Potties-landdroshof en speurtak al vier dae sonder krag

(Foto: pixabay)

Die VF Plus het Limpopo se LUR vir openbare werke, Dickson Masemola, versoek om dringend in te gryp nadat dit aan die lig gekom het dat die landdroshof en speurtak op Mokopane (Potgietersrus) al vier dae sonder krag is.

Die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit het die krag glo gesny weens wanbetaling.

“Die VF Plus het ook ʼn dringende skrywe gerig aan die waarnemende munisipale bestuurder van die munisipaliteit, Hendrik Ngoepe, om die kragtoevoer na die entiteite tydelik te herstel in afwagting op betaling,” sê Marcelle Maritz, provinsiale leier van die VF Plus.

Alle sake by die landdroshof word tans uitgestel en die speurtak kan nie sy ondersoekwerk behoorlik doen nie.

“Die VF Plus kan nie toekyk hoe die funksies van dié twee entiteite, wat uiters noodsaaklik is in die geveg teen misdaad, tot stilstand kom deur die nalatigheid van die nasionale departement van openbare werke wat verantwoordelik is vir die betaling van die kragrekeninge nie.”

Die LUR het aangedui hy sal sonder versuim die probleem met die nasionale leierskap opneem.

“Die VF Plus sal aanhou om druk toe te pas om die situasie so spoedig moontlik op te los.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hennie J ·

Weer n kader wat te onbevoeg en moeg is om die betalings te doen en te hel daarmee.

Frank John ·

Koei word weer droog gemelk… Vir eie gebruik eerste, as daar melk oor is sal daar gekyk word na gemeenskap se behoefte nadat seker gemaak is daar is nie nog ‘n skelm manier om nog van dit te laat verdwyn nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.