Potch-stortingsterrein ontaard in ‘morsige ramp’

Só lyk die Potchefstroom-stortingsterrein. (Foto: Verskaf)

Die burgerregteorganisasie AfriForum sê die eens knap bestuurde Potchefstroom-stortingsterrein is aan’t agteruitgaan nadat ʼn nuwe kontrakteur skaars drie maande gelede die bestuur van die stortingsterrein oorgeneem het.

AfriForum se Potchefstroom-tak het einde verlede maand ʼn skrywe oor dié beweerde agteruitgang aan Kgomotso Kumbe, die munisipale bestuurder van die JB Marks- plaaslike munisipaliteit, gestuur waarin die organisasie antwoorde eis oor die situasie by die stortingsterrein én die aanstellingsproses van die nuwe kontrakteur.

Die tak het egter nog geen terugvoer sedert 27 November ontvang nie.

Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder in die Mooirivier-streek, sê die aanstelling van die nuwe kontrakteur is onrusbarend “want ten spyte van die feit dat daar puik plaaslike kontrakteurs beskikbaar is, is ʼn nuwe kontrakteur van Mpumalanga aangestel.

“AfriForum eis dringend antwoorde oor die aanstelling van hierdie kontrakteur wat duidelik nie die goeie werk gaan lewer wat die vorige, plaaslike kontrakteur gelewer het nie.”

Só lyk die Potchefstroom-stortingsterrein. (Foto: Verskaf)

Pretorius sê die stortingsterrein het onder die bestuur van die vorige kontrakteur ʼn nakomingspunt van 94% behaal in AfriForum se vullisterreinoudit wat in Augustus uitgereik is. “Dié punt toon dat die terrein in bykans elke opsig aan die minimum wetlike vereistes van stortingsterreine voldoen het. Die kommerwekkende aspek is dat dinge hier handomkeer verander het en nou, skaars drie maande later, ernstige agteruitgang beleef.”

Só lyk die Potchefstroom-stortingsterrein. (Foto: Verskaf)

Pretorius sê ook dit is duidelik dat daar nie behoorlike afvalbestuur toegepas word nie. “Vullis lê ver buite die afgebakende gebied van die stortingsterrein verstrooid; op die terrein self is daar ook veel meer vullis as wat voorheen die geval was; en ’n vullissel wat volgens bronne reeds vol is, is nou weer in gebruik.

“Die aantal onwettige herwinningswerkers op die terrein het ook met rasse skrede toegeneem, terwyl verskeie gevalle van aggressie deur dié mense teenoor lede van die publiek al aangeteken is.

“Dit kom intussen voor asof die munisipaliteit die morsige ramp wat nou by die stortingsterrein afspeel, oogluikend toelaat.”

Só lyk die Potchefstroom-stortingsterrein. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Net-my-opinie ·

Moenie worry nie, ANC is in beheer! En steeds wil hul regeer desondanks hul patetiese werksprestasie en wil ook steeds voortgaan en volhard met hul absurde rasse wetgewing. Mag hulle diktatoriale heerskappy tot ñ einde kom.

Yvonne ·

Die strop trek nouer…hulle wat hulle blindstaar teen magsgebruik etc…..hulle vergeet WIE is KONING

Charles ·

Wat in hierdie land is nie in totale gemors of verval nie. Alles maar alles danksy die cANCer!! ????

Kokerboom ·

Werk hul sake vir hul Afriforum. Frustreer hul en gee hul slapelose nagte!

Suzette ·

Een van vele. Bloemfontein se stortingsterreine is in net so toestand.

Marius ·

Ek is glad nie verbaas oor die verval nie , kyk na die res van die land en wie in beheer is.
Eskom
Hospitale
Skole
Munisipaliteite
SAL
ens , ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.