Poskantoorwerkers, gevangenes, buitelanders se ‘toelae’ kos SA miljoene

(Argieffoto)

Maatskaplike toelae van miljoene rande is sedert verlede jaar aan poskantoorwerkers, gevangenes en selfs buitelanders – wat nie daarvoor in aanmerking kom nie – uitbetaal.

Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het in antwoord op parlementêre vrae van die DA se Bridget Masango gesê die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa), betaal soms “onder buitengewone omstandighede” toelae aan mense wat nie daarvoor kwalifiseer nie.

Volgens die minister word die toelae verkeerdelik uitbetaal wanneer daar ʼn wanvoorstelling op die aansoek is.

Zulu sê Sassa het verlede jaar “moontlike bedrog” opgespoor in toelae wat aan altesame 1 768 poskantoorwerkers uitbetaal is. Die toelae het Sassa sowat R1,5 miljoen per maand gekos.

Nog 4 726 toelae ter waarde van sowat R7 miljoen per maand is aan buitelanders betaal, terwyl 105 gevangenes maatskaplike toelae ten bedrae van sowat R196 000 per maand ontvang het.

Zulu sê die stelsel is so ontwerp dat dit kan aanwys wanneer ʼn begunstigde vir verskillende toelae waarop hy of sy nie geregtig is nie, probeer aansoek doen. Om verdubbeling uit te skakel word só ʼn aansoek stopgesit.

Volgens die minister het die ouditeur-generaal (OG) wel voorvalle uitgewys waar begunstigdes aansoek gedoen het om die spesiale Covid-19-toelaag en terselfdertyd aansoek gedoen het om ander Covid-19-hulp wat deur ander staatsinstellings geadministreer word.

Die OG het 80 117 gevalle in die eerste drie maande waartydens die spesiale toelaag uitbetaal is, uitgewys en nadat die inligting verder nagegaan is, is bevind meer as 25 000 mense het ʼn R350-toelaag ontvang waarop hulle nie geregtig was nie. Die bedrag hieraan verbonde het meer as R8,7 miljoen beloop.

Zulu sê die departement het reeds begin met ʼn proses om die verliese te verhaal.

“Sodra die onreëlmatighede deur die OG uitgewys is, is die betaling van die spesiale toelae aan hierdie kliënte egter gestaak en die verlies aan die staat sodoende beperk.”

Volgens die minister het die departement reeds meer as 9,9 miljoen aansoeke vir die spesiale R350-toelaag ontvang. Die syfers wissel, maar tussen vier en ses miljoen van dié toelae is maandeliks uitbetaal sedert die toelaag beskikbaar gestel is.

Zulu sê navorsing wys die geld is hoofsaaklik gebruik om kos te koop. Dit het ook miljoene mense bereik wat voorheen nie op die departement se stelsel was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Pieter ·

Alles wat julle anc aan vat verander in gemors. En ons belastingbetalers betaal vir julle klomp narre se gemors.

Anel ·

Ek sê slegs belastingbetalers moet stemreg hê sowel as toelaes ontvang.

Johan ·

Sal 100% reg wees…maar.. dan verbrand hul helde weer our-people in protes daarteen. Ons weet mos hoe werk hulle.

Nie Verbaas ·

Die verliese te verhaal? Asseblief tog, wie dink ANC gaan dit glo? Hulle lieg sover as wat hulle gaan.

quartus ·

totale onbevoegdheid. inplaas daarvan om elke aansoek behoorlik na te gaan vvordat uitbetalings begin, word toelae eenvoudig dadelik uitbetaal en nou word rondgeskarrel om die geld te verhaal van die wat nie daarop geregtig is nie. red nou n volk met sulke mense.

Persheks Adri ·

Vir watter rede kan hulle nie werk nie soos ons nie? Mos lekker om geld vir niks doen nie te kry en net weer vir die ANC te stem pffft. Fire die minister en die hele lot wat so onbevoeg is! Ons gaan nooit weer daai geld sien nie nes ek die paashaas is

Neelsie ·

Nog ‘n onbevoegde minister wat geen idee het wat in haar departement aangaan!

Deon ·

Ons is werkloos want ons kan nie werk kry nie, terwyl net sodanige “essential services” in die inperking van toepassing was kon ons nie vir stukwerk gaan soek het nie. Dit is hoekom “hulle” nie kan gaan werk soos die ander nie.

Persheks Adri ·

Deon, ek’t dit glad nie bedoel op ons handjie vol mense nie die meerderheid is our people wat net bakhande staan en verwag dat hulle dit kry. Jammer as jy aanstoot geneem het!

Moedeloos ·

Wat my vies maak is dat ek vanaf Junie amper R30.00 pm meer moet betaal vir UIF terwyl krimenele die R350 voordeel kry.

Strandloper ·

My mond hang oop…Hoe is dit moontlik? Gevanginisse en en….. Aan die ander kant is daar geen pille vir onosselheid nie!

Sarel ·

Gazn die mense vervolg en die geld herwin word…seker nie
Is mos SA die.

annie ·

Antie Zulu klink nie te gestres nie… mos nie haar geld nie. Hoeveel ekstra note is gedruk gedurende die covid-uitbraak. Sou die minister van finansies weet, of iemand vernaam se seun, want laasgenoemdes se handjies is deesdae gereeld in die koekieblikke.

Antoinette ·

En Suid-Afrikaners wat dit werklik nodig het, het niks gekry nie.

Bart-Man ·

9.5 miljoen toelaes betaal. 5miljoen belasting betalers. G’n wonder ons is so moeg om vir almal te sorg nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.