Potch-student by MRK verkla oor ‘rassistiese’ Swart Maandag-plasing

Phomolo Maoba. Foto: Via Facebook

Die VF Plus het die Menseregtekommissie (MRK) versoek om ʼn klag van haatspraak te ondersoek teen ʼn student van die Noordwes-Universiteit (NWU) aangaande uitlatings wat sy oor die Swart Maandag-protesaksie op haar Facebook-blad gemaak het.

“Om swart te dra sal niks help nie, want julle sal vermoor word nes jul baas Terreblanche” (sic) – lui ʼn inskrywing in Engels wat skynbaar Maandag op Phomolo Maoba se Facebook-blad verskyn het.

Talle sosialemediagebruikers het dié opmerking met verontwaardiging bejeën, dit as rassisties bestempel en van die NWU geëis om stappe te doen aangesien sy aan dié instelling se Potchefstroom-kampus studeer. Sommige gebruikers het ook met haatspraak en dreigemente gereageer.

Michal Groenewald, leier van die VF Plus in Noordwes, het Vrydag gesê Moaba se uitlating is blatante haatspraak en die klag is by die MRK aanhangig gemaak “aangesien die VF Plus dit nie sal duld nie”.

“Al het Moaba haar kommentaar van die blad verwyder en om verskoning gevra, is die skade reeds gedoen. Suid-Afrika is op ʼn mespunt wat rassepolarisasie betref en ons kan net eenvoudig nie meer sulke uitsprake aanvaar nie,” het hy gesê.

“Sulke uitlatings is uiters onverantwoordelik en onaanvaarbaar in die vry en demokratiese samelewing wat Suid-Afrika veronderstel is om te wees. Die VF Plus het die MRK gevra om die voorval as ʼn saak van dringendheid te ondersoek en sal dit nie laat vaar totdat daar teen Moaba opgetree word nie,” het Groenewald gesê.

Maroela Media het Dinsdag berig prof. Fika Janse van Rensburg, adjunkvisekanselier van die Potchefstroom-kampus van die NWU, het Dinsdag bevestig die NWU is bewus van die eienaar van die Facebook-blad se uitlating en nodige maatreëls word getref, “soos wat ons in al sulke gevalle doen”.

“Ek en die student was in gesprek. Sy word aangekla en die verhoor sal spoedig plaasvind. Dit is nou belangrik dat die vuur wat sy aangesteek het, nie verder gestook word nie,” het Janse van Rensburg gesê.

“Ek vra dus van almal om verantwoordelik kommentaar te lewer en die dissiplinêre proses sy gang te laat gaan.”

Maoba het intussen verskoning gevra vir die plasing: “Swart Maandag-boere. Ek is so jammer vir elke ongeskikte kommentaar wat ek geplaas het. Dit is nie reg vir enigeen om dit te plaas nie. Ek is innig jammer.”

Janse van Rensburg het gesê kommentaar in reaksie op Moaba se plasing gaan ook ondersoek word.

‘n Skermskoot van die uitlating.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Ella ·

Het sy n beurs? Hoekom verloor sy ook nie ook al haar voordele nie ala die Pretoria studente

Johan ·

Dit gaan interessant wees om te sien wat hiervan gaan word.

Cherokee ·

Ek gaan vra dat jou tipe kommentare gesensor word of ten minste na Malema & kie gestuur word vir gebruik. Ons kan daarsonder.

louisepretorius ·

Die wat van nouaf haatspraak lewer se tonge moet uitgesny word.

A Mac ·

Ek hoop die saak word met sukses deur die MRK hanteer. Ek dink hierdie saak sal bepaal of die MRK werklik onpartydig is.

Gert ·

Nou horkom word sy nie summier geskors soos die wit meisies wat hul swart geverf het nie???

Johan ·

As ek reg onthou het hulle hulself pers geverf, in ooreenstemming met die reg op persvryheid. Die geleentheid was ‘n kostuumbal en hulle tema iets soos ruimtewesens.

DEON ·

Baie baie maklik om jammer te sê……skade is gedoen en die saad is geplant dat vrugte geoes gaan word. Hierdie mense is baie maklik beinvloedbaar vir sulke uitsprake.

DEON ·

As die dissiplinêr teen haar beslis, gee haar gemeenskapsdiens……sy moet toilette skoonmaak in die township in Potch.

C+T ·

Verskoning word nie aanvaar nie. Die universiteit moet haar nie met handskoene hanteer nie. Sy moet geskors word -geen eksamen vir haar in 2017! Dit sal regverdige straf vir rassisme wees as in ag geneem word ander persone het hulle werke verloor vir soortgelyke onnadenkende, verdelende aanmerkings. Maak maar ‘ n voorbeeld van die dame. ‘n Duidelike boodskap van “no tolerance” vir haatspraak moet uitgestuur word. Laat almal besin en saamwerk vir ‘ n beter SA

Mariette Hammann ·

Ek eis dat sy dadelik geskors word. Sy het nie net iemand beledig nie, maar gedreig dat die Blankes vermoor gaan word, soos Eugene Terreblanche. Haar oortreding is BAIE ernstiger as al die ander studente s’n en hulle is summier geskors. Ek sien dit as ‘n belediging teenoor alle Blankes, teen wie die haatspraak gerig is, as sy toegelaat word om haar eksamen klaar te skryf.
Ondersteun asseblief die FB groep EIS DAT PHOMOLO MAOBA GESKORS WORD.

Leahim ·

Vicky momberg is vandag gestraf waneer is dit pomolo se beurt?

Isabel ·

Dis n vraag waarop ek ook vir die antwoord wag. Ons kyk hoe regverdig die saak nou hanteer gaan word.

C+T ·

Verskoning word nie aanvaar nie. Die universiteit moet haar nie met handskoene hanteer nie. Sy moet geskors word -geen eksamen vir haar in 2017! Dit sal regverdige straf vir haatspraak wees as dit vergelyk word met die Tuks studente. NWU maak maar ‘ n voorbeeld van die dame. ‘n Duidelike boodskap van “no tolerance” vir haatspraak moet uitgestuur word. Laat almal besin en saamwerk vir ‘ n beter SA.

A ·

Sy het mos nou gesê sy is jamner en daar gaan niks aan hasr gedoen word nie

Anoniem ·

Moet nou asb net nie dubbel standaarde toepas nie, wat vir die een geld, geld vir almal ! Laat die een wat hom/haar skuldig
maak aan haatspraak SWAAR gestraf word ! Ek het gedink ONS is nou in die versoeningsfase en dat die Leiers van die dag die voorbeeld sal STEL ! Wat ‘n ontnugtering en skande wys ons vir die Wereld ! President Donald Trump HOU ONS fyn DOP en AMERIKA gaan ingryp dit is net ‘n kwessie van TYD ! Vra maar vir President Mugabe wat gebeur met ‘n land as AMERIKA nie meer aan Jou kant is nie

Johan v H ·

Amerika het sy eie gemors om uit te sort. Ons Hoop is nie in mense nie. Maar in n Almagtige VADER wat vir ons die stryd sal stry as ons op ons knieë gaan en bly

Irene ·

Baie lelik wat jy se mens verlekker jou nie om so iets te se nie ons sal beslis nie almal vermoor word nie jy moet rustig slaap in die aande want a lot kan jou tref

pieterdp ·

Jamer om te sê. Daar is maar geen plek in die nuwe bedeling vir die blanke nie. Dis waar wat sy geskryf het. Die oorlog teen die blanke is aan die gang. Dis hoog tyd dat ons as blankis begin wakker word.

HPV ·

Werkgewers, kyk hoe lyk sy. Haar CV gaan dalk op jou lessenaar beland.

Drikus ·

Dit is nie net haatspraak nie. Dit is ‘n opruiende dreigement. As die skoen aan ‘n wit voet was, was die voet al agter tralies. Dubbele standaarde.

Gavin ·

Skors haar. Soveel wittes het al omverskooning vir hulle dade gevra en hulle is swaar beboet od gestraf. Gebruik haar as n voorbeeld vir ander se haat spraak.

Potties ·

KROON WILD KAN NIE GESKIET WORD NIE DAAR GAAN NIKS MET HA GEBEUR NIE…….

Mariette Hammann ·

Dit is heeltemal BELAGLIK dat mense wat GEREAGEER het op hierdie haatspraak van haar, nou ook ondersoek word. Vir wie wil julle paai? ERG TELEURGESTELD IN JULLE HANTERING VAN DIE SAAK!!! As julle dadelik opgetree het, was die saak al afgehandel.

Bertram ·

En dan as julle al die witmense doodmaak waar gaan julle werk kry en kos kry om te koop dink julle nie bietjie verder as politiek nie my geleerde dame dink jy die boere gaan stil sit en net toelaat dat jul ons doodmaak you got a big surprise waiting, God is in control not whites not blacks but God he will let happen what is good and fair and Godly not hate war

Christa Rootman ·

So NET WIT PERSONE MAG VERVOLG WORD OOR HAATSPRAAK??!! BOG MAN!!!!!!!

Flintstone ·

Mond vol teen die wittes terwyl sy by ‘n wit geiïnisieerde instelling studeer.Haha.

Jaco ·

Die Universiteit se ondersoek kommitee moet haar eers onthef het van enige klasse dan moet hulle die saak eers ondersoek wat sy op facebook geplaas het en dan n verhoor datum vasstel intussen bly sy geskors van die Universiteit en sy moet nie eers op die perseel kom nie en kry haar op die rooi tapyt as hulle haar skuldig bevind moet hulle haar semuur uitgooi en dan mag sy onder geen omstandig hede op emige universiteit kolledge of kampuse eers studeer nie

Tammy ·

Skors haar onmiddelik en geen eksamen vir haar 2017 studies nie. Sy is so skuldig as wat kan kom. Wonder wie het vir haar n beurs gegee…onttrek en sy moet onmiddelik begin terug betaal. Sy moet dieselfde behandel word as enige persoon met dieselfde oortreding en natuurlik gaan ons die media dop hou. Verseker!!!!!!!!!!!

Callie ·

Laat ons as wittes nou bymekaarstaan. As sy nie vervolg word en dieselfde straf kry as Momberg en Sparrow nie moet ons opstaan en geregtigheid afdwing. Die tyd vir geregtigheid is hier. Wat dit ookal kos

Burger ·

En dan wonder ons hoekom die land nie kan vorentoe gaan nie , te veel haat , te veel onvergewinsgesind , te wil onwilligheid om mekaar te leer ken . Ons is n gevangene van dit wat ons graag wil se ons nie is nie .

Emma ·

Wat vir Momberg geld moet vir haar ook geld, sal graag wil sien wat sy gaan oor kom.

foxi ·

Hoe verskriklik moet dit net nie wees om iemand so te ‘HAAT’nie. Hoekom word die mense met soveel valse inligting ‘gedomineer’ oor wittes? Genugtig man, wat wil hulle bereik deur aan te hou met die oorlog teen wittes. Ons brand nie af, steel en moor ensv nie. Ons toy toy nie en gaan nie in n beswyning om terreur te saai nie. Ons werk vir n lewe en kry niks verniet nie!
Dink sy nou sy het die ‘GUTS’ om aan al haar kollegas te bewys sy het nou die wittes op hul plek gesit? Wat jy saai, sal jy maai. …………als het n tyd en plek. Maar een ding is verseker, moenie n leeu aanhou tart in n hok nie.

Flintstone ·

Net een antwoord foxi:JALOESIE!In Pedi is die woord:Mona.Niks anders nie.Probeer maar met ‘n persoon wat op jou jaloers is,redeneer,vriende maak of gesellig verkeer.Dit werk eenvoudig nie en maak nie saak wat jy ook al doen,daardie groen monster sal in elke slegte vorm teen jou manifesteer.

Miaau ·

Mooi meisie, jou gesiggie gaan dalk laaaaank onthou word, sterkte met die werksoekery….hoop jy kry wat jou toekom, want jou afbrekende teks gaan nog baie verwoestende gevolge he omdat die ANC en EFF kruisie-trekkers nie vir hulself kan dink nie.

Hanna ·

Kan swartmense dan rassisties wees? Ek dog dis net n konsep wat vir blankes geld… nou ja, laat ons maar sien of enige iets met hierdie vrou gaan gebeur. Ek hou glad nie my asem op nie.

Frikkie Geld en huis ·

As dit die gehalte student is op NWU, wat is dan die gehalte van hul kwalifikasies ?? Is dit nie dalk die rede waarom daar vir gratis tersiêre onderwys betoog word nie ?

Gert ·

Kom AfriForum gaan julle iets aan die saak doen as dit nou blankes was wat die uitlating kwyt geraak het was hulle al lankal verban van die universiteit.

Louese ·

To late for tears sy moet onmiddelik geskors word en aangekla word van rassisme

Hendrik ·

Haar profiel foto is interresant. Sy dra koloniale grimering, drink uit n koloniale beker, en gebruik westerse koloniale toerusting om haar arrogante rasisisme te openbaar!

Rachel ·

Ek stem met almal saam. Wag dat President Zuma ook gaan sit want sy uitlating oor “Apartheid” gister was nog minder versoenbaar net opsteek teen. Geen vordering word gemaak gedurende die afgelope jare behalwe afbreek. Ons geskiedenis word verwoes, standbeelde word verbrand, al wat nog oorbly is ons Voortrekker Monument. Almal moet sien hoe vinnig kan ons Blankes mobiliseer. Ons doen dit sonder enige vooraf beplande reelings maar met dissipline en paraatheid. Dankie vir die boere vir ons land.

Anoniem ·

Phomolo: your comment wasn’t rude, that would be an euphemism to say it was rude, rather, your comment was evil. Don’t only apologize, withdraw your own statement and distance yourself from it!!

Cor ·

Hoe bly is ek VF+ doen wat ek voorgestel het al het mm my kommentaar op die vorige berig afgegooi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.