Poskantoorwerkers vaar strate in oor salarisse

Argieffoto

Argieffoto

Duisende poskantoorwerkers sal na verwagting Donderdag in Johannesburg opruk om vir hul volle salarisse te betoog.

Die poskantoor het vandeesweek bekend gemaak dat slegs 70% van werkers se salarisse betaal kon word weens voortdurende finansiële probleme. Die poskantoor het gesê hy sal poog om die uitstaande bedrae aan die einde van Oktober te betaal.

Die kommunikasiewerkersvakbond CWU, wat duisende poskantoorwerkers verteenwoordig, het egter gewaarsku dat al sy lede sal staak as hulle nie hul volle salarisse betaal word nie. Die optog word gedoen met die doel om druk op die poskantoor te plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Daniel ·

Ek sal dit nou nie kan kleinkry nie, hulle staak , maar daar is nie geld om hulle te betaal nie. Die poskantoor gaan nou nog geld verloor, en dan, hoe gaan hulle dan betaal word. Dis sulke goed wat maak dat mens moedeloos raak in die land!!

Paul ·

Dit is baie sleg om net helfde salaris te ontvang, maar plaas dat hulle deur druk en die vertroue in die poskantoor herstel, breek hulle die vertroue verder af en verseker miljoene rande se ekstra verliese. Dit terwyl ons, wie die kliente is, se eiendom gesteel en beskadig word!

Jz ·

Protes oor salarise.hulle is self verantwoodelik vir wat nou gebeur en wil staak om die probleem te veřerger.wel sny maar jul neuse af om beter te lyk en is oor n maand of twee somder n salares.slim mense!!!!!.

JJ ·

In die ou dae..Werk gekry, hard gewerk, oortyd sonder vergoeding, kurusse voltooi, buitemuurs geswot, self daarvoor betaal, bevordering gekry, of aansoek gedoen vir beter werk soos wat die geleenthede gekom het. In die nuwe SA….”struggle” om deur skool te kom, “struggle” om ‘n werk te kry….en net sodra jy werk het dan hou jy op werk (staak) om meer geld te kry, en as jy jou werk verloor, dan staak jy…om jou job terug te kry, en net sodra jy dit terug het, dan staak jy omdat ander nie hulle jobs terug gekry het nie,…. Die logika agter dit alles gaan my verstand te bowe……en tot op datum het my verstand nogal nie te sleg gevaar nie!!

Charlene ·

Kyk ek werk self vir `n plek wat die pos kantoor REGTIG nodig het, maar nou is almal se bekke vol oor die mense wil staak! Die mense wat vir die poskantoor werk het nie eens die helfte van hulle salaris ontvang nie. Ek sal ook staak. Daar is nie geld vir hulle salaris nie agv wanbestuur! soos met so baie goed in ons land. Ek sê dis reg! As snotkop kinders kan staak oor hulle ALLES verniet wil hê kan mense seker staak om hulle salaris te ontvang waarvoor hulle gewerk het. Dis nie die hoë koppe wat staak nie dis die gewone werkers wat staak, Eerlikewaar wie sal verniet dag na dag jou agterstewe afwerk net om te hoor “jammer daar is nie geld om jou te betaal nie” …… Nee wat ek sal ook dan strike.

EMK ·

Charlene, die probleem met al sulke staking is dat dit 99.99% gepaardgaan met eiendomsbeskadiging, anargie, aanvalle op onskuldiges en sulke goed. Goed dan, doen dit – maar by wie dit sal saakmaak – by die kaders se huise, die parlement ens. Moenie die onskuldiges altyd laat ly onder dit nie.

pop ·

Maak toe die poskantoor. Gee ander mense kans om n afleweringsdiens te begin

Rynhardt ·

Vandag berig die Burger dat die Kaapstad-stadion byna R2miljard kos vir belastingbetalers!Dan mag ons Afrikaners nie n toekoms he nie.Dan praat ons nie eens van al die onnodige stadions wat Anc laat bou het,regoor land nie!Dit kos ook miljarde waaroor die media stil bly.So kan jy werkers van poskantoor en Afrikaners vergoed teen wie Anc en DA diskrimmineer!SA word gevangene gehou deur twee Anc-partye.Ek is bevrees talle poskantoorwerkers gaan hul werke verloor en sekere poskantore gaan sluit.

EMK ·

Hoekom, hoekom, HOEKOM altyd die strate invaar en onskuldiges aanval en eiendomme beskadig en tekere gaan? Dis mos nie daardie mense se skuld dit gaan soos dit gaan nie? Verbrands, gaan parlement toe en bestorm die klomp daar, of hulle huise en goed – glo my hulle salk gou lusiter dan; los ons gewone ouens wat ook sukkel uit!

Lettie ·

As ‘n mens kyk na die berig se foto is daar duidelik nie geld nie want hulle ry nog met fietse rond – weereens die stakers bring al hulle vriende en familie saam om te betoog want dit is mos lekker

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.