Potch se “ebola”-man sterf

potchefstroom-hospitaal

Die ingang van die Potchefstroom-hospitaal. Foto: Google Maps

ʼn Man van Potchefstroom in Noordwes wat onder kwarantyn geplaas is nadat hy tekens van hemorragiese koors getoon het, is oorlede.

“Die pasiënt is vanoggend oorlede,” het Tebogo Lekgethwane, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, Vrydag gesê. “Volgens spesialiste is die oorsaak van sy dood septisemie (bloedvergiftiging), bloedklonte en orgaanversaking weens ʼn bakteriële infeksie.”

Die 72-jarige man het Woensdag na-ure by die hospitaal opgedaag en van koors, tamheid en ʼn hoes gekla. Hy is Donderdagoggend na die Klerksdorp-hospitaal se eenheid vir hoogsaansteeklike-siektes oorgeplaas.

“Bloedtoetse is by die hospitale in Potchefstroom en Klerksdorp gedoen om die ware diagnose te bepaal,” het Lekgethwane bygevoeg. “Die pasiënt is vir ʼn bakteriële infeksie behandel terwyl daar gewag is vir uitslae van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes om hemorragiese koors uit te sluit.” Die bloedtoetse was negatief vir MIV, Kongokoors en malaria.

Die man en personeel by die hospitaal is dadelik onder kwarantyn geplaas omdat daar aanvanklik gevrees is dat hy moontlik ebola kan hê. Die man was egter nog nooit uit die land nie en die departement het Donderdag ontken dat hy vir ebola behandel word. Woordvoerder Joe Maila het aan eNCA gesê die man word vir ʼn hoë koors behandel wat nie verband hou met ebola nie.

Volgens die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) is 3 439 mense reeds dood sedert die ebola-uitbreking aan die begin van die jaar in Wes-Afrika.

Klik hier om alle vorige berigte wat met ebola verband hou, te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kitty ·

Hy hoef nie uit land te gewese het nie om Ebola op te doen nie. Nigeriers en ander Afrika bewoners in en uit land soos en wanneer hul wil. Hy kon by een van hulle dit op gedoen het

Adriana Stuijt ·

As jy daardie beweerde sterfsyfers van die (Derde-) Wereldgesondheidsorganisasie glo, is jy maar baie naief. Voorbeeld: nadat Sierra Leone mense beveel het om drie dae binne te bly, het hulle 97 liggame opgetel van mense wat aan Ebola gesterf het. Nou werk dit self uit: hoeveel mense het dus gesterf weens aanraking met daardie 97 persone? En dit was maar een land. In Liberië het mense getwitter dat daar ‘honderde mense dood op strate’ gelë het en fotos gewys. Ag nee weet, nadat die Wereldgesondheidsorganisie oorgeneem is deur professionele internasionale politiek-korrektes, het hulle vergeet hoekom hulle daar is en het hulle ALLE protokolle wat so sorgvuldig opgestel was deur Suid Afrika se viroloë soos Prof Margaretha Isaacson, doodeenvoudig weggegooi. Die eerste advies wat hulle weggegooi het is dat ALLE mense wat kontak gehad het met Ebola pasiënte, nie alleen in isolasie moet wees vir twee weke nie, maar dat hulle ALLEEN in isolasie moet wees – nie saam in ‘n groot tentekamp soos die WHO nou die mense hanteer in Wes Afrika nie. Dis nogal logies: die mense steek mekaar aan in daardie tentekampe as hulle saam daar sit – sommiges sal geïnfekteer wees en sommiges nie. Hierdie plaag het uitgebreek om die arrogansie van die politieke-korrektheid van WHO af te straf. Suid-Afrika se riglyne is egter nog in stand gehou. En nou maar bid dat die politieke korrektheid van die huidige regering nog nie daardie ‘apartheid-era’ se voorskrifte weggegooi het nie – maar dit lyk nie so nie. Dit is BAIE verstandig om enigiemand met sulke simptome onmiddellik in isolasie te plaas. Eintlik moes al die mense wat met hom in kontak was ook apart in isolasie gewees het as voorsorgmaatreël totdat hulle die uitslae van die toetse gekry het. Voorkoming in die geval van Ebola, is ALTYD beter want daar is GEEN ‘genesing’ nie. Sommige mense kan daarvan herstel en dan is die BLOEDPLASMA van die pasiënte baie waardevol om Ebola-pasiënte mee te behandel… Soos Prof Margaretha Isaacson self uitgewerk het toe sy die eerste Kongokoors- en soortgelyke virus-siektes in die Kongo en elders behandel het. Sy het HAARSELF geïnfekteer en was so siek soos ‘n hond in isolasie terwyl sy haarself behandel het met die BLOEDPLASMA van herstelde pasiënte. Dis ‘n storie wat in ‘normale tye’ vir haar die Nobelprys vir Medisyne sou verskaf het weens haar briljante gees en haar moed. Maar omdat sy ‘n Suid-Afrikaner van Nederlandse afkoms was, het dit natuurlik nooit gebeur nie.

Linda ·

Koors is dan juis waarvoor mense ge’screen’ word op die lughawens, as een van die eerste tekens dat hulle Ebola onder lede kan hê, hoe kan Joe Maila sê dis nie ‘n simptoom van Ebola nie?! Die WHO sê:
“First symptoms are the sudden onset of fever, fatigue, muscle pain, headache and sore throat.” Die pasiënt het koors en tamheid gehad. Ek weet nie of ons gerus kan wees in die vlak van gereedheid in SA vir dié siekte nie……

Karin ·

Ek begin wonder of hy nie regtig Ebola gehad het nie, ons bly in Delmas en daar was n tyd dat ons dokters ook nie mag gese het daar is tifoud in ons water nie. Hulle sal nou weer wag dat daar 200 mense doodgaan voor hulle se dit is wel in SA

Sjert ·

Stem saam.
In die lig van hul bewese onvermoëns, leuens, diefstal, korrupsie ens wat hierdie siele dag vir dag openbaar, glo ek nie ‘n enkele woord wat hulle kwytraak nie.
Hul Kubaans-0opgeleide kwakke is in ieder geval nie instaat om enige ingeligte opinie uit te spreek nie.

Stina ·

Ek het geen vertroue in ons gesondheidsdienste, veral Potchefstroom nie. Ek was n paar weke terug in Potchefstroom na die ongevalle eenheid vir hoë koors nadat ek deur n doktor gediagnoseer is met duitse masels (sonder enige bloed toetse). Die doktors by die hospitaal het my waargeneem en gesê daar is niks wat hulle kan doen nie – ek moet “die golf vat en hom ry”. Nadat ek gekla het van intensiewe gewrigs pyne en gesukkel het met asemhalings probleme het hulle egter bloedtoetse gedoen en my huistoe gestuur. Twee dae later was ek in Klerksdorp opgeneem vir omtrent n week vir n virale en bakteriele infeksie, die doktors kon egter geen bloedtoets uitslae vanaf Potch kry nie. Nou wonder ek waarom het hulle dan juis my bloed getrek?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.