Poskantoorwerkers staak

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het Dinsdag bevestig dat 270 tydelike werknemers tans aan ʼn onbeskermde staking deelneem.

“Nagenoeg 200 werkers staak in die Oos-Rand en Witspos in Johannesburg om steun te werf vir die erkenning van ʼn nuwe vakbond wat hulle gestig het,” het die Poskantoor in ʼn verklaring gesê. Altesaam 70 tydelike personeellede staak in Kaapstad.

“Die bestuur van die Poskantoor is in gesprek met verteenwoordigers van die betrokke personeellede om die staking onmiddellik tot ʼn einde te bring.”

Intussen geld die beginsel van “geen werk, geen betaling” vir alle werkers wat aan die staking deelneem.

Die Poskantoor het gesê posverspreiding in die betrokke gebiede kan tot 48 uur vertraag word, maar bedrywighede in die res van die land duur normaal voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Righard ·

hulle is tydelik werkers, kry net ander tydelike werkers wat wil werk en dank die lot af. hulle kan dan hulle werkersunie gaan stig op iemand anders se tyd en geld

Nick ·

Hul het ‘n goeie tyd gekies vir die staking. Dit is nie asof ek wag vir twee pakkies nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.