Poskantoorstaking duur voort; doen só navraag

Argieffoto

Argieffoto

Die Poskantoor het Donderdag gewaarsku daar is steeds vertragings by sy possorteringsentra in Kaapstad, Pretoria en die groter Johannesburg-gebied weens onbeskermde stakings.

“Die pos in Gauteng is ongeveer vier weke agterstallig,” het die Poskantoor in ʼn verklaring gesê. “Dit is die gevolg van ʼn agterstand uit die vorige staking wat nog nie opgevang is nie.”

Die staking hou verband met die aanstelling van tydelike werkers in permanente poste. Die Poskantoor is glo reeds besig met dié proses.

Volgens die Poskantoor staak werknemers nie by die verskillende poskantore nie, maar ʼn aantal poskantore in Kaapstad en Johannesburg moes gesluit word uit vrees vir die veiligheid van sy klante en personeel ná dreigemente van geweld ontvang is.

Die Poskantoor se kliëntedienssentrum is ook gesluit en klante word versoek om ʼn e-pos na [email protected] te stuur om navraag te doen oor spesifieke posstukke. Klante word versoek om ʼn spoornommer by die navraag in te sluit.

Janras Kotsi, uitvoerende direkteur van die groep, het gesê die Poskantoor is daagliks in gesprek met vakbonde om die staking so gou as moontlik te beëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ian ·

Daar word vir ons gelieg! Hoekom word n ooreenkoms nie met die vakbonde geteken sodat hulle onmiddelik kan begin werk nie? Hierdie werkers moes al n jaar gelede volgens n hofbevel as permanente werkers aangestel gewees het, maar dit is nooit gedoen deur die korrupte ANC beheerde bestuur nie. Miljoene is verduister en toe onder die mat ingevee. Dit breek my hart dat ons, die kliente aan die kortste end moet trek. Hierdie land val teen n ongelooflike pas en die media is een van die grootste oorsake daarvan. Kan ons feite kry asb. Maroela? Nie BS soos hierdie nie…..

Theresa ·

Hou op daagliks te praat. Julle praat en praat en praat en niks word gedoen nie. Kry mense wat regtig wil werk…………… Julle mors net geld.

Nicolette ·

Ja van praat kom niks uitgesorteer nie.Daar is baie gewillige mense wat wil werk, maar nee n klomp luiaards wat net wil sit en eise stel is mos in elke departement.Ons land is besig om ten gronde te gaan.WORD WAKKER EN DANK DIE LUIES AF EN STEL MENSE AAN WAT WIL WERK OM n BETER LEWE TE HE.

johan van rooyen ·

Die onderilggende probleem met swak diens in alke staat en verwante organisasie is die feit dat vakbonde en politieke partye in regeringalliansie is. Die werkgewer kan nie teen werknemers optree nie. Verder het regstellende aksie tot gevolg dat omtrent almal in bestuur aangestel is bokant hulle vermoë. Ons kand is terminaal siek.

Boesman ·

Ek het my tracking nr na [email protected] gestuur, het ‘n read receipt gekry, maar verder niks.

Wat nou?

Hoekom is my reg om te WERK, minder belangrik as hulle reg om te STRIKE????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.