Potch-kunstefees bly ‘Aardklop’

Argieffoto

Argieffoto

Die kunstefees wat vanjaar vanaf 4 tot 9 Oktober 2016 in Potchefstroom aangebied word, sal steeds as “Aardklop” bekend staan.

Die Aardklop Stigting en die nuwe Potchefstroom Kunstefees het in ʼn gesamentlike verklaring bekend gemaak dat hulle ʼn ooreenkoms bereik het oor die Aardklop-handelsmerk.

Adv. Louise Barretto, voorsitter van die Aardklop Stigting, het verduidelik die Aardklop-name en -handelsmerke word ter goeder trou teen uiters redelike koste aan die nuwe Potchefstroom Kunstefees beskikbaar gemaak.

“Die Aardklop-handelsmerk word sterk met Potchefstroom en die kunste geassosieer, en die Aardklop Stigting wou dit graag erken, en sy dank vir sy 18-jaar verbintenis met die gasheerdorp so bevestig,” het Barretto gesê. “Die Aardklop Stigting vertrou dat die nuwe fees dit in ʼn gees sal aanwend wat altyd gehalte en vars aanbod in die kunste-omgewing sal help ontwikkel en uitbou.”

Japie Gouws, woordvoerder van die nuwe Potchefstroom Kunstefees, het sy dank teenoor die Aardklop Stigting uitgespreek, vir die wyse waarop die gesprekke kon plaasvind en ook die goeie gesindheid wat in die proses ervaar is. “Dit toon weer eens dat daar genoeg goedgesindheid bestaan teenoor inisiatiewe wat goed is vir die kunste en Afrikaans,” het hy gesê. “Die afhandeling van die proses sal ook baie vir Potchefstroom en alle belanghebbendes in Potchefstroom beteken.”

Lees alle vorige berigte oor Aardklop op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Stan ·

Goeie nuus. Kan net hoop dit bly steeds op die Pukke se jool terrein. Die bult met al sy dwelm handelaars is ‘n swak venue. Jool terein bo.

Potcher ·

Bult terrein baie meer gesellige atmosfeer. Bly hulle is terug daar. Jammer dat Aardklop eers met skokaankondiging tot n einde moes kom voor onderhandelinge vir die voortbestaan van die fees kon plaasvind. Pogings om die fees te laat voortbestaan kon seker vooraf aangepak gewees het.

Marie de Bruyn ·

Ek stel belang in n stall stalletjie by die fees. Kan iemand na my terugkom in die verband.

Baie dankie
076 557 5950

Landi Slatter ·

Dagsê Marie,

Jy kan gerus ‘n e-pos stuur na [email protected]. Die sluitingsdatum vir die aansoeke is 24 Junie 2016.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Tonia Du Toit ·

Goeie dag,
Ek sal net graag besonderhede wil kry van die kontak persoon van Aardklop inverban met die voertuie wat by ons gehuur word. Ek kan gekontak word by 011 475 2558 of per epos. Dit sal hoogs waardeur word. Baie dankie

Sune van Heerden ·

Dagsê Tonia

Maroela Media is ‘n Afrikaanse nuuswebwerf en is glad nie betrokke by die reëlings of organisasie van Aardklop nie.
Kontak die organiseerders gerus direk of stuur ‘n e-pos na [email protected]. Ons het ongelukkig geen verdere besonderhede beskikbaar nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.