Potchefstroom: Dié motors veral teiken van toenemende motordiefstal

motorsleutels

Argieffoto

Die polisie in Potchefstroom in Noordwes het Sondag inwoners van dié dorp en omliggende gebiede gewaarsku teen toenemende motordiefstal.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê hoewel motordiefstal in groot dele van die land ʼn probleem is, neem diefstal in dié dorp en omgewing geweldig toe.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê Die Bult en gebiede rondom die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus word veral deur dié diefstal geraak.

Volgens Mokgwabone toon ʼn voorlopige ondersoek dat veral Volkswagen Polo-motors onder diefstal deurloop.

“Motoriste word aangeraai om meer en beter voorsorgmaatreëls te tref. Ons wil motoriste ook aanspoor om versigtiger te wees en seker te maak dat hul voertuie gesluit is wanneer hulle êrens stilhou,” sê hy.

Let op die polisie se voorsorgmaatreëls:

  • Wees bedag wanneer jy jou voertuig parkeer en meld verdagte mense of voertuie aan by die plaaslike polisie by 10111 of 018 299 7457.
  • Moenie jou voertuig parkeer of stop in ʼn gebied wat nie goed belig is nie.
  • Studente moet veral daarop let om hul voertuie te sluit en verkieslik op die universiteitsterrein stilhou of parkeer en nié buite die kampus nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

CHRISTA ·

As die polisie dan WEET waar die probleemareas is, waarom plaas hulle dan nie ‘n paar “under cover” offisiere daar nie, of is dit WEER EENS die publiek se werk?

andrea van vuren ·

Die polisie werk ook mos ‘undercover’. Meer wil ek nie sê nie!

Student ·

Hoe is al die studente veronderstel om op kampus te kan stop ? Alle 1ste en 2de jaar privaat studentr mag glad nie op kampus stop nie ? Dis ongelukkig nie ons keuse om ons karre by kampus te stop nie en van ons bly ver soo stap is ook buite die kwessie !!

Lba ·

As jy nie dief aan sy nekvelle indra by stasie nie sal niemand moeite doen nie. Ons versekeringspremie gaan op en dis al joy wat jy sal kry

Lba ·

Hahaha. Groot grap. Versekerings premies gaan op. Dis al wat mens oorhou van so iets. Polisie is nie in staat om iemand te vang nie

Nicoline de Beer ·

Nou word die bal weer aangestuur…..SAPD??? Wat wil julle nog doen? In die ou dae, toe die polisie nog skelms gevang het, het hulle voorgelê en die helle gevang. Hoe sê die Handves van menseregte: ALLE mense het die reg tot ‘n veilige omgewing??? Wanneer gaan jul weer back to basics? Stap voetpatrollie….lê voor en VANG. Sorg dat die dossier goed ondersoek word….en dan kan daar sukses wees. Maar nie terwyl almal net wil sit nie….

Piet Pompies ·

Uit ‘n betroubare bron word daar beweer dat tot 500 VW Polo Vivo voertuie in ‘n maand gesteel word, die Polo Vivo is ook die beste verkoper wat nuwe passasiers voertuie aanbetref.
As die Polisie dan weet die voertuie word geteiken hoekom doen hulle nie iets aan die saak, misdaad voorkoming is tog deel van Polisie werk. Uit VW se oogpunt word daar verneem dat die Polo Vivo reeks vervang word met die die huidige Polo reeks en dan word daar ‘n heeltemal nuwe Polo reeks bekendgeste. Dit alles so vroeg as Feb 2018.

marous ·

Waarom neem die polisie patrollies nie “geweldig toe” nie .

E.K. ·

Gereelde patrollies, kameras, “undercover” offisiere – hoe moeilik is dit?

Retha ·

Ek sou sê hulle behoort “undercover” te wees waar hulle die probleem identifiseer het, naamlik naby NWU/Bult-area?

Hanna ·

Wat van n Suid-Afrikaanse weergawe van Bait Car? Komaan SAPS, julle weet watter soort motors in n spesifieke area gesteel word. Parkeer jul “bait car” en siedaar: n hele paar kriminele in n japtrap vas!

agtog ·

Ai mense, enige patrollies, undercover, bait cars, ens is WERK en dit doen polisie nie!!!!!!

John Brand ·

“Crime Pays” dit is hoekom die polisie nie so skerp optree soos in die verlede nie. Onthou die meeste van die voertuie of items wat gesteel word, word vervang. Kyk hoeveel motors per jaar gesteel word in SA, sit dit nou om in Rand waarde. Op alle aankope moet belasting betaal word, die belasting op die aankope vir die vervang van gesteelde goedere beloop Miljarde Rande vir die staat. Geld wat die staat nie sou gekry het as dit nie vir misdaad was nie. Ek dink ‘n mens sal skrik as jy sien hoeveel die staat verdien uit misdaad teen ‘n koste van die lands burgers.

Janosh ·

Ek is lankal van mening dat as voertuigvervaardigers regtig wil, hulle motors onsteelbaar kan maak, want as ek net ‘n paar interessante “gadgets” in my voertuig insit, kom hulle nêrens met hom nie.

Hulle sal dit egter NOOIT doen nie, want diefstal van voertuie maak dat hulle besigheid floreer. Al wie lei daaronder is die verbruiker.

maraai ·

NEE WAT VANDAG WAARSKU DIE POLISIE NET HUL DOEN NIE MEER HUL WERK 100% NIE. HUL WAG EERDER VIR DIE PUBLIEK OM DIE DIEWE NA HULLE TOE TE BRING. EN AS DIE MENSE REG IN HUL EIE HANDE NEEM IS HUL WEER IN DIE MOEILIKHEID… WENS DIE REELS KAN TERUG KEER SOOS 1990 SE TYD…. NA 10 IN DIE AANDE WAS DIE STRATE SKOON ALMAL BY HUL HUISE EN PATROLLIES IS GERY…

Bee ·

Kerk str het 12 kameras; 1 werk; geen kameras op Bult nie; meer patrollies; bring die berede terug julle was elke dag hier rond?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.