Die soektog na George Nicolaas Dannhauser (37), ’n apteker van Potchefstroom in Noordwes, het tragies geëindig.
Dannhauser het Woensdag verdwyn terwyl hy en ʼn vriend op die Boskopdam geroei het. Sy liggaam is ʼn dag later in die dam gevind, naby aan die plek waar hy verdwyn het.
Kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, het bevestig Dannhauser se liggaam is Donderdag omstreeks 12:15 in die dam, sowat 20 km buite die dorp, gevind.
Maroela Media het vroeër berig Dannhauser het Woensdagoggend net na 08:00 op die dam gaan roei toe die voorval plaasgevind het.
Die vriend het vooruit geroei, maar teruggedraai en gesien dat Dannhauser se kajak leeg is. Daar was geen teken van hom nie. Die vriend het dadelik die polisie van sy verdwyning in kennis gestel. Die familie het kort daarna met ʼn soektog na hom begin.
Die polisie se duikspan is Woensdagoggend ontplooi en later het lede van die gemeenskap, ’n private helikopter en hommeltuie ook gehelp met die soektog.
Die soekspan het tot Woensdag omtrent 23:30 gesoek, maar die soektog toe vir die nag afgelas.
Tselanyane sê sy liggaam is Donderdag sowat 30 meter van die plek waar sy verlate kajak gewaar is, gevind.
Die polisie se ondersoek na die voorval gaan voort.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Klink vir my verdag.
Dit is tralies.Hoekom kry ek die idee veiligheidsbaadjies is ook nie meer veilig nie.
Ai dis so hartseer! Soveel seer rondom ons & van hoeveel weet ons nie eers nie. Meegevoel aan almal wat vir hom lief is
Dit klink asof hy uit die kajak geval het. Hoe Boskopdam nou lyk is nie seker nie, maar dekades gelede was dit ‘n woud van watergras. Waarskynlik steeds. ‘n Blote raaiskoot, hy kon vooroor gebeur het om watergras weg te druk, of iets van die aard, en uit die kajak geval het.
Tragies…..