Pous Franciscus wil frase in ‘Onse Vader’ verander

Pous Franciscus. Foto: Vatican Radio – English Section/Facebook

Pous Franciscus het vandeesweek tydens ʼn onderhoud op die Italiaanse televisiekanaal TV 2000 voorgestel dat ʼn frase uit die “Onse Vader”-gebed wêreldwyd gewysig word omdat dié frase glo nie ʼn “goeie vertaling” van die oorspronklike gebed is nie.

Die pous het gesê die frase “lei ons nie in die versoeking nie” is nié ʼn goeie vertaling nie omdat “God nie mense na sonde lei nie”.

Hy het voorgestel dat die frase “laat swig ons nie voor versoeking nie” waarskynlik ʼn beter vertaling van die teks is.

Die pous het gesê Frankryk se Rooms-Katolieke Kerk gebruik reeds die nuwe bewoording as ʼn alternatief en het voorgestel dat ʼn soortgelyke frase in al die tale wêreldwyd gebruik word. Hy sê die bekende frase stel voor dat God mense in versoeking lei, wat nié waar is nie.

“[Die frase moet lui] laat swig ons nie voor versoeking nie, want dit is nie God wat my lei na die sonde en dan kyk hoe ek val nie – dis die mens self wat swig. ʼn Pa [God] doen dit nie, ʼn Pa help jou onmiddellik op,” het hy gesê.

Pous Franciscus is bekend daarvoor dat hy sedert die begin van sy pousdom nie wegskram van kwessies wat kontroversieel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Mike ·

Al is ek hoe ‘n groot Calvines…..moet ek erken die Pous het ‘n punt beet.
En ek lug my mening ….wetende daar gaan baie kritiek op my kop neerdaal.

Frank ·

Die Grieks sê:
Luke 11:4

(Afrikaans OV) en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.

(ASV) And forgive us our sins; for we ourselves also forgive every one that is indebted to us. And bring us not into temptation.

(KJV) And forgive us our sins; for we also forgive every one that is indebted to us. And lead us not into temptation; but deliver us from evil.

(KJV+)   lead G1533 : eispherō

ice-fer’-o

From G1519 and G5342; to carry inward (literally or figuratively): – bring (in), lead into.

Total KJV occurrences: 7

Eish ·

Jy is heeltemal korrek. Ek is glad nie n katolieke aanhanger nie, maar die pous is reg.
Jakobus 1:13
” Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê; Ek word deur God versoek nie. Want God kan nie deur die kwaad versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.”
Dit is Sy karakter, dus duidelik verkeerd vertaal.

Asjas ·

Voor ek begin lees het was ek ook “wat wil hy nou gaan staan en verander aan iets wat mooi en reg is” maar ja ek stem ook nou nogal saam, dit is beter bewoording.

Venter ·

Dit klink na’n billike verandering. Nou moet die Pous nog net die boek Job verwyder.
Dit wat God met Duiwel ooreengekom en toegelaat het om met Job te gebeur net sodat Duiwel Job se geloof kon sien, is onbeskryflik!!
Geen Pa, hoe sleg of dronk of wat ookal, sal sy kind daaraan bloot stel nie.

Manuela ·

ek bid al lankal daardie frase anders. laat ons nie in die versoeking kom nien omdat presies daardie woorde my al lankal teen die bors stuit

Anita ·

Hy kan se wat hy wil. Ek sal dit nog steeds bid. Money money .

Schalk ·

Anita. Dit gaan beslis nie oor geld nie maar God wat ons lief het. As god jou lief het? Om watter rede sal hy jou dan lei tot dinge wat jou kan benadeel? God is liefde, en wil vir jou en my net die beste hê. Net so graag as wat ek wil hê daai frase moet verander, net so graag wil ek hê mense moet ophou om in hulle begrafnis briewe te sit ” Dit het God behaag om van ons weg te neem” God gee lewe, hy neem nie lewens nie. As jy God persoonlik ken, sal daai deel van die Onse Vader jou dwars in die krop steek.

Hansie slim ·

Die pous het ‘n punt beet.
Ek sal sy voorstel ondersteun maar daar sal dalk teenstand wees.

Celia Swarts ·

Wie dink hy is hy dat hy sommer die Onse Vader kan verander? God se Woord waarsku ons teen hierdie dinge!!!!

Ronnie ·

En wat as hierdie deel verkeerd vertaal is? Ek stem saam hom. Ek bid al vir lank nie hierdie frase nie.

Annie ·

Ag Cecilia Vader tog. Lees wat geskryf is. Hy wil dit verander na die naaste woord in die vertaling. Daarom is daar soveel By eliminating verklarings. 1953 1983 Die Lewens Vertaling. Die Boodskappe. Die woord waarsku ons dalk teen jou wat lees met wat jy wil.

Sproetjies ·

Die pous het n punt beet. God lei ons nie in die versoeking nie.

Pop ·

So bid ons voort en weet nie eintlik wat ons se nie. Ek stem saam, nou dat dit vir my uitgewys word. God sal ons nie in versoeking lei nie.

Freddie Whitehorn ·

Heng, laat julle my skrik. Dit is eintlik so, ja. “Laat ons nie verlei word deur versoeking nie, maar verlos ons eerder van die bose.” Die regte gedagte moet deurkom.

Maria Van Dieweeck ·

Hierdie skrif is iets wat ek van kleintyd nie kan verstaan nie…

Gielie Hill ·

Stem saam in hierdie geval. Die argument dat die vertaling foutief is en ‘n verkeerde indruk skep is korrek.

map ·

Goeie punt. Vir jare bid ek, “laat ons nie in versoeking kom nie” niks te doen met verandering nie, Dis maar hoe ek voel om te bid…

Lollie ·

Vir eeue is dit die woorde nou wil EEN persoon wat homself verhewe (of ander verhewe hom) dit verander omdat dit HOM nie pas nie! Wraggies! Wat dink hy van homself?! Indien jy as persoon die woorde wil aanpas, in jou binnekamer, soos jy wil is dit jou saak maar om almal nou te ”verplig” om dit te doen is verregaande! Soos die koninklikes gaan doodloop hoop ek die pous is ook aan die uitsterf. Stenig my maar!

Blits ·

Volgens die RKK (Rooms Katolieke kerk) is God (Yahew) nommer een , dan is die Pouse nommer 2 en dan is Jesus (Yeshua) nommer 3.

Hulle verander al jare die bybel om hule te pas, net soos hulle die Doop verander het en die kalender se dag 7 verander het.
In die Bybel word nerens gepraat van klein doop nie maar ons glo aan klein doop omdat die RKK gese het dis hoe dit moet wees, Volgens die Joodse kalender is die 7de dag eintlik Saterdag maar die RKK het gese nee dit moet Sondag wees.
Daar is in al die kerke RKK invloed van klein doop na die teken van die X en P op die gesange boekies van die Kerke (wil nie name noem nie)

Niel ·

interresant.. Ek soek nou gou toe op in die oorspronklike Bybel vir Dowes wat ook herdruk is na “Bybel vir almal” hoe die onse Vader by daardie teksdeel is… hier is dit “En help ons dat niks sal gebeur wat ons sal laat sonde doen nie. Maar beskerm ons teen *die duiwel”
Dit is die laaste/nuutste vertaling van die Bybel om dit in makliker Afrikaans te verduidelik.

Laura BranniganKruger ·

Dit is nie moontlik vir my om ‘n ingeligte opinie te kan gee nie, want ek is nie Hebreeus magtig nie. Daar is in elk geval verskil in die twee Afrikaanse vertalings in my besit, nl in die 1983- Vertaling word die woorde “…laat ons nie in die versoeking kom nie” gebruik en in die 1933/53- Vertaling lui dit …”lei ons nie in die versoeking nie”.

Ben ·

Om ons nie in versoeking te lei nie of te laat swig nie, klink voor my dieselfde. In Nederlands is de volgende frase ‘maar verlos ons van het kwade’ Ek vind dit verander niks nie.

Gideon ·

Ek moet erken dat ek dadelik my vererg het maar die pous is reg!!

Hannes De Beer ·

Hier is my konkordant vertaling van daardie vers –
13 En bring ons nie in beproewing nie, maar bevry ons van die bose een.’

Morne van der Berg ·

Ek dink dis arrogant – maar daar is al so baie vertalings van die Bybel deesdae en daar is sowaar verskille en niemand boo of baa daaroor nie

Danie van den Berg ·

Gewonder of daar nog iemand is wat die ‘vertalings’ onder dieselfde kam sou skeer soos ek dit gedoen het in die geval. Sekere woorde en selfs begrippe word by elke vertaling gewysig en dis redelik aanvaarbaar. Onthou egter kerkrade en gemeentelede in die verlede was maar altyd omgekrap oor die nuwer gewysigde Skrif soos dit verskyn het. Ek dink egter in die geval is mense dalk baie krities weens vooroordeel oor ‘wie’ dit inisieer. Was dit nou bloot dmv die volgende hervertalingsproses gedoen, sou daar heel moontlik geen haan daarna gekraai het nie

alwyn burger ·

In ou tekste is die slotwoord “amen” ook nie deel van die nederig-mooi gebed nie. Die Pous weet waarvan hy praat!.

Hannelie ·

Sover ek weet is dit “laat kom ons nie in versoeking nie” en nie “lei ons nie in die versoeking nie”. Ek weet nie, miskien is ek dalk verkeerd, maar dit is hoe ek dit van die begin af geleer is. Weet nie watter vertaling hy dan beet het nie.

Ekke ·

Die woorde kan hoe “korrek” wees, as jy dit nie in opregtheid, uit jou hart uit bid nie, en die gebed maar net opsê, het dit elkgeval geen betekenis. Dan is dit net lippetaal.

Hester ·

2Ek self sal voor jou uit gaan Jes. 40:4en hoogtes gelykmaak; Ps. 107:16koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan.
3En Ek sal jou Jer. 50:37; 51:13die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die Here is Ex. 33:12,17wat jou by jou naam roep, Jes. 29:23die God van Israel;
4ter wille van Jes. 44:1Jakob, my kneg, en Israel, my uitverkorene, het Ek jou by jou naam geroep; Jes. 44:5Ek het jou ’n erenaam gegee, hoewel jy My nie geken het nie.
5 Jes. 45:6,14,18; 46:9 Ek is die Here, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,
6sodat hulle kan weet van Mal. 1:11die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die Here, en daar is geen ander nie;
7wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk Amos 3:6en die onheil skep: Ek, die Here, is dit wat al hierdie dinge doen.
8Laat dit drup, o hemele, van bo af, en laat die wolke vloei van geregtigheid; laat die aarde oopgaan, en laat heil voortkom en geregtigheid; laat hulle saam uitspruit. Ek, die Here, het dit geskape. Daar is geen ander behalwe God van Israel nie. As jy bid tot jesus bid jy tot n afgod God het die goed en sleg gemaak nie die duiwel nie!

Ronnie ·

Hester, sal jy asseblief verduidelik wat jy met al hierdie Skrifgedeeltes bedoel?

Cherokee ·

Ek het gehoop Hester gaan opvolg op jou vraag, Ronnie. Veràl haar afsluiting maak dat ek graag sal wil sien dat sy jou antwoord. Dìt bring ons by die vraag ‘Wie is Christene’ en die antwoord “die een wat glo dat Jesus Christus is die Seun van God’. Kan ‘Johava Getuies’ beskryf word as Christene? Sal interessant wees as hulle wil opvolg op my vraag.

Lorette ·

Sal maar dat my man dit opsoek in sy Hebreeuse en Griekse skrifte, maar persoonlik gaan ek vir “laat ons nie in die versoeking kom nie”

Daan/Irene ·

Alles ‘n pot nonsens. Lees die Woord: Jakobus 1:12-15. “Self versoek Hy niemand nie”. Julle mors julle tyd met al die redenasies!!

C91 ·

….and lead us not into temptation”……..my wêreld, besef nou eers. Ai, die vertalings ! Sal ‘n Pous nou na al die jare dit ook besef ☺

Juan ·

Die Onse Vader is die model gebed gebid deur die Here Jesus Christus self. Dit is glad nie n vertalings fout nie. Die Pous is besig om te dwaal. Die Here Jesus kom bevestig self in die gebed dat indien God ons as mense sou versoek ons klaaglik sou vaal en dan volg die Here dit net daar en dan op dat God ons moet verlos van ons(alle mense, sonder uitsondering, Pous ingesluit) sondige natuur wat graag bose dinge wil doen. Nie een Godsman of vrou in die Bybel kon versoeking weerstaan sonder God se Genade nie, behalwe die Here Jesus Christus.
Die Pous glo dat deur werke kan jy saligheid bekom, maw die Pous se dat die mens self sy saligheid kan bewerk en dat hy nie n Redder nodig het nie, die Bybel se dat die mens deur Genade saligheid verkry en dit word bevestig deur die Kruis dood en gesertifiseer deur die opstanding dat die Here Jesus Christus die enigste weg is na God en dat dit absolute Waarheid is.
In kort – ons moet God vra dat Hy ons sal beskerm van ons self deur versoeking van ons te weer hou en dat Hy Sy Genade aan ons sal openbaar sodat ons n Heilige vrees vir Hom sal kry met die doel om in die Geloof die Reddings/liefdes daad op Golgota te verstaan en te aanvaar. Deur God se Genade word die vrees omskep in liefde en vind daar gemeenskap plaas.

Willem ·

Juan, baie dankie vir jou verduideliking. Dit het my so pas laat besef dat ek nog al die jare n wrede God sanbid. Een wat my in versoeking lei en my straf met die helse vuur as ek faal in die versoeking waarin Hy my gelei het. Dis net hier en nou dat ek n einde maak aan geloof. Net n klomp bog.

Matthys Badenhorst ·

Ek stem saam. Het self al so baie gewonder oor hkm dit so staan.

Ronel ·

Ander frase wat my pla is: “wat gely het onder Pontius Pilatis, gekruisig is…..” moet die komma nie voor sy naam wees wees nie? Hy is deur PP gekruisig maar het onder die mense gely. Of is ek verkeerd?

Thys ·

Nog n klip in die Bos:
“En vergewe ons,ons sondes “
Jesus het ons vergifnis aan die kruis gegee nou aanvaar ons dit nie want ons vra nog steeds vir vergifnis moet ons nie liewer net ons sondes bely en se ons is jammer nie.
Groete

Herman ·

Die oorspronkilke Grieks stel dit so….”En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die bose.” (Matt 6: 13) Ek gaan beslis met ‘Ekke” saamstem. Ons moet, ongeag hoe enige vertaling dit dalk mag stel, altyd onthou dat God nie na lippetaal luister nie. Hy is Almagtig, Heilig, Alomteenwoordig en Alwetend. Ek glo dat dit nie saak maak hoe jy bid nie, solank jy bid, uit jou hart uit, want gebed is ons “landlyn” na daai telefoon langs Sy Heilige Troon, en Hy wag altyd angstig vir ‘n oproep van ons af.

Kat ·

Het hy niks anders om te doen nie.Wie dink hy is hy? Ek taken hom nie as n pous nie.Hy moet eerder die armed bestaan en die mense in oorlog geteisterde lande.Dan sal hy iets beteken.Dan sal ek hom erken as n Pous .

Kobe Deister ·

Ons Groot Leidsman se taak en selfverklaarde werk is om te lei, Hy sê self, EK is die Goeier Herder. Wanneer Christus dan die gebed voorhou aan die dissipels dink Hy aan die gevare wat die skape kan treiter, nl. Versoekings en Bose. Dit maak absoluut sin uit. Die pous is besig met “n speletjie van insigte. Onthou ons kry ons krag van die Heilige Gees se inwoning, sodat ons die versoekings kan weerstaan. Dus het ons die leiding nodig van die Vader, deur die Seun, met Heilige Gees. Pous jy is besig met ‘n fitlose sintaksiese speletjie. Onthou die afhanklike skape weet hoe belankrik die leiding van hul Herder is, en hulle ken Sy stem. Jy sal “n boom ken aan sy vrugte.

Koos Roets ·

As gereformeerdes sien ons dit nog altyd so. Of word ons nie meer die Heidelbergse Kategusmus geleer nie. Kyk Sondag 52 vraag 127. Die Pous sê niks nuut nie. Dit is al in 1563 uitgeklaar. Waar is ons kennis?

Meneer ·

Ek kom in die Naam van Jesus! Stop dadelik en fokus mense!!! Ons mag nie die Heidense gebruike ens aanvaar asof dit ons eie is nie! Satan ken God se Woord en weet presies waar om wat te doen en wanneer! “en lei onn nie in versoeking nie” beteken dat God ons die wysheid en kennis moet gee om op en wakker te wees vir die traps wat Satan stel! Mense, asb, slaap wakker, want hier in die kommentare is baie gevang! Ek ken die waarheid, want ek volg die Waarheid en daarom word Sy Woord aan my geopenbaar. In Jesus-naam, Amen.

Ronnie ·

Meneer, ek respekteer jou mening. Wanneer iets egter aan ons Vader toegedig word wat Hy nooit sal toelaat nie, interpreteer verskillende mense dit op verskillende manier. Dit gaan nie oor die RKK of die heidense gebruike (wat jy so ewe met ‘n hoofletter vereer) nie. Baie van ons kommentators ken ook die Waarheid omdat God dèùr Jesus die waarheid ook aan ons geopenbaarhet.

Elna ·

My hart wil saamstem, want ek vereenselwig my ook daarmee dat d Here ons nooit in versoeking sal lei nie, maar dat Hy sy kinders daarvan bewaar en dat ons na alles ook d keuse het wat ons met versoekings gaan maak, is ook waar.

Rudi ·

Ek moet hier met die pous saam stem en se dat die vertaling ” en lei ons nie in die versoeking nie” nog nooit vir my sin gemaak het nie, en ek self het dit verander na” laat ons nie vandag in die versoekeing gelei word nie”
Hoekom sal Vader jou in die versoeking wil in lei?????

Piet ·

My vorige skrywe is nie geplaas nie. Weet nie hoekom nie maar so be it. Baie eenvoudige antwoord. Om ons te toets soos Hy ander mense getoets het, self Sy Seun. Is ons nou beter as die res?

Lettie Rousseau ·

Ek lees hierdie kommentare en ek kry so n be-angste gevoel in my hart. Mense laat hulle so maklik mislei. Jesus het ons nogal gewaarsku dat dit so sal gaan in die laaste dae,voor sy wederkoms. Ek glo dat die bybel werklik die woord van God is en net omdat ons nie saamstem nie,kan ons nie die woord verander soos dit vir ons voel dit is reg nie. Wie is die pus after all om te besluit om Gd se woord te verander. Wat is die volgende wat hy so vermetel wil verwyder?lees Op 22-18-19….

Amanda Wait ·

Lettie ek stem saam met jou. Ek het nou gaan kyk na Matteus 6:13 (in Engels) by die aanlyn interliniêre Bybel, die Grieks met die Engels en dit sê soos volg:
“And not lead us into temptation, but deliver us from the evil [one]…

So dit is dieselfde as ons Afrikaanse vertalings so ek bid dit net so. Mense moet glad nie die Pous vertrou nie!!!

Cherokee ·

Lettie, hierdie is myns insiens ‘n gevaarlike gebied om ‘n spesifieke mening te stel maar laat my toe om te sê … miskien is slegs die oorspronklik Hebreeuse en Griekse Skrifte werklik deur God inspireer. Ek voel dat ek reg is om dit te sê want daar is ‘n menigte van vertalings wat nie noodwendig presies ooreenkom nie. Daarom… miskien is slegs die oorspronklike geskrifte inspirasies deur die Koning van alle konings; inspireer deur die God bo alle gode.

Johann Marx ·

Bid net in tale…dan sal niemand met jou stry oor HOE jy WAT gesê het nie? Kapish?

Deon Brown ·

My beskye opinie is die volgende as ek dit reg verstaan is griekse vertaaling van ly ons nie in versoeking “ice-fer-o” beteken to carry in, on in te laat en wat laat die sondige mens in sy hart en gedagtes toe, sondige gedagtes. Dus as ons bid “laat ons nie in versoeking bid ons dat die Here ons moet beskerm teen die inlaat van sondige gedagtes in ons harte Christus se tog in die woord ek klop aan die deur van jou hart.
MET ANDER WOORDE ly in versoeking beteken nie God ly ons in versoeking nie maar ons bid vir hom dat hy die wagter by ons hart se poorte moet wees dat versoeking nie inkom nie

Mareen French ·

Nog al die jare bid ek “en lei ons wanneer ons in versoeking is en verlos ons van die bose”. Of “lead us when we are in temptation” Ek het al soveel jare gelede besef dat onse hemelse Vader ons nie in versoeking sal lei nie, so vind daardie gedeelte glad nie vanpas nie.

Han ·

Hester, jy haal soveel Bybelverse aan en dan sê jy: “as jy tot jesus (nogal met ‘n kleinletter!) bid, bid jy tot ‘n afgod.” Jesus Christus is die Seun van God, self God en Een van die Drie-eenheid: Vader, Seun en Heilige Gees. Jy praat Godslasterlik!

Marthinus Willemse ·

Met die vertaling van die Bybel in Suid-Sotho, is `n tikfout gemaak. In Genesis 1:9 is die woord jwalo (so) getik as jwala (bier).

“En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was bier.”

(Volgens die 1933 en hersiene 1954-vertaling. Met die nuutste vertalings is die bewoording verander om enige ondubblesinnigheid te verwyder.)

Die Bybel mag miskien deur God geinspireer wees, maar dis neergeskryf en vertaal deur mense, met menslike foute. Die pous stel maar net een van daardie menslike foute reg.

Luister ·

Verwys: “Die Bybel – Nuwe Lewende Vertaling”, eerste druk – 2006.
Matteus 6, vers 13: “Bewaar ons sodat ons
nie aan verleiding sal toegee nie;
en bevry ons van die greep
van die bose.

Luister ·

Ek verwys na “Die Bybel – Nuwe Lewende Vertaling” eerste druk 2006.
Matteus 6, vers 13: Bewaar ons sodat ons
nie aan verleiding sal toegee nie;
en bevry ons van die greep
van die bose.

Luister ·

Jammer vir die herhaling, maar skynbaar het die 1st kommentaar vasgesteek.
Ek reken dit is aanvaarbaar vir God, solank ons openhartig en opreg bid.

Artus ·

Hoor wat erkende en geëerde geestelike leiers in die geskiedenis oor die Pousdom tesê gehad het:

Stigter van die Luther Kerk en Vader van die Reformasie: Martin Luther (1483 – 1546) “Ons hier is van die oortuiging dat die pousdom die setel is van die waaragtige en ware Antichris.” (Aug. 18, 1520)

Een van die stigters van die Presbeteriaanse Kerk (NG): Johannes Calvyn (1509 – 1564) “Ek ontken hom as die verteenwoordiger van Christus, wie, in brutale vervolging van die Evangelie, demonstreer deur sy dade dat hy die Antichris is…”

Stigter van die Metodiste Kerk: Johannes Wesley (1703 – 1791) “Dit is hy…wat homself verhef bo alles wat God genoem word, of wat aanbid word…wat die hoogste autoriteit toeeien, asook hoogste eer…wat die prerogatiewe wat aan God alleen toekom vir homself toeeien.” Albert Close, Antichrist and His ten Kingdoms, 1917, p.110.

Ander geëerde manne: “Wycliffe, Tyndale, Cranmer; John Bunyan, die vertaler van die King James Bible en Baptist confessions of faith; Sir Isaac Newton, George Whitfield, Jonathan Edwards; Charel Spurgeon… hierdie manne tesame met menigte ander het almal die Pousdom as die Antichris uitgewys.”

Lees meer hier: http://www.eindtydgebeure.com

Kat ·

Hy kan homself eerder besig hou om kos vir die miljoene honger kinders in die wereld in te samel.

Pieter ·

As ‘n mens gaan kyk na die Griekse skrifte waarin meeste van die Nuwe Testament oorspronklik geskryf is, is die betrokke frase as volg:

kai me eisenekes hemas eis peirasmon – die direkte vertaling na Afrikaans is dan
en nie laat kom ons in versoeking,

In die ’83 vertaling is die frase verander na – en laat ons nie in die versoeking kom nie

Dit is dus reg God sal ons nie in versoeking lei nie, God het dan nie eers die Satan probeer stop toe die vir Jesus in die woestyn probeer verlei het nie, Wat die frase eintlik sê is, God gee my krag om die versoeking te weerstaan,

Op die einde van die dag bly dit jou keuse, nes dit Jesus se keuse was om Satan weg te stuur van hom af, wanneer dit kom by versoeking.

Daarom is dit glad nie nodig om enige frase te verander in die gebed nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.