Potch-rugbylegende dood in huis gevind

Sias Willemse en sy vrou, Tobianna (Foto: Tobianna Willemse, Facebook)

ʼn Bekende oudrugby- en -krieketspeler van Potchefstroom se liggaam is Dinsdag in sy huis op die dorp gevind. Hy is met twee skietwonde in sy nek aangetref.

Kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die 74-jarige Sias Willemse se liggaam laatmiddag in sy huis in Bailliepark in Potchefstroom gevind is.

“Ons kan bevestig dat hy twee skietwonde in sy nek gehad het. Verskeie dasse was ook om sy nek vasgebind.”

Volgens Botma was die polisie se forensiese span tot laataand op die toneel.

“’n Moorddossier is in hierdie stadium oopgemaak, maar dit kan dalk nog verander.”

Botma sê die polisie kon nog nie vasstel wat in die huis vermis word nie. Sy sê Willemse se kluis was oop aangetref, maar dit lyk nie asof dit oopforseer is nie.

“Verskeie jaggewere is in die kluis gevind. Ons kan nog nie sê of daar ander vuurwapens uit die kluis vermis word nie.”

Willemse word beskryf as ʼn “groot rugbygees en ywerige krieketman” en ʼn ware “Potch-legende”. Hy is ʼn oud-Puk- en Wes-Transvaalse krieketspeler. Hy het ook op sy dag die Potch-Dorp-rugbyklub as kranige speler op die veld verteenwoordig.

Die Potchefstroom Dorp Rugbyklub en SupaRugby-rugbygroep het op Facebook hul medelye met Willemse se familie en vriende betuig.

“Ons neem swaar afskeid van Oom Sias en sal Oom altyd onthou,” lui die inskrywing van die Potchefstroom Dorp Rugbyklub.

Medelye van ou skoolvriende van Willemse het op Facebook ingestroom.

“Hy was ʼn fantastiese sportman, briljante rugby- sowel as krieketspeler. Ons was saam in Volkskool Potchefstroom, en saam in die Jack Pauw-koshuis. Hy het ook later saam vir Potch-Dorp rugby gespeel en sy vrou het Springbokklere in netbal behaal. Sy dogter was ook ‘n briljante sportvrou. Sias, gaan jou mis my mater. Ek het ʼn vreeslike groot agting vir jou gehad,” skryf ʼn ou skoolvriend van hom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Werner ·

N persoon skiet homself nie in die nek nie.Glo hulle kan maar die moorddosier net so los

Francois ·

Ek dink nie dit word bedoel dat hy homself in die nek geskiet het nie – ek dink die opmerking bedoel dat roof of ander oortredings ook bygevoeg kan word

Kokkie ·

Nou gaan ons weer hoor: ‘Genoeg is genoeg’. Totdat die volgende witmens gruwelik gemartel en vermoor word. En niks word daaraan gedoen. Nee wat, witman. Jou dae is getel in hierdie land wat jy met bloed en sweet opgebou het. Binnekort is daar net as en ruïnes oor. En die wêreld draai sy kop weg.

Louis ·

Ja, en so sal elke liewe witmens aan sy einde kom. Dit wag ook vir ‘n ieder en ‘n elk van ons. Dit kan vannag, more of oor ‘n week wees, maar kom sal dit kom. Die blanke in hierdie land sal aanstonds totaal uitgewis wees. Ons is soos skape wat na die slagpale gelei word.

Melanie ·

Moorddossier is oopgemaak maar dit kan dalk verander? hoe skiet n ou homself 2 keer in die nek?? Natuurlik is dit moord… genade ons land darm…. geen wonder ons word beskou as n mislukte staat nie!!

Kokerboom ·

“n Oproep aan ALLE redelike vredeliewende mense in die land, behalwe die wat met ANC heul, wil jul nie maar opstaan en die regerende regime tot finale verantwoording roep?!!!Dis waaragtig NOU tyd!!Of het die verlammende gif van die anc spinnekop jul al so aangetas dat jul magteloos toekyk?

Mary Charlotte ·

Innige simpatie aan ‘n mede Swartlander, ons bid dat ons Vader jou en die familie sal dra in hierdie hartseer tyd xxx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.