ʼn Poskantoorwerker is by haar huis in die Tsomo-omgewing in die Oos-Kaap ingewag en daar deur drie verdagtes oorrompel sodat sy vir hulle die poskantoor kon gaan oopsluit.
Kapt. Lariane Jonker, polisiewoordvoerder, sê die werker is Sondag omstreeks 18:50 glo onkant betrap deur die drie verdagtes wat haar by die huis ingewag het.
“Sy is onder dwang van haar huis na die poskantoor geneem waar ʼn bedrag geld gebuit is,” sê Jonker.
Die vrou is later in die omgewing van Coglain in Ngcobo afgelaai.
Die verdagtes is intussen steeds soek.
Die polisie het ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die voorval gedoen om die Tsomo-polisie by 047 488 0002 te kontak, of die polisie se Stop Misdaadnommer te bel by 08600 10111.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Ek hoop sy het hierdie storie van begin tot einde uitgewerk in haar mind,meineed is nogal ernstig
Ek was onder die indruk dat die Poskantoor bankkrot is?
Ai, nou hoe het die 3 geweet van die geld in die poskantoor. Regtig, dit raak elke dag al hoe groter sirkus
Hmm. My ma het my geleer, as jy niks moois het om te se nie, bly dan eerder stil. So ek volg hier haar raad.
Hoekom kan ek nie die gevoel skud dat sy deel is van dit nie???