Potch-paartjie stukkend ná seuntjie se waterdood

Nathan Delport by sy ouers, Johnny en Suzette. Foto: Facebook

Nathan Delport by sy ouers, Johnny en Suzette. Foto: Facebook

Die seuntjie van Potchefstroom wat Maandag by sy ouerhuis in die swembad verdrink het, word Saterdag begrawe.

Die 17-maande oue Nathan Delport het in die swembad beland nadat iemand vermoedelik die hekkie van die heining om die swembad oop vergeet het. Jo-Anne Delport, Nathan se ouma, het aan Maroela Media vertel die gesin bly in ʼn woonstel agter in Nathan se ander ouma se erf.

Nathan het die middag by sy ouma en gekuier en met sy niggies gespeel. Suzette, sy ma, was in die woonstel besig om kos te maak en het oorgestap na die hoofhuis om Nathan te gaan haal. Toe sy hom nie in die huis kon kry nie, het sy dadelik swembad toe gehardloop, waar sy hom in die water sien dryf het met sy gesig na onder.

“Sy het hom uit die water gehaal en dadelik probeer om mond-tot-mond-asemhaling toe te pas, maar dit was te laat,” het Jo-Anne gesê. Hulle het met Nathan na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas, waar dokters gespook het om hom te probeer bybring. Hy is egter by die hospitaal dood verklaar.

“Ek dink hy was reeds dood toe Suzette hom uit die water gehaal het. Hy kon baie lank in die water gewees het, want hy was ten minste ʼn halfuur onder haar oë uit. Sy ander ouma het gedink hy is maar daar in die huis rond, want hy was ʼn besige mannetjie,” het Jo-Anne gesê. Sy het ook gesê dat die familie nie oor die swembad bekommerd was nie, omdat daar ʼn heining om was om die kinders uit te hou.

Volgens Jo-Anne is haar seun, Johnny (27), gebroke na sy enigste kind se dood. “Dit is ʼn deel van sy lewe, ʼn deel van hóm wat net nie meer daar is nie. Hy hanteer dit glad nie goed nie,” het sy gesê. “Suzette het nog nie eintlik uiting haar emosies gegee nie. Sy is net baie stil. Ek dink die skok en trauma van Nathan se dood is nog te veel vir haar om te verwerk.”

Jo-Anne het gesê hulle sal Nathan onthou vir die vriendelike en tevrede seuntjie wat hy was. “Hy was baie soet en so vriendelik. En hy was mal oor water en wou altyd in die bad speel met sy speelgoed,” het sy gesê. Sy het namens die familie almal bedank vir hul boodskappe van ondersteuning, asook almal wat bygedra het tot die begrafniskoste. “Dit beteken vir ons so baie en ons waardeer elke oproep en SMS.”

Nathan sal om 12:00 uit die Gereformeerde Kerk Potchefstroom begrawe word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

bettie ·

Ai dit is so baie hartseer baie sterte vir die famile en God ssl jul deur die tyd dra wat voor le baie sterte vir julle baie jammer om te hoor shame

Vanita Basson ·

Baie sterkte aan die ouers en familie van klein Nathan vir more, rus sag by Jesus klein engeltjie xxx

Strydom-:Stryslim eerder ·

Wat n nagmerrie…elke ouer se vrees! Sterkte, almal se harte is seer saam julle

Beatrix Stevens ·

Stukkende Hart”’ geen woorde”’ so jammer om te verneem”’ Mag God jul dra deur hierdie Hartseer en moelikke tyd”’ mag jul vertroos word met die wete… dat God hom styf vas hou en bewaar…. Niemand kan die seer vir jul wegvat, niemand kan klein Nathan se plekkie inneem… Baie sterkte aan jul as ouers… Mag jul berusting vind…

Theodeen ·

Sit ek snot en trane terwyl ek hier lees, ag dis so tragies. Sterkte aan sy familie, mag God jul die berusting gee wat julle nodig het en dat Hy julle sal dra. Rus sag klein mensie.

Gwen ·

Wat ’n tragiese ding! My sipmatie gaan uit aan die Delports.

Adele ·

Baie hartseer. Rus sag liefste Engel en baie sterkte aan Mamma, Pappa en familie – ons harte gaan uit na julle. Dit is uiters belangrik om klein kindertjies van n baie jong ouderdom by n behoorlike swemskool in te skryf waar hulle van die begin af ook geleer word om waterveilig te wees en basiese tegnieke wat hul lewe kan red sou hulle in n swembad val.

Adele ·

Baie hartseer – n fratsongeluk gebeur so vinnig. Rus sag liefste Engel en baie sterkte aan Mamma, Pappa en familie – ons harte gaan uit na julle. Dit is uiters belangrik om klein kindertjies van n baie jong ouderdom by n behoorlike swemskool in te skryf waar hulle van die begin af ook geleer word om waterveilig te wees en basiese tegnieke wat hul lewe kan red sou hulle in n swembad val.

Poppie ·

Kan die Here dank dat my dogter 22 jaar terug lewe en normaal is na sy laaank onder die water was. Haar boetie wat ook nie kon swem, het haar probeer red. Amper al2 my kids verloor. In n oogwink verdwyn hulle onder jou oë uit. Sterkte aan die ouers.

suzette ·

wie het hierdie boodskap geplaas ek soek n kontak nommer asb!! my kind het verdrink ja, maar wie ookal jy is wat hierdie snert storie aan di hele potchefstroom uitgeblaker het kry jy nie skaam vjuself nie?? wie is jy wie gee jou die reg om mense se persoonlike lewens wat absoluut niks met jou yt te wai het ni so te bespreek huh? jy het die storie buitendien helemal verkeerd en verkeerde kerk! my magtag!! ek soek jou kontak nommer asb want ek gaan nie vir een oomblik toelaat dat jy my my man en ons familie se lewens so verwoes en verneder nie!!!

Nicole ·

Dear Suzette,
My sincere condolences to u and ur family.
I have been where u r 3 years 10 months ago. Please find me on Facebook. Nicole Vermaak.
Fly high angel Nathan, soar the Heavens with my Sethy. Rest in peace lil one. God’s beautiful angel

Nico Strydom ·

Dagsê Suzette

Dankie vir jou boodskap en eerstens baie jammer oor julle verlies. Soos in die berig gemeld word het ons met Jo-Anne Delport, Johnny se ma en Nathan se ouma, gepraat en is die inhoud van die berig so aan ons oorgedra. Indien jy van mening is dat daar foute in die berig is kan jy my gerus kontak by [email protected].

Nogmaals jammer vir julle verlies
Vriendelike groete
Nico Strydom
Nuusredakteur: Maroela Media

ria ·

So. Hartseer vir julle ken di seer om n kind teverloor het 2 kinders in 2dae verloor my hart gaan uit na julle toe God sal julle hier deur help

linda ·

Daar word van berig self gepraat. Inligting is nie korrek deurgegee nie. Daar is nie met ouers of enige familie gepraat nie. Ouers sal graag wil weet wie dit was.

Cheryl ·

Lees mooi, Linda. Maroela Media het met die ouma gepraat.. Lyk my niemand lees die berig ordentlik nie.

Streicher ·

Met ander woorde. Maroela het n berig geplaas sonder dat hulle die werklike feite by die familie gekry het? Indien dit die geval is, sal ek en ander lesers graag wil weet wie die skuldige partye is.

Gideon ·

Suzette jy hoef nie skaam te wees oor dit wat gebeur het nie, dit was ‘n vreeslike tragedie en moet ‘n les wees vir ons almal. Ons almal voel saam met julle familie die verlies, baie sterkte!!

Cheryl ·

Skokwekkend om te dink dis die ouma self wat so vining gehardloop het vir ‘n berig. Tog kan ek die ma se ontsteltenis verstaan, want die opmerking “30 min onder haar oë uit, (laat dit klink of sy nie na haar kind omgesien het nie)”
Sterkte aan Suzette, Johnny en die familie met jul verlies. Mag die Here jul Vertrooster in die hartseer tye wees.

linda van der merwe ·

Skokkend om te dink dat dit ‘n ouma was ……en dat berig sonder ouers se medewete en toestemming geplaas is. Het berig goed gelees Cheryl ouma het eers ontken dat dit sy was. Kan Suzette en jonathan se ontsteltenis verstaan.

Ekke ·

Baie jammer oor die verlies van julle engel kind..Ek persoonlik dink maak nie saak wie met wie gepraat het oor wat nie n kind is weggeneem van die ouers..En soos ouma se 30min?? Ja dit is baie lank vir so jonk kind sonder toesig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.