‘Pragmatiese benadering’ nodig vir wapenlisensies

Fidelity is een van die grootste veiligheidsmaatskappye in Suid-Afrika en is gelisensieer om nagenoeg 8 500 vuurwapens te besit. (Argieffoto: Fidelity/Facebook)

Die organisasie Sakeliga sê dit is ekonomies onhoudbaar om van eienaars soos Fidelity – wat in grootmaat wapens aankoop – te verwag om nuwe wapens aan te koop wanneer lisensies nie betyds hernu kon word nie.

Fidelity het hom vroeër tot die Pretoriase hooggeregshof gewend om die polisie te dwing om sy laat aansoeke vir vuurwapenlisensies te aanvaar en die polisie te verhoed om beslag te lê op die vuurwapens waarvan die lisensies verstryk het.

Fidelity is een van die grootste veiligheidsmaatskappye in Suid-Afrika en is gelisensieer om nagenoeg 8 500 vuurwapens te besit. Weens ʼn administratiewe fout is die lisensies van sowat 700 vuurwapens egter nie betyds hernieu nie.

Sakeliga het onlangs gevra om as amicus curiae (vriend van die hof) in die saak, wat nou reeds by die Konstitusionele Hof draai, toe te tree.

Tian Alberts, regs- en skakelbeampte van Sakeliga, sê die vereiste behoort eerder te wees dat wapeneienaars soos Fidelity juis vermorsing van skaars ekonomiese hulpbronne moet kan voorkom deur nuwe lisensies ten opsigte van die bestaande wapens te kan uitneem om só wettige besit te herstel.

Fidelity het in April 2016 probeer om die lisensies te hernieu, maar die aangewese vuurwapenbeampte by die Florida-polisiestasie het geweier om die laat aansoeke te aanvaar.

Fidelity het hom daarna tot die hooggereghof gewend. Dié hof het bevind die Wet op Vuurwapenbeheer moet so gelees word as dat dit vereis dat die vuurwapens aan die polisie oorhandig moet word en dan vernietig moet word – en dat dit nie inbreuk maak op Fidelity se grondwetlike regte nie.

Die maatskappye het daarna die appèlhof genader. Daar is bevind daar is niks in die wet óf die regulasies daaroor wat aandui dat iemand wie se lisensie verval het, vir ewig verhoed word om vir ʼn nuwe lisensie aansoek te doen nie.

Om die vuurwapens te vernietig en dan van eienaars te verwag om nuwes te koop om vir ʼn nuwe lisensie aansoek te doen, is nie verstandig nie en maak ook geen sakesin nie, het die appèlhof bevind. Die hof het voorts bevind Fidelity is geregtig daarop om opnuut vir nuwe lisensies aansoek te doen om vuurwapens te besit.

Die minister van polisie, sy eweknie by justisie en die waarnemende nasionale kommissaris van polisie het daarna by die Konstitusionele Hof geappelleer. Fidelity staan die aansoek teen en voer aan slegs die vuurwapens waarvan die lisensie verval het, moet aan die polisie oorhandig word. Dit beteken egter nie die vuurwapen moet vernietig word nie en die verval van die lisensies beteken ook nie die vuurwapen behoort nie meer aan die eienaar nie. Fidelity voer ook aan hy mag steeds vir hernuwings aansoek doen.

Fidelity sê die applikante se interpretasie van die wetgewing is nie logies nie, maak nie sakesin nie en maak inbreuk op sy eiendomsreg en sy reg om sake te doen. Boonop, voer Fidelity aan, is die besluit lynreg in konflik met een van die doelwitte van die wet self: om die vermeerdering van vuurwapens te stuit.

Fidelity het die hof gevra om die appèlhof se uitspraak te bekragtig.

Sakeliga en verskeie ander organisasies het intussen gevra om as vriende van die hof in die saak toegelaat te word.

Die saak is verlede maand aangehoor en uitspraak word voorbehou.

Alberts sê intussen die polisie se optrede gee “aanleiding tot absurditeit in die reg indien diegene wat wapens verbeur het weens byvoorbeeld beslaglegging deur die polisie, in ʼn beter posisie is as diegene wat ter goede trou wapens ingehandig het omdat die lisensie nie betyds hernieu kon word nie”.

“Die Wet op Beheer van Vuurwapens maak voorsiening daarvoor dat enige wapeneienaar betoog teen die vernietiging van hul eiendom mag indien. Dit impliseer dat wapeneienaars nuwe lisensieaansoeke mag indien om wettige besit van hulle vuurwapens te herstel. Met die polisie se onversetlike interpretasie van die wet, word eienaars soos Fidelity die reg om verteenwoordigings te doen en ʼn geleentheid te hê om wettige besit te herstel, ontsê.”

Sakeliga sê ʼn pragmatiese benadering is nodig en dat wapeneienaars wettige besit van hul wapens wat by die polisie ingehandig is, moet kan herstel deur aansoek te doen vir nuwe lisensies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

JM ·

Beke Cele moet uit sy pos verwyder word! Hy dink hy is die wet!!

Shakespeare ·

Vrot onbevoegde kaders. Dis die probleem. Pragmatisme het niks daarmee te doen nie.

Willem ·

Die polisie kan nie hul eie wapens behoorlik beheer nie waarom moet hulle beheer oor my wapens hê? Niemand beheer die besit van messe, pangas, byle, skroewedraaiers en pikstele nie. Alles instrumente waarmee moord gepleeg kan word. O en moenie diesel en vuurhoutjies vergeet nie!

Marius ·

Nog ‘n bewys dat die staatsdepartemente nie meer funksioneer nie.

VaalDonkie ·

Hulle doen dit nogal. As jy rondry sonder ‘n skyfie, dan vat hulle hom af totdat jy die skyfie op datum kry. Veral hier rondom kerstyd

Swerwer ·

Hierdie is absoluut die SAP inkluis Hoed, wat wil verhoed dat Fidility die publiek kan beskerm.
Uiters swak! Voor Hoed nie uit sy pos gehaal word en die SAP vervang word met bevoegde mense nie, sal hierdie gemors in ons land nooit ophou nie.

SlinkseKoljander ·

My lisensie het verval, die polisie het vir my gese ek moet my wapen hou tot die uitspraak gelewer word. Hulle weet hulle gaan die saak verloor, was daar vir my gese. Nou moet hulle hulle hele inligting stelsel opdateer wat dit maak nie verguning om n lisensie te hernu, en dit kan maande as nie jare vat nie.

ES ·

Kom ons hoop dat die Konstitusionele Hof nou finaal kan uitwys dat dit waansinnig is om iemand se vuurwapen weg te wil vat en te vernietig, net omdat hul lisensies verval het.

Die lisensiekantore kom vat nie my kar terug as my lisensie verval het nie?

Blikkies ·

Dit is absolute Bog. Wat my persoonlik aanbetref, as jy al ‘n lisensie gehad het is die hernuwing slegs ‘n administrasie proses, dit beteken nie jy kan nie meer ‘n vuurwapen in jou besit he nie? Tensy jy opsetlik versuim om dit te hernu of in ‘n redelike tydperk dit nie hernu nie. Dit is soos om jou bestuurders lisensie te gaan hernu, as die lisensie verval het beteken dit nie jy weet nie meer hoe om te bestuur nie, dit is slegs ‘n administrasie proses om dit te hernu! Ek weet in elk geval nie hoekom moet die SAPS in beheer wees van vuurwapen lisensies nie?

Jaco ·

Daar word nog steeds probeer om mense op slim maniere te ontwapen.

Alleen Wolf ·

SAPS is net eenvoudig onbevoeg om die werk te doen, tyd hulle raak ontslae van die hoed en sy makkers, hy appelleer elke uitspraak want dit kos hom niks, belasting betalers dok op

pompies ·

Ek se lankal dat die persoon gelisensieer moet word om n vuurwapen te besit soos met voertuig lisensies as ek n ander voertuig koop verval my lisensie nie en ek mag ander motors bestuur. Die wapen wet is net n geldmakery, het die polisie ook lisensies vir hulle wapens wat hulle gebruik of nie.

Blikkies ·

@ pompies, sal ek ook graag wil weet. Op die trand wat hulle wapens verloor en onbekwame beamptes het wat nie bevoeg is om ‘n vuurwapen te gebruik nie moet hulle eerder maar al hulle eie wapens vernietig? Sal ook graag hulle lisensies wil sien en of dit alles op datum is.

Blikkies ·

Hulle moet eerder met visvang lisensies en bicycle lisensies werk. Los die wapen lisensies vir die mense daar buite wat weet wat hulle doen en stelsels het wat werk….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.