Poste by hospitaal glo verkoop vir geld, seks

Die Bheki Mlangeni-hospitaal in Soweto. Foto: ANA.

Die departement van gesondheid in Gauteng het dissiplinêre verhore gehou in verband met 111 voorvalle waar werk te koop aangebied is by die Bheki Mlangeni-hospitaal in Soweto.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder vir gesondheid in Gauteng, het gesê dié skokaankondiging is Dinsdag in die Gautengse wetgewer gemaak deur LUR Gwen Ramokgopa in antwoord op ʼn vraag wat Bloom aan haar gestel het.

“Sy [Ramokgopa] het gesê vakbonde het bygedra tot die bekendmaking van dié reuse-werkslenter en dat die saak aan die Valke oorhandig is vir verdere ondersoek. Sake is ook aanhangig gemaak by die polisie oor werknemers wat geld ontvang het onder die valse voorwendsel dat hulle vir mense poste by die hospitaal kan kry,” het Bloom in ʼn verklaring gesê.

Volgens Bloom is al 111 sake, met die uitsondering van agt, reeds gefinaliseer. Dit het verskeie periodes van skorsing vir 98 werknemers, een demovering, ʼn paar afdankings en ʼn bedanking tot gevolg gehad.

“Die situasie was só sleg dat ʼn sluipmoordenaar [glo] gehuur is om die uitvoerende hoof van die hospitaal te vermoor – hy is egter gevang en is tans verhoorafwagtend,” het Bloom gesê.

Bloom sê hy is bekommerd dat die meeste werknemers wat betaal het vir hul poste by die hospitaal steeds daar werk. Volgens hom het die Bheki Mlangeni-hospitaal ʼn reputasie vir swak diens.

Bloom het verder aangevoer daar was verlede jaar ook aantygings dat ʼn senior bestuurder werksgeleenthede aangebied het in ruil vir seks, maar Ramokgopa het gesê niemand het nog na vore gekom en ʼn amptelike klag hieroor aanhangig gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Eish ·

Dit is deesdae n algemene verskynsel by staatsinstansies. Onderwys is ook n sprekende voorbeeld. Myne is dieselfde situasie. Die korrupsie het tot op die been deurgesuur in die helhool.

OMyWord ·

Ek kan nie besluit of ek moet lag, kwaad word of hartseer wees oor die groot gemors waarin alles verval het nie. Dit gaan ALLES oral net oor geld :(

OMG (no not THAT "G") ·

@OmyWord – jy moet huil. bitterlik, bitterlik huil – ween, kners op jou tande en skreeu!

Want ALLES, NET MOOI ALLES wat eens in hierdie land was, is ná 1994 deur die swart massa-regering verwoes!!!!!!!!!!!!!!! Alles waaraan hulle raak, verander nie in goud nie, maar in een groot hoop GEMORS, DEURDRENK VAN DIEFSTAL, KORRUPSIE, MISDAAD, ANARGIE, NEPOTISME …………

marous ·

Die regering is bloot te sleg en korrup om self hierdie goed uit te krap , en hakkel eers as buitestaanders dit op die lappe bring .

ZET ·

Dit is wat gebeur as mense mag kry en nie weet hoe om dit te hanteer.

STIENIE ·

EK WAS ONLANGS BY TSHWANE DISTRICT HOSPITAAL SE BUITE PASIENTE AFDELING VIR ‘N DOKTERS AFSPRAAK. AANGESIEN DIT DIE NORM IS OM HEELDAG TE SIT EN WAG OM BEDIEN TE WORD WEENS TREURIGHEID EN SWAK STELSELS, HET EK BAIE TYD GEHAD OM ALLES TE BEKYK. DIE STAFF VERPLEEGSTERS SIT IN DIE DOKTERS SPREEKKAMERS EN GESELS EN ONTSPAN. KORT-KORT GAAN EEN OP TEE. AF EN TOE VROETEL HULLE BIETJIE MET DIE PAPIER WERK OM BESIG TE LYK DAN SIT HULLE VERDER EN STAAR OF GESELSIES MAAK. DIE STUDENT-VERPLEEGSTERS LOOP IN DIE GANGE EN GRAPPIES MAAK EN GIGGEL. EN IS ARROGANT TEENOOR DIE PASIENTE. SO TE OORDEEL AAN DIT WAT EK WAARGENEEM HET KAN EK GLO DAT DIE INSIDENT GENOEM IN DIE BERIG WAAR KAN WEES ORAL OOR BY DIE HOSPITALE. JY KOOP VIR JOU ‘N JOPPIE, LOOP EN SPEEL HEELDAG EN VERDIEN STEEDS ‘N SALARIS. JYT NIE NODIG OM AAN ENIGE KRITERIA TE VOLDOEN OF ENIGE VEREISTES TE HE NIE, JY MOET NET DAAR WEES. TOE EK VERPLEEG HET, MOES ONS AAN STRENG VEREISTES VOLDOEN EN HOPE EKSAMENS EN TOETSE AFLE. DAAR WAS NIE TYD VIR ARROGANSIE, TREURIGHEID, LUIHEID OF ENIGE IETS NIE. OM TE VERPLEEG WAS ‘N TROTS EN ‘N ROEPING. VANDAG KOOP JY VIR JOU SO JOPPIE EN DAAR GAAN JY.

Alida ·

Le dit voor die minister se deur en lig sommer vir CR ook in.

koos ·

mense, ek weet hoe dit voel om werkloos te wees. jy doen aansoek en wag, doen aansoek en wag en tussenin gebeur NIKS. Werksonderhoude gebeur nie eens nie. So wat doen jy dan???

L Weber ·

Koos…jy is juis nie in staat om werk te kry nie a.g.v. mense in gekoopte posisies. Hulle sit daar in al hulle onbevoegde glorie en hou die mense wat die werk KAN doen uit poste, want hulle regering het alle logiese denke (hopelik is hulle daatoe in staat) by die deur uitgegooi die dag toe hulle die beheer geneem het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.