Potjiekos toe meer as net aandete

Die polisie het die vuurwapen uit die potjie met kos gehaal. (Foto: SA Polisie)

Boewe se slim planne – en die polisie se deursettingsvermoë – ken oënskynlik geen perke nie.

Lede van die polisie se bende-eenheid in Port Elizabeth het Donderdagaand op ʼn huis in Reynekestraat in Helenvale toegeslaan waar wapens en dwelms glo versteek is – en ʼn vuurwapen in die kos onder in ʼn driepootpot gevind.

ʼn Lid van die bende-eenheid het die pistool uit die potjieskos gevis, het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, gesê.

Die polisie was op soek na dwelms en vuurwapens toe hulle die pistool in die kos ontdek het. (Foto: SA Polisie)

Die reeksnommer was verwyder en die vuurwapen sal vir forensiese toetse gestuur word.

Niemand is in hegtenis geneem nie en ʼn ondersoekdossier is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willem ·

Ek hoop hul het die pot kos darem inhegtenis geneem. Dit was mos hy wat die wapen gehad het. Reeksnommer seker weg gekook

Sobymykoolkop ·

En daai pistool het nie eers bietjie kos aan nie. Die pot geeët en toe die pistool geplant?? Daai pistool is hopeloos te skoon om binne in kos te kon wees.

Cherokee ·

Die ‘slimheid’ om die wapen in die kos te vind, word ondermyn deur geen inhegtenisname vir onwettige wapen (want ek dink ‘n wapen waarvan die nommer afgeveil is, is soort van onwettig) en dit mag miskien die verdediging ondersteun indien die resep se bestandele ‘n pistool insluit, maar dan weer, yster kan dmv geel wortels of geel van ‘n hoendereier voorsien word.

Francois Le Cochon ·

Ek sien dit is ‘n Star .380 (9mm kort). Miskien myne wat jare gelede geroof was.

Jr ·

Niemand in hegtinis gevat nie. Onwettige wapen , concealed , geen nommer , geen lisensie. 4 oortreedings en niemand in hegtenis geneem. Polisie is uiters swak opgelei

Prikkie ·

Dit maak geen sin nie.

Polisie toon deursettingsvermoë en selfs vindingrykheid maar dan word niemand in hegtenis geneem nie??

Hoe nou – nou het daardie woordvoerder my verloor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.