarisse van volgende maand af met tot 40% te besnoei.

“Dit gebeur terwyl hulle steeds personeel se mediese fonds en pensioengeldbydraes plunder,” sê Dianne Kohler Barnard, die DA se skaduminister oor kommunikasie.

Mediesefondsvoordele is weer teruggetrek vir personeel en pensionarisse weens niebetaling – ondanks die feit dat die geld maandeliks van die personeellede verhaal word.

“Dit is ook ondanks die bestuur se versekering aan die portefeuljekomitee oor kommunikasie dat hulle dinge sal omkeer. Ons het ook te hore gekom dat die huidige uitvoerende hoof vandag byna R4 miljoen per jaar verdien – dit is byna twee keer so veel as haar voorganger in 2020.”

Sy verdien R3,9 miljoen per jaar en nie-uitvoerende raadslede ontvang jaarliks altesaam R2,7 miljoen.

Daar is verder aan die DA onthul dat die Poskantoor tot dusver vanjaar verliese van R2,3 miljard gely het, terwyl die Posbank steeds R3,2 miljard geskuld word.

“In ʼn poging om kostes te besnoei oorweeg die bestuur om personeel se werksure te verminder – met ander woorde om hul salarisse te verklein.”

Volgens die voorstel sal skofwerkers, wat vyf dae per week werk, slegs drie dae per week werk. Diegene wat ses dae per week werk, sal slegs vier dae per week werk.

“Dit kom neer op ʼn verstommende 40% daling in bruto salarisbetalings,” sê Kholer Barnard. “Dit is niks meer of minder as konstruktiewe afdanking nie. As só kriminele besluit voortgaan, sal die DA dit by die openbare beskermer, die KVBA, en die departement van arbeid aanmeld. Ek word intussen ingelig dat die Valke se ondersoek oor die niebetaling van personeel se bydraes aan mediese fondse, pensioenfondse en die WVF in ʼn gevorderde stadium is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Theuns ·

Nog ‘n ramaposa deployed cadre en board wat nog ‘n SOE vernietig. DD sal beter president wees. Mpumalanga bewys dat geld wel reg spandeer waa wat nie met ramaposa die geval is.

Danie ·

Dis hoekom al die instansies bankrot is – onbevoegde mense in hoe posisies met hoe salarisse.

Christine ·

Dis ‘n skreiende skande dat onbevoegdes die staatkas so plunder. Die staat was pre-1994 gevul met goeie, harde, bevoegde werkers teen ‘n klein salaris wat die land gedien het. Ek staan verslae hoe die land ten gronde gaan met hierdie onbevoegde geldwolve.

Pannies ·

Die oorsaak van die gesukkel is swak bestuur. !!
Waarom moet n raadslid R2.7 mil pj kry? Dit is diefstal sonder om te werk.

Riaan ·

Die gaping tussen bestuur en die werker is heeltemal uit verband uit en dan nog is hulle onbevoeg. ‘n Mens wil nie altyd terug verwys na die ou tyd toe nie maar regtig alles het vervalle geraak in die land

Republikein in die Wes Kaap ·

Die poskantoor kan maar sy laaste deur sluit. Die plek is in die grond bestuur. Baie sleg vir gewone werkers wat net hul werk doen en hartseer vir pensioentrekkers.

pieterweskaap ·

Verskoon my beskeie opinie, maar daar is ‘n REUSE verskil tussen ONTVANG en VERDIEN!!!!

Tanniepetoors ·

Hoe regverdig enigiemand so ‘n salaris as die entiteit waarvoor jy verantwoordelik is se werknemers en pensioenarisse krepeer van ellende? Verdomde blatante arrogansie en korrupsie.

Sakkie ·

In Velddrif by die Weskus het die Poskantoor sommer toegemaak. Ons moet nou Vredenburg toe ry wat 25km van Velddrif gelee is. Swak

Andre ·

In geheel verdien ons dit want die meerderheid in die land verkies om minderwaardig en afhanklik te wees van die krummels wat die parasitiese aasvoëls aan hulle uitdeel

Erika ·

AL weer die Gulsige Vergrype.- dit is mos lekker om in magsposisie te wees -jy kan mos doen wat jy lus kry(solank jy net nie verantwoorbaar gehou word nie…).èn al die Perks.Ne

Mercedes0 ·

Ons poskantoor in Richardsbaai is al maande gesluit. Waar is daardie werknemers? Verdien hulle nog steeds hulle salarisse? Die Poskantore se diens is baie swak, jy staan lank in ry en dan sien jy hoe 6 personeel lede sit en grappies maak, maar net 1 persoon is in sy hokkie om kliente te help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.