Soorte resepte:

Potte prut binnekort weer in ‘MasterChef SA’

MasterChef SA.

Die vierde plaaslike seisoen van die gewilde televisiekookprogram, MasterChef, sal in Februarie volgende jaar op die kassie te sien wees.

M-Net soek nou na 20 gemotiveerde tuiskokke om deel te wees van dié globale fenomeen. Die deelnemers het ʼn kans om onder meer R1 miljoen se prysgeld te wen.

“Met die huidige landskap van die Covid-19-virus wil ons ons gehoor iets bekends en vertroostend bied wat soos huis voel. MasterChef SA was die perfekte keuse aangesien beide die plaaslike en internasionale reekse bewys het dat die formaat ʼn gunsteling is by kykers. Dit is altyd hartverwarmend en welkome inhoud,” sê Jan du Plessis, direkteur van M-Net-kanale.

Tuiskokke wat passievol is oor kos en wat wil inskryf vir MasterChef SA, kan ʼn inskrywingsvorm op M-Net se webwerf voltooi. Om deel te wees van die kompetisie moet jy ouer as 18 en ʼn Suid-Afrikaanse burger wees of permanente verblyfreg hê. Inskrywings sluit om middernag op 8 September.

Die vierde seisoen van MasterChef SA sal uitgesaai word op Maandae tot Donderdae van 28 Februarie. Die verfilming van die reeks sal in Oktober vanjaar plaasvind.

Die name van die bekende sjefs wat as beoordelaars dien, sal later vanjaar bekend gemaak word.

Die MasterChef-formaat en voltooide programme word internasionaal verteenwoordig deur Banijay Rights. MasterChef SA sal op DStv Premium op M-Net (DStv-kanaal 101) te sien wees en kan gestroom word deur die DStv-app. Dit sal ook beskikbaar wees op DStv Catch Up.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Kaptein67

Ek hoop julle nooi vir Tito !!!