Potch-student skuldig ná Swart Maandag-plasing

Phomolo Maoba. Foto: Via Facebook

ʼn Student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) wat op Swart Maandag ʼn gewraakte inskrywing op Facebook gemaak het, is skuldig bevind nadat sy deur die universiteit aangekla is.

Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het gesê Phomolo Maoba is skuldig bevind op ‘n klag dat sy teen die waardes van die universiteit opgetree het. “Sy is permanent uit die instelling geskors, maar die skorsing is opgeskort vir die duur van haar studies. Sy is ook ‘n boete van R5 000 opgelê.”

Maroela Media het vroeër berig Maoba het op Swart Maandag, toe daar landwyd optogte gehou is teen misdaad en plaasmoorde, op Facebook geskryf: “Om swart te dra sal niks help nie, want julle sal vermoor word nes jul baas Terreblanche” (sic).

Talle sosialemediagebruikers het dié opmerking met verontwaardiging ontvang, dit as rassisties bestempel en van die NWU geëis om stappe te doen aangesien sy aan dié instelling se Potchefstroom-kampus studeer.

‘n Skermskoot van die uitlating.

Prof. Fika Janse van Rensburg, adjunkvisekanselier van die Potchefstroom-kampus van die NWU, het nadat die uitlatings aan die lig gekom het gesê die student is aangekla en dat die verhoor spoedig sal plaasvind.

Maoba het ook vroeër om verskoning gevra vir die plasing: “Swart Maandag-boere. Ek is so jammer vir elke ongeskikte kommentaar wat ek geplaas het. Dit is nie reg vir enigeen om dit te plaas nie. Ek is innig jammer.”

Die VF Plus het die Menseregtekommissie (MRK) versoek om ʼn klag van haatspraak teen Maoba te ondersoek. “Al het Moaba haar kommentaar van die blad verwyder en om verskoning gevra, is die skade reeds gedoen. Suid-Afrika is op ʼn mespunt wat rassepolarisasie betref en ons kan net eenvoudig nie meer sulke uitsprake aanvaar nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

89 Kommentare

Karen ·

So, verstaan ek reg…? Die skorsing is opgeskort vir die duur van haar studies, so sy kan maar aanhou studeer, maw geen eintlike nagevolge nie…? Net ‘n klein boetetjie.

Dorita ·

Hulle kon die dissiplinêr net sowel gelos het. ‘n Eye blind …… Sy kan haar studies klaarmaak???? Dis n grap.

Elize ·

Hoekom kon die ander studente nie ook hul studies voltooi nie???

Pieter ·

Ek verstaan ook nie. Sy is geskors maar mag haar studies klaarmaak met opgeskorte vonnis. Ek is seker as die kleurkaarte anders om was was dai student lankal weggejaag. Diskriminasie. Kyk wat het met student van Tuks gebeur oor n uitlating

Eish ·

Stem, dis soos om vir skolier wat aanjaag te sê maak jou matriek klaar dan wil ons jou nooit weer sien nie!

Amri ·

Dis baie baie verkeurd dat die 2 witmeises wat n video van “huitspeech” gepost het teen swartmense heeltemal uitgeskop is en die ding mag daar bly ons moet rrg begin bekly vir ons wit mense se regte dis nie net die boere wat suffer nie elke dag is n vrees en n stryd vir ons man’s kry nie werk nie, ons lisensies word oor en oor gepluk oor ons vel kleur ons moet elke dag deur vrees werk toe gaan as gevolg van hulle wat ons werk kan vat of n vrees dat ons sal dood gaan in n kar ongeluk want hulle doen op die pad ook net wat hulle will nee mense ons moet iets doen anders gaan ons uitsterf

Nico ·

So : jy kry lewenslange tronkstraf, maar dis opgeskort tot jy self omkap??? Geen straf!

Wurmpie ·

Hoekom opgeskort terwyl sy studeer. Dit is nonsens. Skors haar nou dat sy kan voel. Nou kan sy klaar studeer. Nee

Andre ·

Sy is permanent geskors maar die vonnis is op geskort tot sy klaar is? Dit maak sin ne!!!

Anet ·

Wat beteken dit dat sy permanent uit instelling geskors, maar opgeskort vir duur van studies?

Jan Wolfaardt ·

Dit kom neer op haatspraak. Sy behoort glad nie weer haar voete op Potchefstroom Universiteit te sit nie. Hoekom kom sy so lig daarvan af? Die stelsel van regverdighe’d faal. …

WDH ·

Wow Potch so much so vir regverdigheid. Sy skryf sulke twak en julle beloon haar met ‘n graad. Geen nagevolge vir haar dade. Daai R5000 sal pappie of die jeug liga seker uit hulle gatsak betaal Sy gaan dit weer doen en dan war gaam julle sê? Seker “ons kan die nie glo nie. Shame on you Pukke shame on you!

se maar net ·

So sy kan haar studies eers klaarmaak? wat se straf is dit dan?
Sy is inderwaarheid dan nie regtig gestraf nie????… sy moes dadelik geskors gewees het.

Thea Gerber ·

Dit is darem ‘n verskriklike straf. Permanente skorsing uit die Universiteit, maar sy kan haar studie voltooi. Whoaaa, julle IS darem vreeeeslik streng. Dit behoort alle studente vir ewig af te skrik. Julle is ‘n grap.

Helena ·

So sy kan haar studies eers klaarmaak? wat se straf is dit dan?
Sy is inderwaarheid dan nie regtig gestraf nie????… sy moes dadelik geskors gewees het.

Helena ·

So sy het eintlik niks oorgekom nie?????

Pukke julle behoort julle te skaam…………

Elizna ·

Ek is hartseer om te sien dat die PUK nie meer drasties opgetree het nie, So sy kan maar haar studies op die PUK klaar maak…. Baie sad

Blits ·

Elizna, hulle tree nogsteets drasties op, NET TEEN WIT STUDENTE die swart studente kom met alles weg

Drikus ·

Jip. Maar ten minste het Potch opgetree. Ons wag nog op USB om die voorbeeld te volg.

Ruby ·

Dit is absolute nonsense, as dit ‘n wit meisie was sou sy onmiddelik geskors gewees het!

Sy en haar comrades lag in hulle mou.

My skenkings stop NOU!

Louis ·

Wat ‘n belaglikke vonnis. Kon dit net sowel gelos het. Dis dieselfde as ‘n hou op die hand en onnie wat sê “moenie dit weer doen nie hoor”….en sy kan maar aangaan met haar studies. As dit nou wit girl was…….ander storie.

Goofy ·

Absoluut pateties Pukke. Julle vind haar skuldig en skors haar permanent, maar sy kan haar studies klaarmaak. So eintlik word sy glad nie gestraf nie. What a joke……

Lee ·

Hoekom gaan haar saak nie ook hof toe nie. Wittes kry boetes van R100 000.00 – R150 000.00 en madam net R5 000.00. Swak!!

Skaperjas ·

Hahahahhaah “Permanent geskors MAAR…….” . Lekker dubbel-standaarde! Verf jou pers vir n koshuis-aksie dan is jy in die sop, maar blatante siek rasistiese opmerkings is ok. Wie weet, dalk bly sy studeer en word nog die Rektor.

Dawie ·

Nee Pukke Nee , julle kon net sowel alles gelos het want niks het gebeur nie. Swak

Hahahehehiehie tjietjie ·

Hahahhiehietjietjie ja ek lag vir jul integriteit, opskort vir die duur van haar studies, hoe stupid dink julle is die wêreld, nee wat so bevorder jy rassisme en ons veronderstel om haar wat juis dit aanmoedig te tug en te stop, sy moet die voorregte verloor as sy dit aanhits, maar nee die Universiteit bestuur kies politieke korrektheid en laat haar toe om wel te studeer. Jul het geen rugraat en dra nie by tot demokrasie nie. Oor Politiek korrektheid kyk waar het dit die Spur gebring, gaan dink maar weer. Dit was jul kans om aan alle studente die boodskap te bring dat hul geen rassime mag toepas of aanmoedig nie.

Tammy ·

Swak!!! Teleurstellend. Ek sal nie die universiteit enigsins in die toekoms verder ondersteun nie. Ons het al studente geborg oor die laaste 12 jaar maar is geskok en teleurgesteld in die patetiese vonnis. Ons sal geen maar geen student verder daar borg of enige finansiele ondersteunig gee nie. Dis finaal, afgehandel

Saamstaan tyd ·

Wat het julle almal gedoen met Spur? Staan saam, stuur jul kinders na ander universiteite, selfs oorsee is deesdae goedkoper (net om hul daar en terug te kry is duur, alhoewel Qatar airways deesdae baie goeie pryse het en jy net moet uitkyk vir spesiale aanbiedinge) en jy het nie die dubbele rassisme standaarde nie. Dit is die mees belaglikste verhoor/skuldigbevinding en straf wat ek nog gehoor het. Regtig opgeskort vir so lank jou studie is……

Trots Afrikaans ·

Ek stem.
Net soos die skole moet ons ons eie Afrikaanse privaat universiteite stig. Ek is diep teleurgesteld. Veral in die lig dat ons eie mense op kampus bestuur nie eens genoeg ruggraag het om op te staan nie.

Danette ·

Vandag skaam ek my mors ood om te sê dat ek aan die NWU studeer het. Hoe is dit regverdig dat sy met ‘n kwalifikasie kan wegstap na ‘n uitlating soos daardie? Sy kon netsowel sonder enige nagevolge hiervan afgekom het. Haar verskoning was ook nie ‘n verskoning vir haar sieninge in die lewe nie, sy het bloot omverskoning gevra dat sy dit wat sy gedink het op ‘n publieke platvorm geplaas het.

BEBB ·

n Wit outjie baklei by n koshuis en hy word geskors? die tipe haatspraak en sy mag klaarmaak met haar graad? in elke geval; sy het mos onverskoning gevra, shaaim, dat sy maar klaarmaak; graadkry met lekker kry.

Kat ·

SwakBestuur swak Bestuur.Integriteit moraliteit en respek is opgeoffer.So jammer daaroor.Alles by die venster uit.Puk het so hard gewerk aan hulle aansien en waarvoor hulle staan en i n n oogwink het hulle dit totaal vernietig.

Trots Afrikaans ·

Ek wonder of as ‘n wit student dieselfde soort plasing gemaak het haar straf dieselfde sou wees? Ek vra niks meer as ‘n regverdige optrede nie, maar gee ons ten minste dit.

Net soos by Spur is dit nie die optrede wat my polariseer nie, maar die ongelyke maatstaf waarmee getug word. Ek kan nie anders as om weg te stap met ‘n diepe gevoel van ontreg nie. Ek kan nie anders as om te dink dat die straf nie op die oortreding gemeet is soveel as die ras nie. Hierdie optredes begin al hoe meer ‘n gat in my hart brand. Elke keer smoor ek die haat wat in my op vlam, maar dit raak al hoe moeiliker. Dit brand binne my.

Maar my haat is nie teen ras nie. Dit groei teen die Goddelose lafhartige wat ruggraadloos rondval en op ander trap om tog net sy nek te red. Soos die ZANU PF jeugleier wat die een dag trou sweer aan die een en die volgende dag stert tussen die bene aan ‘n ander.

God het ‘n regverdige man lief. Die sagmoediges sal die aarde erf, nie die swakkes nie.

Lin ·

Ja sy het maw net n boete gekry oor dit opgeskort is. Hoop ALLE leerders kry soortgelyke straf vir haatspraak. Belaglik en net weer n bewys sekeres kan doen en se wat hul wil en ander mag nie

Johan ·

Belaglik, Pukke maak ‘n grap van die hele aangeleendheid. Pukke bestuur maak hulself nou net soveel skuldig aan rassisme. Hoop die VF se saak aangehoor word en die persoon ook in die hof verskyn op aanklag van rassisme

JJ ·

Verander die berig se opskrif na Potch Student onskuldig na Swart Maandag plasing. Pukke jul het my respek verloor.

Nicolene Neveling ·

Daar moet n petisie geteken word en aan daardie universiteit gestuur word. Watter straf is dit om te se maak jou studies klaar maar moet net nie weer hier wil kom studeer nie?? En hoekom moet sy R 5000 betaal vir haar woorder en Penny moes meer as R 100,000 betaal vir n aanmerkin g wat nie eers so erg was soos hierdie girl se aanmerkings nie. Nee my magtig waneer gaan hierdie dubbel standaarde end kry

Blommie ·

My kleindogter was aanvaar en sou begin 2016 aan NWU begin studeer. Als was klaar gereël verblyf gereël moes net geld oorplaas. Toe sy sê sy gaan eers gap jaar vat, oorsee gaan en dan in 2017 begin studeer aan privaat universiteit. Wow!!!!! is ek nou dankbaar haar lewe het nie so deurgegaan nie. Nou studeer sy van die huis af en is as jeug leier/leke prediker in haar kerk opgeneem.

Niklaas ·

Maroela vind asb uit wat met die student gebeur het wat die primaria is of was of is dit dieselfde een.Sy het ook mos dieselfde tipe haatspraker gemaak.Lig ons wen in? Of weet een van die lewer dalk?

Wynand ·

Maroela wat het met die primaria gebeur wat ook gehaatspraak het of is dit dieselfde persoon soos in die berig van gepraat. Weet een van die lesers dalk? Lig ons asb in?

Langtoon ·

Help my net onthou wat het Penny Sparrow nou eintlik gese wat so rassisties was?
Wat was haar straf?

Gerrie Ferreira ·

Ek herinner myself aan twee wit meisies wat net hulle gesigte swart geverf het met geen bydoelings so ver ek kan agter kom nie en hulle is geskors as ek reg kan onthou.

Christo ·

Die Reitz vier was geskors toe hulle rassisties was sonder opskorting . Nog n voorbeeld van dubbelle standaarde .Pukke bestuur is seker bang vir opstande he brrrrrrr .

Kajeema ·

Double standards this university, the outcome for a white girl will be very different.

Piet ·

Hier is nou n pragtige voorbeeld van Suid Afrika se dubbel standaarde!!! Omdat die vel swart is, is die straf min……..

Gert ·

As sy wit was permanent geskors met groot boete. Ligte straf. Univ koop gesig.

Respek ·

Alle respek vir hierdie univ verloor
Dit is tragies dat die Bestuur met al die grade agter hulle name so n enorme fout kon maak.Seker hand op die blaas met wim en de la rey of wou by jansen wat weer terug in SA is kruip.Dis ook jammer om te sien dat hulle integriteit waardes en respek te koop was vir R5 000 rand ect
Geen geld is genoeg vir integriteit waardes en respek nie.Jy het dit of jy het dit nie.

Marius ·

Wat het met die primaries gebeur wat ook sulke raak kwytgeraak het.Is sy bevorder na n lektor toe?

Jac ·

So sy kom absoluut niks oor nie. Wonder wat sou gebeur het as n blanke moes se “You will all be killed like your brother Hani”. Sekerlik 20 jaar plus tronkstraf. Nee wat die land se wette geld net vir sekeres.

Francois ·

PUKKE het net soos die ander voor die massas geswig. PUKKE julle stel my diep teleur. Hierdie besluit gaan julle nog duur te staan kom (“Mark my words”).

Oud Kloosterman ·

Swak Fika ! Gaan lees weer wat sy gese het. Penny het meer as R200 000 boete gekry vir n baie kleiner oortreding.

What a joke! ·

Goeiste genade maar dit is onregverdig! N wit person wat enigsins iets rassisties se word gevonnis ,beboet ,gebrandmerk en die hoogste belaglikste straf gegee maar die teenoor gestelde ras word basies lag lag oor die hand getik,???? Nee wat Suid Afrika is n klug met sy dubbel standaarde en Potch universiteit jul is pateties verby…ek draai my rug op jul!

Ruben Rjeeder ·

Gaan sy ook tussen elf en veertien jaar kry indien sy hof toe gesleep en skuldig bevind word? Of gaan die ook opgeskort word todat sy haar laste asem uitblaas?

Wonder maar net of ons, onse regstelsel kan verwag om alle rasisme met die selfde kam laat kan skeer…

Pastoor ·

Toemaar gaan google marcbredenkamp profosie. Soon very soon

Marius Nel ·

Wat het geword van dasrdie meisies wat met n koshuis party hul gesiggies swart gemaak het? Lekker dubbel standaarde. Kan nie glo die instituut is tevrede met hiedie uitspraak nie…

Hermien ·

Dis maklik om te se “ek is so innig jammer…”; dis net woorde, maar word dit opreg BEDOEL?! Kan sy nie insien hoe bevoorreg sy is (was), om aan ‘n Universiteit te studeer nie? Wie gaan nou die blaam kry vir haar skorsing, sy self of alweer iemand anders?

Jaycee ·

Tog eienaardige “vonnis”. Die NWU is ‘n setel wat kundigheid en noukeurige oordeelsvermoë in hulle bestuur [behoort te] verteenwoordig. Dit is vir my duidelik dat hulle in hierdie opsig iets of iemand anders ter wille wou wees en afgewyk het van ‘n goeddeurdagte en objektiewe evaluasie van die oortreding.

frik ·

Hoe belaglik. Eintlik pateties. Dis om van te huil. Potch jul sal nooit enige skenkings van my kry deur die dubbele standaarde nie. Was sy wit dan was sy onmiddelik van kampus verwyder en nie n dag langer toegelaat om verder te studeer nie. Papbroeke wat so vonnis oplê..

Isabel ·

Wat is daar nou geleer hier uit……mm hou jou handjie vir n houtjie my poppie dan gaan jy rustig aan waarmee jy besig was hoor….

Alta Coetzee ·

Terblanche was nie meeste mense se master nie. Wat v hulle? Skokkend word gedreig om ons te vermoor en dit is haar straf?. Verskoning, maar het haar hart en siening verander?

Frans C ·

Sy sê sy is jammer nadat sy gestraf is.Was haar plasing maar nie net ‘n geval van ‘waar die hart van vol is loop die mond van oor?

Charlotte ·

Nou hoe nou? As ek dit sou se, sou ek nerens weer toegelaat word nie . Dit is mos swak van Potch

Ronell ·

Swak Dubbele standaarde wat hier gewys word.
Potch Universiteit kort n Spur Boikot !!!!!!!!!
Daar is genoeg ander universiteite,Maties,Kovsies,Pretoria,Johannesburg,Unisa,

Hester ·

YIP!!!! Jy is reg. Dis lagwekkend. Hierdie is n sirkus van formaat.
Ek wil haar net inlig ek het nie noodwendig met die wat Terreblanch gedoen of gese saam gestem nie. Nou word almal oor dieselde kam geskeer. Maar eintlik wys dit jou net die mentaliteit van die persoon. Ek aanvaar nie haar verskoning nie. Dit is haatspraak. Maar sy is die regte kleur en kan daarmee wegkom.

Nico ·

Ronell, vergeet van Maties, dit is verby vir Afrikaners daar. Eerstegenerasie studente kry voorkeur. m.a.w. as ouers graad gevang het daar staan jou kind agter in die ry.
http://www.sun.ac.za/afrikaans/policy/Policy Documents/Toelatingsbeleid_2017_03_01.pdf Ons voorland is privaat onderrig soos Harvard en MIT.

Henning ·

‘n Tandelose “straf.” En wat gebeur as sy nie die boete betaal nie? Alles ‘n grap!

Henning. ·

‘n Tandelose “straf.” En wat gebeur as sy nie die boete betaal nie? Alles ‘n grap!

Christo ·

Die Menseregte kommissie vervolg net die sgde. wit rassisme sake. Die student moet heeltemal uit die Universiteit geskors word. Sy is net ‘polities korrek’ behandel en oor die vingers getik.

Boet Fasie ·

Nou weet julle wat om te doen as die studente weer met bussies by verkeersligte staan om geld in te samel, boikot hulle.

Sisna Venter ·

Dit is nou wragties n belaglike straf. Wys maar net weer watter dubbele standaarde Suid Afrika het.

Mariette Hammann ·

Indien die Puk werklik ALLE studente dieselfde behandel, sal ons dophou wat in die vervolg met die Blanke studente gebeur wat dieselfde oortredings begaan. Hier het sy nie bv net een ander student gedreig nie, maar alle Blankes gedreig dat hulle doodgemaak sal word. Kon die voltooiing van haar studies nie op ‘n ander kampus plaasvind, ter wille van die ander Blanke studente wat saam met haar moet klas draf nie? Dit sou tog bewys dat julle hulle minstens ook in ag neem.

Ou-Puk ·

Sjoe, regtig teleurstellend. Geskors….maar opgeskort??? Liewe Vader, watse straf is dit? Waar is “gelykheid voor die reg” -artikel 9 van die Grondwet nou? Neewat, ons wittes is verkoop en weggegooi. Miskien moet ons nou maar die PUK ook booikot. Die PUK het nou ook sy rug op ons gedraai. Veraaier!!! Hensopper!!! Twee gesig!!!

Lucia ·

Ek stem nie saam met die uitslag nie, hoekom moet sy afkom met net n Boete, sou dit een van ons wit mense gewees het was hy/sy uitgeskors, en met n baie hoe boete daarby, hoekom so onregverdig wees skors haar , dit is nou maar al, regverdigheid moet geskiet word op alle vlake vir almal GEEN voorkeur nie. Hoekom mag sy haar studies klaar maak eers, waar is geregtigheid daaraan. Kom mense staan saam en se julle se en kom ons kap nou terug teen die dat daar onregverdig opgetree word teenoor ons mense. as ons nie mag haatspraak lewer nie mag hulle ook nie. Ons is ook mens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.